Page 1 of 1
Geweer band / sling
Posted: Wed May 18, 2011 12:44 pm
by Shindzela (Pierre)
Dagse ouens
Waar sal ek n Butler creek skouer band vir die beste prys kan kry? Het enige iemand ervaring met die Bande?
Ek sien oral is hulle so om en by die R300.00 sonder die knippe, is daar dalk goekoper bande wat met hulle kan kompeteer?
Groete
Pierre
Re: Geweer band / sling
Posted: Wed May 18, 2011 1:17 pm
by tripodmvr
Kyk onder bidorbuy.co.za. Daar is belde vir onder R300.
Re: Geweer band / sling
Posted: Wed May 18, 2011 3:30 pm
by Biltongjagter
Pierre, hier is wat iemand iets s? oor die betrokke geweer band:
.... but the Butler Creek elasticised sling didn't make the grade.
Meer hier te lees daaroor:
http://www.techfund.co.za/gscgalDeonHignett.asp
Re: Geweer band / sling
Posted: Wed May 18, 2011 4:05 pm
by MEERKAT
Janjak op die forum verkoop 'n baie lekker geweer belt, skiet lekker uit die staanhouding. Die belde is nog bekostigbaar en ordentlik aanmekaar gesit.
Mooi loop
MEERKAT
Re: Geweer band / sling
Posted: Wed May 18, 2011 4:39 pm
by Wouter Roets
Pierre
Ek het al heelwat met geweerbande geekspirimenteer en om jou vraag te beantwoord al my gewere pryk daar n Butler Creek op. Hierdie is nie hoorse of goed wat gelees is nie maar praktiese ervaring. Daar is nie n band wat makliker dra as Butler Creek nie. As jy wil bande aanwend om te gebruik om mee te skiet is daar wel beter alternatiewe, maar vir dra is daar nie sommer vergelykbare belde nie.
Groetnis
Wouter
Re: Geweer band / sling
Posted: Thu May 19, 2011 7:21 am
by Shindzela (Pierre)
Wouter
Dankie, ek neig sterk na Butler Creek, het nog net nie besluit watse 1 nie, het gedink die Alaska. Sal seker later deur die dag maar 1 bestel by S&O.
Pierre
Re: Geweer band / sling
Posted: Thu May 19, 2011 7:24 am
by JPS
Shindzela (Pierre) wrote:
Wouter
Dankie, ek neig sterk na Butler Creek, het nog net nie besluit watse 1 nie, het gedink die Alaska. Sal seker later deur die dag maar 1 bestel by S&O.
Pierre
Pierre,
Jy is mos nie te ver van PTA af nie, Hulle maak more oop, gaan kry hom sommer self, en dan nog sommer paar ander goedjies ook....
Groete
JP
Re: Geweer band / sling
Posted: Thu May 19, 2011 8:23 am
by Monrique (SJ)
JP
Daai is nie slegte raad vir Pierre nie.
Groetnis
Re: Geweer band / sling
Posted: Thu May 19, 2011 8:26 am
by 300Winmag
Wouter Roets wrote:
Daar is nie n band wat makliker dra as Butler Creek nie.
Groetnis
Wouter
+1
Re: Geweer band / sling
Posted: Thu May 19, 2011 8:37 am
by JPS
SJ wrote:
JP
Daai is nie slegte raad vir Pierre nie.
Groetnis
Pierre, Sorry man dink hulle maak vandag al oop, siende dat vandag 19de is...
Re: Geweer band / sling
Posted: Thu May 19, 2011 1:49 pm
by Shindzela (Pierre)
Ek wens! My baas is bietjie taai op rond ry in sy werk tyd! Wonder of hulle op n Sondag oop sal wees?
Re: Geweer band / sling
Posted: Thu May 19, 2011 10:08 pm
by Piet Breedt
Wouter Roets wrote:
Pierre
Ek het al heelwat met geweerbande geekspirimenteer en om jou vraag te beantwoord al my gewere pryk daar n Butler Creek op. Hierdie is nie hoorse of goed wat gelees is nie maar praktiese ervaring. Daar is nie n band wat makliker dra as Butler Creek nie. As jy wil bande aanwend om te gebruik om mee te skiet is daar wel beter alternatiewe, maar vir dra is daar nie sommer vergelykbare belde nie.
Groetnis
Wouter
Ek stem 100% saam met Wouter. n Lekkerder geweer band vir dra het ek nog nie gesien nie, Ek het my Butler creek al meer as 4 jaar, en sal nooit weer met n ander belt in die veld loop. Vir teiken skiet, gebruik ek weer n totale ander een, amper soos die een van Janjak wat ek self ontwerp het. Ek gebruik die een Butler Creek op al my gewere, en die een teikenskiet band ook op al my gewere.