Page 1 of 1

Teleskoop aanbeveling vir CZ550 Ebony Edtion 30-06

Posted: Sat Jul 18, 2015 1:58 pm
by Morne Van Der Merwe
Goeie dag,

Ek vir my 'n nuwe geweer gekry laas week.
Nou is ek op die uitkyk vir 'n teleskoop. Ongelukkig kan ek nie fotos oplaai van Ipad nie, maar die CZ 550 Ebony Edtion, is meer die "classic look". Nou wik en weeg ek oor teleskope. Ek het nog altyd met 'n standaard Lynx 3-9x40 op my .270 gehad, en was baie suksesvol.
Nou wat ek oor wonder, moet ek die geweer klassiek hou en iets soos Zeiss Terra 3 op sit, of meer is sportief soos die Bv Vortex, NF. Ek jag bosveld en dan ook Oos Kaap, in die berge waar afstande tot en 300m is. Nog nie op verder afstande probeer jag nie.
Maar wil ook graag by die skietbaan teiken skiet, en meer betrokke raak met.
Enige advies sal waardeur word.

Groete
Morné

Re: Teleskoop aanbeveling vir CZ550 Ebony Edtion 30-06

Posted: Sat Jul 18, 2015 2:29 pm
by Capt. Yoda
Vir n lekker all rounder kyk na Nightforce se SHV 4-14 of een van die meoptas in daai vergroting anders as jy groter wil gaan die 5-20.As jy meer klasiek wil wees kan jy enige Zeiss of Swaro oorweeg in die vergroting waar van jy hou. As jy bq op die baan wil werk sal ek tenminste na n 12x kyk om dam te sien waar na jy mik op 300m.

Re: Teleskoop aanbeveling vir CZ550 Ebony Edtion 30-06

Posted: Sat Jul 18, 2015 3:24 pm
by henning
Capt. Oblivious wrote:Vir n lekker all rounder kyk na Nightforce se SHV 4-14 of een van die meoptas in daai vergroting anders as jy groter wil gaan die 5-20.As jy meer klasiek wil wees kan jy enige Zeiss of Swaro oorweeg in die vergroting waar van jy hou. As jy bq op die baan wil werk sal ek tenminste na n 12x kyk om dam te sien waar na jy mik op 300m.
Capt gee goeie raad maar, as die prys jou pla sal ek se kyk na Vortex Viper.

Groete
Henning

Re: Teleskoop aanbeveling vir CZ550 Ebony Edtion 30-06

Posted: Sat Jul 18, 2015 3:59 pm
by Lamtjop
Morne, ek voel dat op daardie mooi geweer gaan enige tacticool scope nie baie tuis lyk nie. Ek sou vir n klassieke scope gaan in vergroting wat jou pas, bv Kahles KX 3,5-10x50, Meopta 4-12x40, 3,5-10x44, S&B 3-12x42 Leupold VXR 4-12x40, en dan Swarovski Z3 4-12x50 of 3-10x42 iets wat nie groter as 12 vergroting gaan en nie groter as 50mm objektief voor het nie. Die Swarovski's vertoon altyd so mooi "slim". Lekker shop, hoop daai geweer skiet so mooi soos hy lyk. Groete

Re: Teleskoop aanbeveling vir CZ550 Ebony Edtion 30-06

Posted: Sat Jul 18, 2015 4:30 pm
by Morne Van Der Merwe
Middag almal,

Baie dankie vir al die advies, ek oorweeg ook baie meer om dit klassiek te hou, dis regtig n mooi geweer, as net fotos van ipad kom oplaai sou ek dit gedoen het het. Moet sê het gekyk na die Zeiss Terra 3, hou nogal van dit. Ek kom gereeld in Duitsland, sal bietjie google om te kyk is hier in Frankfurt nie n winkel wat daai mooi Duitse teleskope verkoop nie.
Lekker naweek verder.
Groete
Morne

Re: Teleskoop aanbeveling vir CZ550 Ebony Edtion 30-06

Posted: Sat Jul 18, 2015 4:35 pm
by dsmerrills
I would get a nice leupold vx3 4.5-14×40 classic and will suit the ebony nicely!

