Page 1 of 1
Hallo almal.
Posted: Thu Jul 16, 2015 10:20 pm
by Wolram
Ek is Wimpie hier van Zastron se omgewing. Ek is ook nuut op die jag gebied en die gogga het my hard gebyt. Om eerlik te weer is ek ook maar 'n leek en hoop ek om baie by die ou hande te leer....
Re: Hallo almal.
Posted: Thu Jul 16, 2015 10:26 pm
by Philip J
Welkom Wimpie. Ja, 'n mens kan nogals baie hier leer. Geniet dit!
Re: Hallo almal.
Posted: Fri Jul 17, 2015 6:43 am
by ruaanb
welkom en geniet dit!
Re: Hallo almal.
Posted: Fri Jul 17, 2015 7:32 am
by JacquesT (Stompe)
Welkom hier. Jy het na die regte plek gekom om te leer.
Re: Hallo almal.
Posted: Fri Jul 17, 2015 9:03 am
by Jay Jay
Hi Wimpie, baie welkom. Groot pel van my boer in Zastron - Gert Crywagen
Re: Hallo almal.
Posted: Fri Jul 17, 2015 9:47 am
by Boesman10
Welkom Wimpie
Re: Hallo almal.
Posted: Sun Jul 19, 2015 9:27 am
by Coenraadvs
Welkom Wimpie...toe ek begin het was daar nie so forum waar ons kon gaan leer nie...voorwaar iets besonders Geniet dit
Re: Hallo almal.
Posted: Sun Jul 19, 2015 9:36 am
by Ashley
Welkom hier!
Re: Hallo almal.
Posted: Sun Jul 19, 2015 9:45 am
by PWV
Hier was al 'n Wolram op die Forum - dink dit was Pine se aangenome seun!
Nuwe Wolram, baie welkom.
Re: Hallo almal.
Posted: Tue Jul 21, 2015 10:34 am
by jamalley
Welkom hier mater
Re: Hallo almal.
Posted: Tue Jul 21, 2015 8:31 pm
by Wolram
Dankie almal!
Re: Hallo almal.
Posted: Wed Jul 22, 2015 7:31 am
by Geno
PWV wrote:Hier was al 'n Wolram op die Forum - dink dit was Pine se aangenome seun!
Nuwe Wolram, baie welkom.
Daai denkbeeldige familielid van Pine se naam was Mofram.
Hier:
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... lit=mofram
mofram wrote:Marc,
Hy bestaan nog maar is baie meer luuks. Kom ons lees stories en hou op met baklei. Dit is iets wat ek haat.
Loop Mooi Manne, Geseend Pine.
pine wrote:Jammer, My buurman se seun is op my rekenaar as Mofram bekend. groot verskoning hy was nog besig op die ding wat ek so bitter min van weet. Groete Pine.
mofram wrote:Dankie Oom Marc,
Ek kuier baie by die oom, ek is werklik lief vir hom, jy kan nie anders wees nie. Hy beskik oor n magdom van kennis oor jag en veral Botswana maar hy is baie nederig en praat nie sommer nie. Tog in ons wereld is hy as n meester bekend. Wonderlike man om te ken en hy ken sy gewere en skiet sommer nog n barshou. Die oom het gese ek moet my gaan voorstel, ek sal dit nog doen. Ons het nie Internet opvangs by ons nie.
Totsiens oom, Mofram.
mofram wrote:Naand al die ooms en jagters, ek kyk al n rukkie so n bietjie hier rond en kuier by oom Pine wat ek baie goed ken. Ek is in n mate deur die oom en tannie groot gemaak want ek het my ouers baie jonk verloor. Hulle was die beste vir my en sou hulle eie twee seuns afskeep. Ek was eerste daar voor hulle seuns gehad het. Ek kan net van die beste getuig van hulle. Ek is net so lief vir skiet soos die oom en sy seuns en bring ongelukkig te veel tyd in die V.S.A. deur en te min by hulle. Waardeer hulle maar net so veel soos ek, julle sal nie teleurgesteld wees nie.
Baie groete en tot ons weer praat Mofram (Marius)
Welkom Wolram. Geniet hom.
Re: Hallo almal.
Posted: Wed Jul 22, 2015 9:05 pm
by Wolram
Re: Hallo almal.
Posted: Thu Jul 23, 2015 8:41 am
by PWV
Dis reg, dit was Mofram. Sorry, Wolram, ek het maar net 'n bietjie vergeet!
(Albei dra egter wol

)