Page 1 of 1
Waar koop ek Burris
Posted: Tue May 17, 2011 11:33 am
by BLOK
Ek wil vir my n nuwe Burris teleskoop koop maar weet nie waar die beste pryse gaan kry nie. Ek weet hier is n klomp manne op die forum wat heel Burris Be?ok is so miskien kan hulle help.
Dit sal die Burris 4.5 x-14 x -42mm Fullfield II Ballistic Plex wees.
Ek het op die volgende aanlynverkopers gekom, en wonder of mens hulle kan vertrou.
Blok.
http://www.oneshop.co.za/p~burris-45-x- ... scope.html
http://www.have2have.co.za/shopping_cart.php
http://www.wantitall.co.za/Burris-4-5-x ... B000MM2QU8
Re: Waar koop ek Burris
Posted: Tue May 17, 2011 11:58 am
by DWB
Bel VLT Arms in PTA 012 333 0170
Het laas week my Burris Fulfield II 3-9X40 gekry vir R1950
Re: Waar koop ek Burris
Posted: Tue May 17, 2011 12:40 pm
by Jagtersdok
Vlt se pryse het baie afgekom, maak maar daar 'n draai
Re: Waar koop ek Burris
Posted: Tue May 17, 2011 12:51 pm
by BLOK
Dankie manne hulle nounet gebel, kontant prys R2967.00, ek reken nie ek gaan goedkoper as dit wegkom nie so sal maar gou die gelkies oorgooi.
Blok
Re: Waar koop ek Burris
Posted: Tue May 17, 2011 12:54 pm
by Jagtersdok
Ja nee wat, dit nie moeite werd om self in te bring as jy dit op die stadium teen daai prys kan kry nie.
Re: Waar koop ek Burris
Posted: Tue May 17, 2011 1:00 pm
by DWB
Myne was binne 24uur in my hande nadat ek hom bestel het
Re: Waar koop ek Burris
Posted: Tue May 17, 2011 1:30 pm
by Ponkie
BLOK
Dink ook nie Oom gaan met goedkoper as daai wegkom nie. Ek het my Burris van oor die water laat inkom saam 'n pel. 6.5-20x50. BAIE lekker scope vir op die baan skiet en in die nag kan ek vir duiker/steenbok en jakkie maklik onderskei op lang afstande.
Daar is egter een probleempie wat ek het... Dit voel vir my die Burris se "field of view" is baie klein... ek het dit vergeylk met die lynx en daar is beslis 'n beduidende verskil...
Nou wil em gou by DWB hoor? Het Oom so iets agter gekom by die 3-9x40 en dan kan BLOK dalk terugvoer gee oor die 4-14x42?
Sal nogals gaaf wees om te hoor of ek myself nie net verbeel nie...
Groetnis
Ponkie
Re: Waar koop ek Burris
Posted: Tue May 17, 2011 2:25 pm
by DWB
Ponkie, Dankie vir die kompliment, hulle s? mos 'n oom se knaters hang in die water...
Ek is verseker nie 'n oom wat ouderdom anbetref nie.
Ek het my burris net gisteraand in die indoor range getoets, so sal eerlik nie vir jou kan s? nie.
Maar mens kan altyd die specs vergelyk.
Re: Waar koop ek Burris
Posted: Tue May 17, 2011 2:58 pm
by BLOK
Ponkie soos DWB se van oom

so ook by my. Myne eers vandag bestel so as hy gekom het sal ek jou laat weet.
Baas Blok