Re: Teleskoop aanbeveling vir CZ550 Ebony Edtion 30-06

Posted: Sat Jul 18, 2015 7:21 pm
by Dries101
Morne daai Zeiss terra's is baie smart

Re: Teleskoop aanbeveling vir CZ550 Ebony Edtion 30-06

Posted: Sat Jul 18, 2015 11:35 pm
by Boomstomp
Morne Van Der Merwe wrote:Middag almal,

Ek kom gereeld in Duitsland, sal bietjie google om te kyk is hier in Frankfurt nie n winkel wat daai mooi Duitse teleskope verkoop nie.
e

Kyk of daar nie 'n tak van "Frankonia" is nie => geweerwinkel wat in meeste stede voorkom.

Re: Teleskoop aanbeveling vir CZ550 Ebony Edtion 30-06

Posted: Sun Jul 19, 2015 9:53 am
by Morne Van Der Merwe
More Almal,

Dankie weereens vir al die advies. Ek gister hier bietjie in Frankfurt Mainz geloop, toe heel toevallig verby 'n Zeiss winkel gestap, maar hul maak op 'n Saterdag na 14:00 toe, maar kom binne kort weer dan sal ek gou bietjie daar gaan inloer. Sal bietjie uitkyk na Frankonia, baie dankie.

Groete
Morné

Re: Teleskoop aanbeveling vir CZ550 Ebony Edtion 30-06

Posted: Wed Feb 24, 2016 2:58 pm
by Morne Van Der Merwe
Middag Almal,

Ek het toe op die ou einde vir Zeiss HD5 3-15x42 Z600. Nou is ek eers opgewonde, as die mense net daar by CFR net my lisensie kan goed keur. Die gewag word nou baie lank, verlede jaar Julie ingedien.

Groete
Morne

Re: Teleskoop aanbeveling vir CZ550 Ebony Edtion 30-06

Posted: Thu Feb 25, 2016 8:52 pm
by Vlakvark Soldaat
Vir 30-Suk6 sal ek nie groter as n tot 12 vergroting scope opsit nie.

Re: Teleskoop aanbeveling vir CZ550 Ebony Edtion 30-06

Posted: Thu Feb 25, 2016 9:28 pm
by JohanvanZyl
Morne Van Der Merwe wrote:Middag Almal,

Ek het toe op die ou einde vir Zeiss HD5 3-15x42 Z600. Nou is ek eers opgewonde, as die mense net daar by CFR net my lisensie kan goed keur. Die gewag word nou baie lank, verlede jaar Julie ingedien.

Groete
Morne
Geluk man! Hoe groter hoe beter!! Hoop regtig die liksens manne bring nou hulle kant. Ek kan net dink hoe opgewonde jy is. Onthou fotos!!

Re: Teleskoop aanbeveling vir CZ550 Ebony Edtion 30-06

Posted: Fri Feb 26, 2016 8:23 pm
by Morne Van Der Merwe
JohanvanZyl wrote:
Morne Van Der Merwe wrote:Middag Almal,

Ek het toe op die ou einde vir Zeiss HD5 3-15x42 Z600. Nou is ek eers opgewonde, as die mense net daar by CFR net my lisensie kan goed keur. Die gewag word nou baie lank, verlede jaar Julie ingedien.

Groete
Morne
Geluk man! Hoe groter hoe beter!! Hoop regtig die liksens manne bring nou hulle kant. Ek kan net dink hoe opgewonde jy is. Onthou fotos!!
Naand Johan,

Baie dankie, ja is vreeslik opgewonde. Net die lisensie frustrend, hul laas die 21 Okt '15 aan dit gewerk, tot die DFO vind dit vreemdt, hy stel voor ek moet in dublikaat aansoek indien, so dit klink vir my dit gaan nog 'n lang wag wees. Hoop net bestyds vir my jagtog in Julie in Suidwes.
Lekker aand.

Groete
Morné