Page 1 of 1

Watter vergrootglas sal julle aanbeveel?!

Posted: Mon Jul 13, 2015 11:39 am
by Ron Swanson
Ek is op die uitkyk vir teleskope wat voldoen aan (soveel as moontlik van) die volgende vereistes:

1. Vir 'n 9.3x62 vir hoofsaaklik bosveld-jag en maksimum afstand van 300m.

2. Maksimum vergroting van 10x, iets soos 'n 3-9x.

3. Objektief in die omgewing van 40mm.

4. 'n Kruishaar soos Vortex se BDC of Leupold se Boone & Crockett sal baie lekker wees (non-illuminated).

5. In die omgewing van R10,000.

6. Hy moet nou nie afbreek aan 'n Mauser M12 nie.

Op die oomblik kyk ek na Leupold se VX3 3.5-10x40 met die Boone & Crockett kruishaar. Ek sien hulle kos so bietjie meer as R11,000.

Ek hou daarvan om goed navorsing te doen voor ek geld spandeer en sal jul voorstelle en ondervinding waardeer.

Re: Watter vergrootglas sal julle aanbeveel?!

Posted: Mon Jul 13, 2015 11:45 am
by tripodmvr
Zeiss, Vortex

Re: Watter vergrootglas sal julle aanbeveel?!

Posted: Mon Jul 13, 2015 12:01 pm
by Fishaman
As ek 'n Mauser gehad het sou ek so iets oorweeg het:

http://www.safariandoutdoor.co.za/item/ ... _reticle_1

Re: Watter vergrootglas sal julle aanbeveel?!

Posted: Mon Jul 13, 2015 12:13 pm
by matewis
Ek stem saam Fishaman! Hy gaan bitter mooi op jou M12 lyk. As jy 2de hands sal oorweeg het ek moontlik 'n pel wat so ruk terug wou verkoop, wat presies in jou budget sal inpas.

Re: Watter vergrootglas sal julle aanbeveel?!

Posted: Mon Jul 13, 2015 12:16 pm
by Omnia
Zeiss , my maat Zeiss !!!!

Re: Watter vergrootglas sal julle aanbeveel?!

Posted: Mon Jul 13, 2015 1:31 pm
by Piet Breedt
Eerste oorweging op n groot kaliber moet n goeie eye relief wees, daarna kyk jy na "nice to have"

Re: Watter vergrootglas sal julle aanbeveel?!

Posted: Mon Jul 13, 2015 1:50 pm
by Lamtjop
Kahles Helia KX 3-9x42, Meopta Meostar 4-12x40, Meopta Meopro 3.5-10x44/ 3-9x42 hy,t krismisboom kruis.

Re: Watter vergrootglas sal julle aanbeveel?!

Posted: Mon Jul 13, 2015 2:01 pm
by Ron Swanson
Baie dankie Piet ek sal dit ook in gedagte hou.

Ek het ongelukkig reeds 'n bloutjie geloop met 'n 2de handse teleskoop Matewis, maar baie dankie vir die voorstel!

Ek moet sê 'n Swarovski sal bitter mooi lyk. Ek hou baie van die Kahles en Meopta voorstelle Lamtjop, ek het nog nie eers na hulle gekyk nie.

Re: Watter vergrootglas sal julle aanbeveel?!

Posted: Mon Jul 13, 2015 8:01 pm
by alecjohnson
Vortex het lekker scopes in daai omgewing en lynx 3.5-10 sal ook kan werk.

Re: Watter vergrootglas sal julle aanbeveel?!

Posted: Mon Jul 13, 2015 8:40 pm
by Giepie
Sal die Lynx sterk kan aanbeveel. Ek het twee en hulle werk lekker.

Ander goeie skoop vir daardie roer en bosveld is die Leupold vx2 3-9x40 met lr duplex kruishaar.

Nie een sal afbreuk doen aan daai roer nie. 'n Goeie teleskoop is nodig, maar sommiges is regtig 'n "overkill".

Re: Watter vergrootglas sal julle aanbeveel?!

Posted: Mon Jul 13, 2015 8:53 pm
by Dries101
+1 vir n leupold vx2 3-9

Re: Watter vergrootglas sal julle aanbeveel?!

Posted: Mon Jul 13, 2015 10:08 pm
by Sangoma (IAN)
Wat dalk van so iets-

Sightron S3 1-7x24 IRMOA

Re: Watter vergrootglas sal julle aanbeveel?!

Posted: Mon Jul 13, 2015 10:41 pm
by Boomstomp
Ek het vir my 9,3x62 die nuwe Zeiss Conquest DL 2-8x40 gekry... baie helder glas, maar dink hy lê ook hier by R11k-R12k.

Re: Watter vergrootglas sal julle aanbeveel?!

Posted: Mon Jul 13, 2015 11:01 pm
by Mellies
Fishaman wrote:As ek 'n Mauser gehad het sou ek so iets oorweeg het:

http://www.safariandoutdoor.co.za/item/ ... _reticle_1
+1

Met n vleisie...

Re: Watter vergrootglas sal julle aanbeveel?!

Posted: Thu Jul 30, 2015 12:48 pm
by 308Win
Dries101 wrote:+1 vir n leupold vx2 3-9
Dit ^^^^
+10000

Re: Watter vergrootglas sal julle aanbeveel?!

Posted: Thu Jul 30, 2015 4:06 pm
by PWV
.

Re: Watter vergrootglas sal julle aanbeveel?!

Posted: Thu Jul 30, 2015 11:37 pm
by Drenalinjunkie
Spandeer so bietjie meer en kry die Leica ER i 2.5-10x42. Hy het 100mm eye relief met puik glas! n 9.3 soek klas ;-). Met die een sal jy een keer koop dan is jy klaar vir goed.

Re: Watter vergrootglas sal julle aanbeveel?!

Posted: Fri Jul 31, 2015 12:31 pm
by Schalk75
Drenalinjunkie, wie hou die Leicas aan? Sien hy doen goed in reviews.

Re: Watter vergrootglas sal julle aanbeveel?!

Posted: Fri Jul 31, 2015 5:52 pm
by Mellies
Blackplastic wrote:Drenalinjunkie, wie hou die Leicas aan? Sien hy doen goed in reviews.
http://opticsinternational.co.za/rifle- ... leica.html