n Skatryk ou tannie wat al amper op sterwe lê en glad nie meer helder kan dink nie, wink die Dominee wat haar besoek, nader en vra in 'n sagte stemmetjie:
"Ek weet ek gaan dit nie meer lank maak nie, maar asseblief, kan Ds nie maar vi 'n laaste keer my help met 'n bietjie seks nie - ek sal R1000 betaal."
Dominee is baie geskok en fluister in haar oor: "Tannie, ek sal kyk wat ek kan doen" en hy verlaat die huis.
Met dié sien hy ou Bakkies wat dit nie breed het nie, met sy fiets verbyry. "Bakkies, hier binne is 'n ou tannie wat jou R1000 sal gee vir n laaste gemeenskapie... sien jy kans? Sien dit as 'n naaste-liefdesdiens."
Eers het Bakkies nie mooi verstaan nie, maar Dominee het baie subtiel verduidelik wat hy eintlik bedoel die ou tannie se wens is. Wel, ou Bakkies kon doen met 'n ekstra geldjie aangesien werk maar skaars is en so parkeer hy sy fiets buite die deur teen die muur.
Dominee ry toe maar.
Na 'n uur kom Dominee weer daar verby en die fiets is weg.
"Ja, die arme tannie het ons seker nou verlaat" - en met dié gedagtes stap hy die huis binne en betree die kamer waar ou Bakkies kaal op die bed lê.
"Nou Bakkies, wat gaan hier aan?"
"Nee Dominee, die tannie het net gou my fiets geleen om nog geld te gaan trek by die ATM."
