Page 1 of 1
Wes/Noordkaap Kursus
Posted: Wed Jul 15, 2015 8:05 am
by Ockert1992
Goeiedag,
Ek wil hoor of iemand dalk weet van 'n roepkursus wat beplan word in die nabye toekoms naby Touwsrivier of Sutherland? Of dalk ander plekke in die boland?
Groete
Ockert
Re: Wes/Noordkaap Kursus
Posted: Wed Jul 15, 2015 8:32 am
by Gawie(13mm)
Ek verbeel my Taffie bied saam met Suid Kaap jagters 'n kurses aan in die Mosselbaai of Groot-Brak omgewing.
Geno sal ons nou kom reghelp.

Re: Wes/Noordkaap Kursus
Posted: Wed Jul 15, 2015 8:34 am
by Geno
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=131&t=42444
Prohunt wrote:PROBLEEMDIERBEHEER KURSUS
DATUM : 14-15 AUGUSTUS 2015
PLEK : WOUTER DE VOS SKIETBAAN,
KLEIN BRAKRIVIER
TYD : 14:00
AANGEBIED DEUR : TAFFIE MULLER
PRYS : R1500-00 PER PERSOON Saterdag aandete ingesluit
BESPREKINGS : MELINDA BOSCH
KONTAKBESONDERHEDE: 044 6952319 GEDURENDE WEEKSDAE: 09:00-13:00
info@suidkaapjagters.co.za
SLUITINGSDATUM VIR BESPREKINGS: 15 JULIE 2015
ONDERWERPE
Gewoontes van jakkalse en rooikatte
Beheermetodes beskikbaar
Nagjag toerusting
Klassifisering van roepklanke
Roepvolgordes
Staanplekke
Teelgathantering
Praktiese GPS – werk
Praktiese nagdemonstrasies
KOM LEER BY ‘N MEESTER
Manne die kursus word gereël deur Suid-kaap Jagters. Ek plaas bg soos van hulle ontvang met graagte (sonder die "Meester" se toestemming

)
Re: Wes/Noordkaap Kursus
Posted: Wed Jul 15, 2015 8:57 am
by Ockert1992
Dankie julle!
Daai een is net so raps te ver vir my.
Re: Wes/Noordkaap Kursus
Posted: Wed Jul 15, 2015 1:04 pm
by Willie
Ockert
As dit 'n ander datum was kon ons saam ry. Ek kan ongelukkig nie daardie spesifieke naweek gaan nie.
Re: Wes/Noordkaap Kursus
Posted: Wed Jul 15, 2015 1:37 pm
by Ockert1992
Dankie Willie,
Ja dit sou kon werk. Ek sal maar wag en oor op die grond hou vir wanneer daar weer een hier rond is.
Groete
Re: Wes/Noordkaap Kursus
Posted: Wed Jul 15, 2015 1:37 pm
by Mac
Bel of PM vir Taffie en reël jou eie kursus. Taffie is nie bang om te ry nie, daar moet net genoeg mense wees om sy onkostes te dek.
Re: Wes/Noordkaap Kursus
Posted: Wed Jul 15, 2015 1:41 pm
by Ockert1992
Mac dit klink na 'n plan. Dalk moet ons bietjie die belangstelling hier toets.
Re: Wes/Noordkaap Kursus
Posted: Wed Jul 22, 2015 9:59 am
by Gawie(13mm)
Ockert, ek het jou ge PM.
Re: Wes/Noordkaap Kursus
Posted: Wed Jul 22, 2015 11:01 am
by Ockert1992
Gawie ek het jou geantwoord!