Page 1 of 1

Steiner Nighthunter LRF 8x30 verkyker/rangefinder

Posted: Tue Jul 14, 2015 1:11 pm
by THOMAST
http://www.steiner-optics.com/binocular ... r-lrf-8x30

My vrou bring die verkyker gisteraand huistoe en sê ek moet bietjie kyk. (Sy is verteenwoordiger by die maatskappy wat hulle nou gaan bemark)
Met eerste oogopslag dink ek aaag, nog 'n verkyker.
Toe sien ek die knoppies.
Onmiddelik buitentoe gegaan en uitgekyk oor die buurt. Druk die agterste knoppie en 'n klein rooi sirkel kom te voorskyn. Druk hom weer en die afstand is onmiddelik sigbaar.
Kan blykbaar tot 1860 jaarts toe lees.
Sy is weer vanoggend met hom weg om te gaan wys vir al haar kliënte, so ek sal eers weer vanaand en miskien more van nader af kan besigtig.
Sal laat weet as ek nog informasie het.
As julle vrae het, laat waai.

Re: Steiner Nighthunter LRF 8x30 verkyker/rangefinder

Posted: Tue Jul 14, 2015 1:14 pm
by Geno
RRP?

Het hy 'n plek om op 'n tripod te monteer?

Re: Steiner Nighthunter LRF 8x30 verkyker/rangefinder

Posted: Tue Jul 14, 2015 1:28 pm
by THOMAST
Moes eers gaan uitvind wat RRP is. Ek is nie 100% seker wat die Recommended Retail Price is nie. Dit kan naby R28000.00 wees.
Hy het ongelukkig nie 'n houplek vir 'n tripod nie, sandsakkie sal moet doen.
Die militêre weergawe het natuurlik al die lekker goeters in soos horisontale en verikale grid in Rads en tripod attachment. Sal hoor of hulle ook ingebring gaan word, maar ek twyfel
http://www.steiner-optics.com/binocular ... -10x50-lrf

Re: Steiner Nighthunter LRF 8x30 verkyker/rangefinder

Posted: Tue Jul 14, 2015 1:28 pm
by regal
Geno wrote:RRP?

Het hy 'n plek om op 'n tripod te monteer?
nope