Page 1 of 1
PMP Doppe -
Posted: Thu May 19, 2011 8:13 am
by 300Winmag
Goeie More
Help asb - ek het 2de handse PMP doppe by die skietbaan gekoop (2 pakkies van verskillende ouens af) Ek het
hulle gefull size, maar hulle pas nog steeds nie in my geweer nie - die slot wil nie toe nie. Ek het ook ander
doppe gekoop - PMC en Highland wat sonder enige probleme in my geweer gaan.
Ek het hulle korter gesny en gemeet, so ek weet die doppe is nie te lank nie. Is daar 'n oplossing
of rede of is dit maar een van daai dinge en ek moet maar net nie 2de handse PMP doppe koop nie?
Re: PMP Doppe -
Posted: Thu May 19, 2011 8:30 am
by SmitH
Ek sit met dieselfde probleem met my3006 party van die doppe pmp maak die slot maklik toe maar ander swaar,en ek kan ook nie eens naby maks laai nie dan sit die dop in die kamer vas na skoot geskiet is. Howa 1500 (3006) Kruit 321 35.5gr , punte gsc 150 gr
SmitH
Re: PMP Doppe -
Posted: Thu May 19, 2011 8:37 am
by grumpy
Ek het nog nooit so probleem gehad nie. Ek het gewoonlik PMP gekoop vir die 30-06 en het nou iemand wat vir my n paar herlaai het tot ek nou alles het sodat ek kan begin. Ek gebruik net PMP doppe. Nou laat julle my worry. Het jy vol gesize of net die nek, is die doppe nie ingeduik nie?
Re: PMP Doppe -
Posted: Thu May 19, 2011 8:48 am
by herley
Ek laai ook vir n vriend van my wat ook met n .308 skiet en dit het al gebeur dat hy per ongeluk een ven my patrone in sy boksie sit en dan gaan huule ook nie in sy geweer in nie, dit was ook voor ek begin neck size het met ander woorde al die doppe was geful size.
Groete
Bradley
Re: PMP Doppe -
Posted: Thu May 19, 2011 8:54 am
by SmitH
Al my doppe word geful size , my probleem is dat ek nie naby maks kan laai nie
SmitH
Re: PMP Doppe -
Posted: Thu May 19, 2011 8:57 am
by Beyers
Hoe het jy jou FL die opgestel?
300Winmag wrote:
Goeie More
Help asb - ek het 2de handse PMP doppe by die skietbaan gekoop (2 pakkies van verskillende ouens af) Ek het
hulle gefull size, maar hulle pas nog steeds nie in my geweer nie - die slot wil nie toe nie. Ek het ook ander
doppe gekoop - PMC en Highland wat sonder enige probleme in my geweer gaan.
Ek het hulle korter gesny en gemeet, so ek weet die doppe is nie te lank nie. Is daar 'n oplossing
of rede of is dit maar een van daai dinge en ek moet maar net nie 2de handse PMP doppe koop nie?
Re: PMP Doppe -
Posted: Thu May 19, 2011 9:00 am
by Jagtersdok
PMP doppe is baie harder as ander doppe.
Wat ek ondervind het is dat as hulle in geweer geskiet was met baie groot kamer en jy fullsize hulle 1 keer, dan pas hulle nie in stywe kamer nie. Want die brass kry gouer work hardening en spring terug. "n Remedy vir die probleem wat eki gevind het is die volgende.
Aneal die doppe eers.
Full size die dop
Sny terug waar nodig is
Full size 2 de keer
Sny weer terug as nodig is.
Nou behoort dit weer in enige kamer te pas. As dit nie werk nie gaan dai dop nie vir jou werk nie
Re: PMP Doppe -
Posted: Thu May 19, 2011 9:04 am
by grumpy
Jagterdok, as daai dop nie werk nie dan moet hy n stywe dop gooi en gaan sit en besluit om nuwe doppe te koop.

Re: PMP Doppe -
Posted: Thu May 19, 2011 9:16 am
by Jagtersdok
Vir 300winmag is goeie dop vir redelike prys Maar Remington
Re: PMP Doppe -
Posted: Thu May 19, 2011 9:33 am
by THOMAST
Met die "Belted Magnums" kry jy soms dat die dop nie heelemal gesize word tot by die band/belt van die dop nie en dan kry jy sulke probleme want daar is nou 'n effense vedikking in die wand van die dop net voor die band/belt. Van die matryse laat nie toe om tot op daai punt the size nie. Kyk of daar so 'n vedikking is voor die belt,sal voorkom as 'n ronding eerder as 'n skerp hoek. Kan reggestel word deur 'n bietjie materiaal weg te vat in die mond van die matrys sodat die dop dieper in die matrys ingaan. Daar is 'n maatskappy in die VSA wat spesifiek so 'n matrys maak om die probleempie op te los.
Re: PMP Doppe -
Posted: Thu May 19, 2011 9:35 am
by Jagtersdok
Ludwig
Ek outside neck turn al my doppe en daar was verseker improvement met al my kalibers.
Neels
Re: PMP Doppe -
Posted: Thu May 19, 2011 9:37 am
by Jagtersdok
Wat Thomas daar s? kan verseker ook die probleem wees
Re: PMP Doppe -
Posted: Thu May 19, 2011 10:02 am
by 300Winmag
grumpy wrote:
Jagterdok, as daai dop nie werk nie dan moet hy n stywe dop gooi en gaan sit en besluit om nuwe doppe te koop.
Lyk my daai is my antwoord! Dit kom nou van suinig wees

Re: PMP Doppe -
Posted: Thu May 19, 2011 10:48 am
by Jagtersdok
Ludwig
Al haal jy net die "Highspots" af op die nekke, maak jy die spanning waarmee die koeel vasgehou word baie meer eweredig in daai nek en so ook meer eweredig oor die batch doppe
Re: PMP Doppe -
Posted: Thu May 19, 2011 11:33 am
by Jagtersdok
Ek gebruiki self Daai Foster turnertjie en dit is absoluut die moeite werd.
Daai nekkie lyk sommer sexy as jy hom reg gesny het.

Re: PMP Doppe -
Posted: Thu May 19, 2011 12:02 pm
by Raven
Manne,
Outside neckturning werk en help regtig, ek gebruik net PMP doppe op my 300WM, en as hy die doppe se nekke doen, primer pockets en flashholes uniform, uitweeg en batch, dan kom jou groepe sommer gou gou bymekaar.
Ek weet baie manne soek 'n 3 skoot of 5skoot groepering, maar nou hoeveel keer moet 'n man dan nou die bok doodskiet, seker net een keer

. Al wat ek maar s? is ek skiet baie min meer as 2skoot groeperings met my 300WM, want ek weet die eerste skoot doen al klaar die JOB vir my, en as ek moet opvolg moet die 2de skoot ook regloop.
Basies hoekom moet ek kopkrap oor 'n 3de skoot wat nie senter tussen my eerste 2 skote is.....tydmors en geldmors volgens my.
Loer maar onder papierbokke wat die 300 doen
Raves