Page 1 of 1
Vortex kruishaar probleem
Posted: Mon Jul 13, 2015 7:59 pm
by Gian_dP
Naand manne,
Ek het so 6 maande terug n Vortex Viper HS 4-16x50 op my .308 gesit. Heel gelukkig met die teleskoop gewees. Het laasweek gaan jag in Namibia. Al die oefen en voorbereiding was die moeite werd, kon sonder te veel gesukkel 2 koedoes en paar springbokke kry om vrieskas vol te maak.
Vrydag is ons klaar gejag, besluit om bietjie teikens te skiet. Ek het heel week tussen 6 en 10x vergroting gejag. Draai toe vergroting op na 16x om teiken op 285m mooi te sien. Toe ek deur die teleskoop kyk, lyk dit of die geweer amper op sy kant lê! Draai weer vergroting af terwyl ek deur die teleskoop kyk - kruishaar roteer saam soos ek die stelring draai!
Beste poging om n foto daarvan te kry.
https://www.dropbox.com/s/7c1fftk6c6rmh ... 1.jpg?dl=0
Noodloos om te se, maar ek is lekker gatvol! Gelukkig nie tydens die jag gebeur nie.
Gister teleskoop by Wildman ingegee. Wag nog om iets van Vortex agent te hoor. Wildman se manne heel verbaas, se hulle nog nie so iets gesien nie.
Iemand anders al so iets oorgekom?
Re: Vortex kruishaar probleem
Posted: Mon Jul 13, 2015 8:30 pm
by Hein22
Vortex scopes breek ook seker maar, dit is wel die eerste dat ek hoor dat so high end vortex probleme gee. Hulle het 'n "no BS" warranty. Hulle sal hom vir jou regmaak of vervang.
Re: Vortex kruishaar probleem
Posted: Mon Jul 13, 2015 8:56 pm
by Cobus(Cobb)
Yip, selfde ding oorgekom so 18mnde terug, ook na suksesvolle springbok voorsit trip.
Kyk die videos hier
http://www.vortexoptics.com/content/vip_warranty
As jy kan, kry jou scope terug en praat direk met
http://www.whylo.co.za/
ek het binne 2 dae 'n nuwe, upgrade scope by my voordeur ontvang.
Cheers
Re: Vortex kruishaar probleem
Posted: Mon Jul 13, 2015 9:41 pm
by Gian_dP
Dankie, sal hulle more kontak.
Re: Vortex kruishaar probleem
Posted: Fri Jul 31, 2015 8:29 pm
by Gian_dP
Vandag my nuwe teleskoop opgetel by Wildman. Volgens Whylo was die lens met die kruishaar los, hulle het teleskoop dadelik vervang.
Re: Vortex kruishaar probleem
Posted: Tue Sep 08, 2015 3:11 pm
by Bees
Vortex vervang jou scope sonder questions my maat...of so hoor ek
Re: Vortex kruishaar probleem
Posted: Tue Sep 08, 2015 3:29 pm
by Riaan Kriel
+1000 vir Vortex. Dit is mos 'n WAARBORG en goeie kliëntediens.
Helf self so Vortex Viper 4-16 op my 22-250. Was my eerste Vortex en tot dusver nog geen probleme met hom nie.
Sulke diens sal verseker dat dit seker nie my laaste een sal wees nie

Re: Vortex kruishaar probleem
Posted: Wed Sep 09, 2015 8:07 pm
by Bees
Duracell, daai is n moerse groot wildbees op jou profile picture. Welldone
Re: Vortex kruishaar probleem
Posted: Thu Sep 10, 2015 6:20 am
by sako 30-06
Beendr wrote:Vandag my nuwe teleskoop opgetel by Wildman. Volgens Whylo was die lens met die kruishaar los, hulle het teleskoop dadelik vervang.
Wat het toe gebeur,is die scope toe vervang?
Re: Vortex kruishaar probleem
Posted: Thu Sep 10, 2015 7:29 am
by VdWalt
sako 30-06 wrote:Beendr wrote:Vandag my nuwe teleskoop opgetel by Wildman. Volgens Whylo was die lens met die kruishaar los, hulle het teleskoop dadelik vervang.
Wat het toe gebeur,is die scope toe vervang?
Sako, ek dink die laaste drie woorde in die sin gee die game weg......

Re: Vortex kruishaar probleem
Posted: Thu Sep 10, 2015 7:58 am
by LoopSoosStroop
Wat het toe gebeur,is die scope toe vervang?[/quote]
Hoe het jy gevaar met begrips-toetse op skool?
Re: Vortex kruishaar probleem
Posted: Thu Sep 10, 2015 7:59 am
by Gian_dP
sako 30-06 wrote:Beendr wrote:Vandag my nuwe teleskoop opgetel by Wildman. Volgens Whylo was die lens met die kruishaar los, hulle het teleskoop dadelik vervang.
Wat het toe gebeur,is die scope toe vervang?
Soos bo genoeg is die teleskoop dadelik vervang. Ek het die teleskoop die Sondag by Wildman in Cape Gate ingegee, agent het dit Maandag kom haal en Durban toe gestuur. Ek het week later die Vortex agente, Whylo, gebel om te hoor wat fout was. Vervanging was toe al reeds op pad Wildman toe. Kon die volgende dag teleskoop gaan oplaai. "Turn around" tyd was net oor n week, as ek nader aan Durban was sou dit nog gouer gewees het.
Sou verkies dat die teleskoop nie gebreek het nie, maar Whylo se diens was baie goed. Sal nie huiwer om weer n Vortex te koop nie.
Re: Vortex kruishaar probleem
Posted: Thu Sep 10, 2015 8:03 am
by VdWalt
Ek het presies die selfde een op my 6.5 en ek draai hom aanmekaar tussen 16 en
8 sonder probleme. Maar dit is lekker om te weet daar gaan nie 'n problem wees
om hom te fix as iets fout gaan nie.
Re: Vortex kruishaar probleem
Posted: Thu Sep 10, 2015 8:47 am
by tau
Selfde met pel van my gebeur die dag voor 'n Jag, ons het toe sy Nikon van sy .243 op sy .300H&H gesit. Hulle het wel die scope vervang met 'n nuwe.