Dagse, Dalk is my vraag al beantwoord indien wel gooi asb die link,
Van n jag gids se oogpunt kan ons n tabel saamstel met meeste van die gewilde lang afstand kalibers asook hulle makisimum efektiewe jag afstand dalk in 2 groepe, op klein wild blesbok/rooibok/springbok en groter wild Blouwildebees/kudu/eland?
Die rede vir die tabel is ek kry baie navra uit die buiteland oor lang afstand jagte in SA die jagters wil meestal jag vir vroulike diere en varmints om koste te beperk maar wat hulle geleentheid sal bied om 2-3 diere per dag te jag. van die vra wat greeld opduik is watter kaliber moet hulle bring en wat kan hulle jag met die kal. en lading/punt kombinasie tot op watter afstand?
Ek dink om te hou by hart/long skote, ek verstaan hier is baie faktore wat n rol kan speel, die skut se vermoe,asook toerusting ens,
ek dink die vraag sal daarop neerkom,hoe ver kan n jagter met sy kal. keuse verwag om met redelike sekerheid n doodskoot toetedien op die klasse wild soos hier bogenoem, met die aanvaarding dat hy die skoot kon plaas soos beplan, natuurlik met die gebruik van punt wat ontwerp is vir lang afstand jag.
Vir die groter kal. is dit nie so belangrik soos bv 338 lapua ens maar waar dit tegnies raak is waar trek jy die lyn met 243, 6.5 of 7mm op n wildebees?
Kal. wat ek oorweeg het vir n begin is
243win 243AI
6.5 (in al sy forme)
7mm
308win
300 mag.
338 lapua
saamstel van n tabel met maksimum effetiewe jag afstand
- henrygriffiths
- Sr. Member

- Posts: 286
- Joined: Tue Jan 17, 2012 9:54 pm
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: saamstel van n tabel met maksimum effetiewe jag afstand
Ludwig stel dit baie mooi, maar een ding wat nie gemeet kan word nie is die skut se ervaring. Groot praat en lieg vir jouself is dieselfde ding in die geval. Indien dit die skut se eerste besoek aan Afrika is sou ek 100m by elkeen van Ludwig se afstande aftrek en as die persoon van Europa is, dalk nog 50m. Premium Ammo is net so belangrik soos kaliber keuse.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- henrygriffiths
- Sr. Member

- Posts: 286
- Joined: Tue Jan 17, 2012 9:54 pm
Re: saamstel van n tabel met maksimum effetiewe jag afstand
Dankie baie vir die antwoorde, ek dink ek het genoeg informasie vir basiese riglyne vir die jagters, maar die eerste paar jagte gaan groot leerskool wees, ons beplan n toetsloop met paar ervare skuts uit Europa wat al paar Afrika jagte agter die blad het,
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: saamstel van n tabel met maksimum effetiewe jag afstand
Hallo almal. Ek dink dis 'n baie interessante onderwerp die. Sal hom graag dophou om te sien wat die uitkomste sal wees. Ek stem saam met Luddie en Gawie. Die outfitter sal op een of ander manier die jagter se langafstandvermoë moet toets. Ek sal beslis nie iemand toelaat op 'n lang skoot indien die skut nie oor die vermoë beskik nie. Verder dink ek ook dis belangrik om te bepaal wat die minimum energie is wat benodig word per kaliber om 'n 1 skoot doodskoot te verseker. Op papier het verskeie kalibers lekker lang bene, maar ontbreek "knock out power".
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: saamstel van n tabel met maksimum effetiewe jag afstand
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)