Page 1 of 1

kudu jag

Posted: Mon Jul 20, 2015 6:12 pm
by Roden
Ek't bietjie gaan kudu's jag die afgelope paar dae en het gelukkig baie sukses gehad! Ek't laas saterdag gaan ry en het toe n bul op 450m gesien! Ek trek toe my .243 uit sy sak uit en lê aan toe begin hy stadig te draf. Ek moes toe vir die son ook blok want hy was presies in my oë, toe hy gaan staan toe sit ek my kruishare effens oor hom en trek, die bul sak toe in sy spore! Die bul se horings is 46'..


Ek's toe daardie maandag weer opsoek na n kudu.. ek ry toe daar waar ek daardie vorige bul geskiet het en ek sien n bul en n koei by n sloot uitspring, ek's toe dadelik op hulle en wag net tot hulle stil staan. Toe die bul stil staan toe sit ek die kruishare agter sy blad en ek skiet, hy bokspring en hardloop toe 100m Voor hy val. Die patroon is heeltemal deur hom, was maar nog n jonger bul n 1 en n halwe draai

Toe's ek n week na dit weereens op n kudu! Ek't langs n draad gery en daar is redelik bome en Bosse langs die draad, toe skielik spring daar n baie mooi kudu bul uit die Bosse, hy spring toe oor die draad en steek sy lyf agter n boom weg, hy was op ± 200m en ek mik vir sy lae nek, ek trek die sneller en hy spring agter die bos uit toe gaan hy 5m toe val hy

Re: kudu jag

Posted: Mon Jul 20, 2015 7:06 pm
by vossie1
Roden ek weet ne hoe lank jy al koedoes jag nie maar sit n bietjie n foto op van daai "3" draai bul,as hy wel 3 draaie het is jy beslis die enigste ou wat ek van gehoor het wat so iets geskiet het.

Re: kudu jag

Posted: Mon Jul 20, 2015 7:34 pm
by Nickvn
Jy moes daai kudu gevang en verkoop het. Jy kon aftree.

Re: kudu jag

Posted: Mon Jul 20, 2015 8:49 pm
by Roden
Haha ja.. nee ek moes n fout gemaak het

Re: kudu jag

Posted: Mon Jul 20, 2015 8:59 pm
by vossie1
Ons almal maak maar foute maar ons help mekaar graag reg op die forum. Hoe dit ookal sy jy is baie bevoreg om so baie koedoe te jag. En dit sit nie in enige man se broek om n koedoe op 450m met n 243 aan te durf nie.

Re: kudu jag

Posted: Tue Jul 21, 2015 7:53 am
by Roden
Ja nee.. maar ek was heel verbaas toe ek sien hoe hy penetreer op sulke afstand

Re: kudu jag

Posted: Tue Jul 21, 2015 8:00 am
by Roden
Ek het my fout agtergekom met die horings! Mens moet die rif volg wat saam met die horing loop en as hy 360 grade draai is dit n volle draai.. dankie vir die hulp!

Re: kudu jag

Posted: Tue Jul 21, 2015 8:03 am
by Ben
Hi Roden,
Baie geluk met die jag. As ek mag vra watse punte het jy geskiet?

Re: kudu jag

Posted: Tue Jul 21, 2015 8:19 am
by Roden
Hi, ek't 100gr hornady interlock gebruik

Re: kudu jag

Posted: Tue Jul 21, 2015 8:57 am
by Ben
Dankie.

Re: kudu jag

Posted: Tue Jul 21, 2015 11:30 am
by Wouter Roets
Roden

Ek dink nie jy besef werklik hoe gelukkig jy nou eintlik is nie.

Groetnis
Wouter

Re: kudu jag

Posted: Tue Jul 21, 2015 11:43 am
by vossie1
Wout verwys jy na die lekker baie koedoes,of dat hy gelukkig is dat die interbonds gewerk het? ;D

Re: kudu jag

Posted: Tue Jul 21, 2015 11:51 am
by Wouter Roets
Vossie

Ek mag deesdae niks sonder my prokureur se nie. :-X

Groetnis
Wout

PS As dit maar net Interbonds was. ;)

Re: kudu jag

Posted: Tue Jul 21, 2015 11:54 am
by Dries101
The good old texas holdover- gets them everytime

Re: kudu jag

Posted: Tue Jul 21, 2015 11:56 am
by vossie1
;)

Re: kudu jag

Posted: Tue Jul 21, 2015 1:53 pm
by Frikkie Coetzee
Wouter as n prokureur sal ek jou nou adviseer om stil te bly. Ons wil nie he mense moet agterkom dat jy dink n 243 is nie die ideale kaliber vir koedoe skiet nie. Veral met Texas holdover son in jou oe op 450 m oor n bakkie bonnet. Gelukkig was penetrasie nie n probleem nie. ::)

Ek moet dalk ophou Sierras skiet in my 7mm Tombi. Hulle penetreer nie so goed nie. ;)

Re: kudu jag

Posted: Tue Jul 21, 2015 2:22 pm
by Dolf014
Was dit so n bul??

Re: kudu jag

Posted: Tue Jul 21, 2015 2:37 pm
by Wouter Roets
;) :-X :-X :-X

Re: kudu jag

Posted: Tue Jul 21, 2015 2:59 pm
by James Wilson
Ek gaan dit dink maar ek gaan dit nie sê nie

Re: kudu jag

Posted: Fri Jul 31, 2015 2:31 pm
by Jakkalsgat
Hie -haa! Geluk met lekker jag!