Page 1 of 1

Wat vreet so?

Posted: Mon Jul 13, 2015 8:23 am
by Hingsding
Goeie more aan almal.

Kan enige iemand dalk help om te se wat hierdie lam so gevreet het?

Die oggend was my pa baie vroeg in die kraal met n beker koffie soos elke oggend sy roetine, kyk of die water krippe reg is en of daar nuwe lammers deur die nag aangekom het ens. Daar was egter geen probleme op daai stadium nie. Ons kraal is +- 30meter van die huis af en al die diere kom slaap elke aand by die huis oor ons te veel probleme al in die verlede ondervind het met verskeie elemente...

Na pa se beker koffie het hy die volk gaan optel en hulle uitgesit vir hulle dagtakies. Toe hy teen ongeveer 9uur weer by die huis aan kom vir ontbyt het die skaapwagter dadelik kom roep en die lam gewys wat in die kraal tussen die ander ooie met lammers le.

Nou wat vir ons snaaks was is die volgende:

Die lam is vroegoggend na sonop eers gevang. En dit 30meter van die huis af met mense wat raas en skarrel.
Die lam is in die kraal tussen die ander gevang en gevreet.
Wat kan so vreet in so kleintydjie?

Ons kon egter geen spore kry wat kon help met identifikasie nie.

Dankie manne. Enige advies sal waardeer word.

Vriendelike groete.

http://i1266.photobucket.com/albums/jj533/Hingsding1/Lam_zpshzlvhsww.jpg

Re: Wat vreet so?

Posted: Mon Jul 13, 2015 9:32 am
by 222 Sako
Jy gaan nou dalk lag, maar wat ek al by my gesien het is dat die stoorkatte n lam wat self gevrek het vreet dat hy so lyk.

Groete

Re: Wat vreet so?

Posted: Mon Jul 13, 2015 9:48 am
by Hingsding
More 222 Sako.

Een van die werkers het ook beweer dat hy "wilde huiskatte" by die kraal gesien het. Ek het gedink hulle kom slegs vir die kapokkies wat in en om die kraal is en vir vars water wat daar altyd vrylik is.

Die lam was egter sterk en lewendig. Weet egter nie of n huiskat n lam sal doodbyt en so opvreet nie. Kan seker ook nie onmoontlik wees nie.

Baie dankie vir jou bydra.

Re: Wat vreet so?

Posted: Mon Jul 13, 2015 10:53 am
by 222 Sako
Ek glo ook nie, maar wat ookal dit was sal dit weer doen tot jy ons kan vertel wie hy is.

Re: Wat vreet so?

Posted: Mon Jul 13, 2015 11:24 am
by Hingsding
Ja man ek glo ook die skuldige sal weer kom.

Is rerig n raaisel vir my die een.

Luiperd sal die lam vang en pad gee... en glo nie hy sal sommer so naby aan die huis kom nie.

Hondagtige dier sal hom meer verskeur het, dink ook nie n rooikat sal sommer so naby aan die huiskom helder oordag nie.

Ons lammers kom egter nou eers en daar is al heelwat en nog baie ooie wat moet lam. N ou wil mos maar jou verliese probeer beperk.

Re: Wat vreet so?

Posted: Mon Jul 13, 2015 11:55 am
by C.J.
Daardie is 'n Rooikat, of dan 'n kat spesie. Die vel wat so geknip en saam gevreet is se dit. As ek hom in die veld kry sal ek se Rooikat.

Groete,
C.J.

Re: Wat vreet so?

Posted: Mon Jul 13, 2015 12:01 pm
by kwagga
Hingsding, het julle siwet katte in julle kontrei?

Re: Wat vreet so?

Posted: Mon Jul 13, 2015 12:49 pm
by Hingsding
Dankie CJ en Kwagga.

Die Plaas is op Grootdrink in die Noord Kaap naby Upington.

Sover ek weet is daar nie sivet katte nie, of ek het nog nooit gesien of gehoor van hulle daar nie.