Page 1 of 2

Teleskoop laat inkom van Australia

Posted: Tue Jul 21, 2015 3:39 pm
by Smitstertjies
Het enige iemand al n teleskoop laat inkom van Australia af.

My swaer bly daar en ek dink om die nuwe Nightforce Beast van daar af te laat inkom. Hy prys 20k goedkoper in Aus as hier. Dis te se as jy hom kan kry in SA.

Watse vangplekke is daar? Ek weet van die US af is dit n no-go

Hoor graag.

Re: Teleskoop laat inkom van Australia

Posted: Tue Jul 21, 2015 3:40 pm
by Eugene
Ek weet nie van AUS af nie, maar ek het al 'n scope van die VSA af bestel en behalwe R670 tax, was daar geen hakplekke nie.....

Re: Teleskoop laat inkom van Australia

Posted: Tue Jul 21, 2015 3:43 pm
by Smitstertjies
Wanneer en deur wie het jy dit gedoen Eugene?

Re: Teleskoop laat inkom van Australia

Posted: Tue Jul 21, 2015 3:47 pm
by G-force
Julle gaan n uitvoer permit vir dit moet kry in Australie.Selfs ons as dealers moet dit he as ons scopes laat inkom van daar af.Jou swaer gaan moet kontak maak met die staats afdeling wat dit hanteer in Aus.Anders gaan julle/hy dalk innie moeilikheid beland.

Re: Teleskoop laat inkom van Australia

Posted: Tue Jul 21, 2015 3:51 pm
by Finfan
Ek is in Aus en wonder self of ek vir my 1 moet saambring Sept as n proefloop, maar aan die anderkant is ek versigtig om die kans te vat en dat dit n duur uitstap sal wees. As ek mag vra op watse site/winkel is dit, sal self graag wil kyk.

Groete

Re: Teleskoop laat inkom van Australia

Posted: Tue Jul 21, 2015 3:56 pm
by Capt. Yoda
So ver ek verstaan is die permit nie te moeilik om te kry nie, G sal seker weet maar ek sou eder probeer om die permit te kry as ek hom self wil rond vleig. Daai Ausie manne is vol stront, ek het laas week op n US forum gelees van n man wat n scope gekoop het daar en saam wou terug vlieg US toe met hom en hy het taamlik baie pein gehad met die scope wat hom op die ou einde baie ekstra tyd en geld gekos het.

Re: Teleskoop laat inkom van Australia

Posted: Tue Jul 21, 2015 4:02 pm
by Smitstertjies
Hi Finfan

Hier is die link. Groot Aussie online optics maatskappy. Slegs A$3800.

http://www.nvt.com.au/p/2291/nightforce ... 2694de72ad

Re: Teleskoop laat inkom van Australia

Posted: Tue Jul 21, 2015 4:19 pm
by Jean Marais
My broer woon in Sydney. Toe hulle laas hier gekuier het, het hy 'n klomp 458 Koeëls vir sy geweer saam teruggeneem, en dit by doeane verklaar. Jarre se moeilikheid gehad, maar dit na baie vertoë en mooipraat uiteindelik weer gekry.

Ek is seker dit kan gedoen word, doen net eers jou huiswerk behoorlik. Anders kos dit jou dalk baie meer as wat ene jou hier sou kos, as hy dalk later wel in die land beskikbaar word.

Re: Teleskoop laat inkom van Australia

Posted: Tue Jul 21, 2015 4:30 pm
by Smitstertjies
My oorspronklike plan is dat my swaer die scope vir my koerier. Die online winkels wil nie SA toe stuur nie.

Re: Teleskoop laat inkom van Australia

Posted: Tue Jul 21, 2015 4:37 pm
by G-force
Koop n March dan het jy nie sulke drama nie.

Re: Teleskoop laat inkom van Australia

Posted: Tue Jul 21, 2015 4:39 pm
by Smitstertjies
G-force wrote:Koop n March dan het jy nie sulke drama nie.
;) Gewag vir daai een! Ken nie regtig March nie. Hoor net baie goeie dinge. Watter scope het julle in NF BEAST se klas?

Re: Teleskoop laat inkom van Australia

Posted: Tue Jul 21, 2015 4:59 pm
by Finfan
Smitstertjies wrote:Hi Finfan

Hier is die link. Groot Aussie online optics maatskappy. Slegs A$3800.

http://www.nvt.com.au/p/2291/nightforce ... 2694de72ad
Baie dankie vir die link. Het ook daar vir jou n pm gestuur.

