Page 1 of 1

75gr Seirra Varminter probleem.

Posted: Sun Jul 19, 2015 6:32 pm
by Henrie_270
Hallo.

Ek het vir n baie lang ruk ongediertebeheer gedoen met PMP se 100 greiners. Het meer as 50 geskiet en net 2 gekwes.

Wel so 2maande terug koop ek toe n herlaaistel. Besluit toe om n koeel te kry want wil darem n platter trajek vir die 243 kry. Kry nerens 70gr BT of Blitsking nie. Kry toe n pakkie 75gr Seirra Varminters Hp.

En daar het my kopseer begin. Lyk asof die koeel nie behoorlik opbreek nie. Het al 4jakke met hul geskiet. En die jakke hol eers n ent voordat hul val wat vir my onaanvaarbaar is. Het ook nou al 3 jakke swaar gekwes. Net bloed wat ek kry.

Wat dink jul is fout?
Het enigiemand ervaring met diè koeels?
Enige raad?
Terloops hulle hardloop teen so 3300 fps uit die Musgrave model 90 243win.

Mooiloop.

Re: 75gr Seirra Varminter probleem.

Posted: Sun Jul 19, 2015 6:43 pm
by alecjohnson
Ek het hulle nog nooit getoets nie,maar ek het iewers gelees dat jy kan soos die nostler CC en berger VLD uitgloei wat hulle dan baie goeie varminter koeëls maak, ek sou een probeer uitgloei en dan in 'n telefoonboek skiet en nog 'n normale een om te kyk of daar skadeverskil is...

Re: 75gr Seirra Varminter probleem.

Posted: Sun Jul 19, 2015 9:27 pm
by Cobus(Cobb)
as ek reg lees het jy 7 geskiet, 4 draf entjie, 3 het jy swaar gekwes..?? jy sê nie waar jou skote getref het nie, blad? boude? maag? van voor?
Ek het baie jakkalse met hulle geskiet toe ek nie vmax kon kry nie, en net 2 maal op naby afstand, gekry dat hy deurhol soos solid..albei was agter die blad, halfpad teen ribbekas af, daar was ook nie 'n mooi doep klank nie.
My spoed was 3300f/sek uit Howa dik loop....nooit baie goeie groepe met hulle kon kry nie.

Re: 75gr Seirra Varminter probleem.

Posted: Mon Jul 20, 2015 2:33 pm
by Henrie_270
Cobus ek vat altyd net agter die blad. Al 3 was plankdwars. Afstande was 50-220m. Kon elke keer hoor skoot is raak en bloed lê daar maar jakkie is nêrens te sien...

Mooiloop