Page 1 of 1
Boerbokke
Posted: Wed Jul 15, 2015 10:35 am
by pietbak
Wat is Boerbokke se prys nou?
Re: Boerbokke
Posted: Wed Jul 15, 2015 4:27 pm
by Bakkies303
Kapaters of ooie?
Re: Boerbokke
Posted: Wed Jul 15, 2015 4:42 pm
by F.L.A.S.H
Bakkies, ek sal ook graag will weet wat is die pryse van kapaters en dan ook hoe oud is hulle as hulle rek kry?
Dankie
Mooiloop
Dave
Re: Boerbokke
Posted: Wed Jul 15, 2015 4:58 pm
by Bakkies303
My pa se vriend se hulle kry nou so R27/kg lewendig. Hulle kastreer volgens hom op so 1 tot 2 maande. Jy kan kyk, daar is hele paar websites waar jy informasie kan kry sou jy dit benodig. Laat weet as jy nog hulp nodig het.
Re: Boerbokke
Posted: Wed Jul 15, 2015 5:07 pm
by pietbak
Ek is opsoek na dragtige ooie.
Re: Boerbokke
Posted: Wed Jul 15, 2015 6:12 pm
by Bakkies303
In watter omgewing is jy Piet? Miskien kan ek iemand kry wat jou kan help.
Re: Boerbokke
Posted: Wed Jul 15, 2015 9:33 pm
by pietbak
Bakkies303 wrote:In watter omgewing is jy Piet? Miskien kan ek iemand kry wat jou kan help.
Postmasburg
Re: Boerbokke
Posted: Thu Jul 16, 2015 5:49 am
by Bakkies303
Ek wou vir jou 'n lys van telers uit boerbok joernaal stuur, maar die lys is ongelukkig nie in areas oogedeel nie en lank. Ek dink die beste sal wees om hulle kantore te skakel (051 6333 744) of hulle te e-mail by
info@boerboksa.co.za. en te vra vir telers in jou area. Hulle het my nog altyd mooi gehelp al is ek nie teler nie.
As jy in die Oos Kaap was sou ek vir jou beter kon help. Laat weet my as jy nie regkom nie, dan maak ons 'n plan. Bel ook maar die manne wat vendusie hou in jou area. Hulle weet baie keer van boere wat vee beskikbaar het.
Re: Boerbokke
Posted: Thu Jul 16, 2015 7:16 am
by pietbak
Baie dankie. Ek het vanoggend die 2015 Joernaal bestel.
Re: Boerbokke
Posted: Thu Jul 16, 2015 3:12 pm
by Bakkies303
Moenie vergeet om foto's op te sit as jy gekoop het nie.
Re: Boerbokke
Posted: Thu Jul 16, 2015 9:58 pm
by junglejulian
Pm vir Felix(Johan de klerk) hier op die forum.Hy Boer met boerbok asook Kalahari reds In die Pearston distrik maar koop Baie van sy stoet diere aan vanaf Postmasburg wereld.Hy het selfs n klomp bokke wat buite kimberley is so dit is al baie nader.Hy behoort te kan help met pryse ens
Re: Boerbokke
Posted: Fri Mar 05, 2021 12:38 pm
by Jandre steenkamp
Dragtige jong bok ooie nou R2500 gekry per ooi. Pryse raak duur kleinvee is baie skaars nou as jy kry gaan jy baie betaal. Weet van manne met dorper ooi asook boerbok ooie wat tot en met R3500 vra per dier. Groot rede is agv droogte in Noordkaap niemand het vee om te verkoop en die wat het en reën gekry het wil eerder hulle kudde weer herbou omdat soveel diere gedood het die afgelope paar jaar met droogte. Sterkte hoop jy kom reg.