Groetnis

Re: Teleskoop laat inkom van Australia

Posted: Wed Jul 22, 2015 7:28 am
by Geno
Smitstertjies wrote:Watter scope het julle in NF BEAST se klas?
Ek sou reken hy vergelyk met die 3-24x52 soos wat hier getoets is:
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=77&t=36370

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Sale%20Guns/MARCH/3-242.jpg

Hoe die 2 met mekaar vergelyk:

BEAST
Prys in Amerika. (Ek sien nie 'n lokale prys nie)
$3783.00
Beast F1 52556.JPG

MARCH 3-24x52 Illuminated.
Prys in Amerika: $2971.00 op special. Normale prys is $3495.00
Prys in Suid Afrika: R45,700.00
FFP32452.JPG
32452ffp.JPG
Groete
Eugene

Re: Teleskoop laat inkom van Australia

Posted: Wed Jul 22, 2015 7:39 am
by Eugene
Smitstertjies wrote:Wanneer en deur wie het jy dit gedoen Eugene?
Ek het deur 4scopes.com gekoop. Vandat ek betaal het. 7 werksdae toe is die scope by my.

Re: Teleskoop laat inkom van Australia

Posted: Wed Jul 22, 2015 8:37 am
by Smitstertjies
Thanks Geno, ek sal dit eerlikwaar oorweeg. Daar wag nou baie opleeswerk voor. Is daai prys van 45k die een met die illuminated reticle? Hou julle voorraad aan of bestel ons hom spesiaal met die reticle wat mens soek?

Die geweer waarop ek hom wil mount is n 338 lapua. Die lisensie aansoek is nou eers in, so ek het bietjie tyd aan my kant.

Re: Teleskoop laat inkom van Australia

Posted: Wed Jul 22, 2015 9:01 am
by Geno
Om voorraad te kry is nie moeilik nie.
As daar in die warehouse is, vat dit so 10dae.
As hulle moet bou, vat dit 3 maande.

Jy kan ook na hierdie kyk in SFP as FFP nie jou smaak is nie.
http://marchscopes.com/tactical-25-25-x-52.html

Ons het een non-illuminated met MTR-3 reticle in voorraad teen R36,000.00

Re: Teleskoop laat inkom van Australia

Posted: Wed Jul 22, 2015 9:03 am
by Capt. Yoda
Wat van die 2.5-25x52 ?
http://marchscopes.com/tactical-25-25-x-52.html

Ek kan nie aan een ding dink wat ek regtig sal wil verander op die scope nie en die Mtr-3 ret lyk bitter lekker


o daar gooi Geno hom nou

Re: Teleskoop laat inkom van Australia

Posted: Wed Jul 22, 2015 9:23 am
by Smitstertjies
Ek het redelik my mind opgemaak en wil graag FFP gaan.

Re: Teleskoop laat inkom van Australia

Posted: Wed Jul 22, 2015 9:39 am
by Geno
Soek jy illuminated of non-illuminated?
http://marchscopes.com/tactical-3-24-x-52-ffp.html
Watse reticle?
http://marchscopes.com/reticle.html
Mil/Mil of MOA/MOA?
Ek sal gou hoor of daar voorraad is.

Re: Teleskoop laat inkom van Australia

Posted: Wed Jul 22, 2015 9:46 am
by Smitstertjies
Geno, ek kry nie die reticles gesien op die site nie. Ek het nou internet explorer en chrome probeer. Hy gooi net blank bladsy as ek op "reticles" click

Re: Teleskoop laat inkom van Australia

Posted: Wed Jul 22, 2015 9:49 am
by Geno
Dis seker 'n server issue.
Probeer: http://marchoptics.com/reticles

Groete

Re: Teleskoop laat inkom van Australia

Posted: Wed Jul 22, 2015 9:59 am
by Smitstertjies
Dankie, daars hy nou.

Ideale scope pakkie sal wees: 3-24x52FFP non illuminated met FML1 reticle.

Re: Teleskoop laat inkom van Australia

Posted: Wed Jul 22, 2015 10:35 am
by Geno
Daar is een in voorraad.
Ek kan hom binne 10dae hier hê.

Re: Teleskoop laat inkom van Australia

Posted: Wed Jul 22, 2015 12:52 pm
by Smitstertjies
Geno wrote:Daar is een in voorraad.
Ek kan hom binne 10dae hier hê.
Prys?

Re: Teleskoop laat inkom van Australia

Posted: Wed Jul 22, 2015 12:57 pm
by Geno
R40,700.00