Page 1 of 1

Dripbesproeiing uitleg

Posted: Sun Jul 12, 2015 9:39 pm
by Baas Koos
Naand vriende, ek kort raad asb.
Ek beplan om 'n ongeveer 18ha land onder dripbesproeiing te plaas.
Gebruik nou al die laaste 12 jaar drippers op klein skaal (2-3ha) en het al baie geleer.
Daar is egter 'n paar tegniese goed wat op groter skaal my kop laat krap.
Die perseel is omtrent 360m breed en om dit maksimaal te benut moet ek die moederlyn
en sub-lyne in die middel laat loop.
Dit beteken my driplyne gaan tussen 150 - 180m lank wees, wat op of selfs oor die maksimum afstand is.
Wie in of naby Bloemfontein kan mens vra om te kyk na my uitleg en raad te gee?
Ek sal ook graag 'n kwaliteit dripper wat darem bekostigbaar ook is wil aanskaf, enige voorstelle?

Re: Dripbesproeiing uitleg

Posted: Sun Jul 12, 2015 10:26 pm
by Johan Nel
Baas Koos,
Jy gaan dalk jou blokke nog verder moet onderverdeel. Daai lyne klink lank. Afhangend van jou lewering per drupper en spasiƫring van die druppers in die pyp, gaan jy dalk nie genoeg water kan lewer dat die druppers van begin tot end reg werk nie.
SABI oftewel die Suid Afrikaanse Besproeiingsinstituut is die aangewese mense om by aan te klop. Dis 'n organisasie wat hom beywer vir professionele besproeiingsontwerp en installering met lede vanoor die land wat aan hulle behoort. Geakkrediteerde lede is opgelei en is gesertifiseer as gekwalifiseerd om besproeiingsstelsels te ontwerp en ook te installeer. Skakel hulle gerus vir 'n lys van manne en kontakbesonderhede in jou omgewing wat jou sal kan help. Hier is hulle skakel: http://www.sabi.co.za/contact.html
Groete,
JHN

Re: Dripbesproeiing uitleg

Posted: Mon Jul 13, 2015 7:03 am
by Baas Koos
Dankie Johan, nie eens geweet van SABI nie. Ek sien daar is 'n man sommer in Bloemfontein.
Ek het my spasiƫring in die lyn op 600mm beplan, lewering per uur kan ek mee speel tussen 1-2lt.
My lengte van bloke kan ek nie mee speel nie, kan die land net kleiner (korter) maak. Dit gaan maar oor die manier wat ek die drippers aanwend.
Maar weereens baie dankie, gaan vandag SABI kontak.

Re: Dripbesproeiing uitleg

Posted: Sun Jul 19, 2015 9:19 pm
by Johan Nel
Hallo Koos,
Ekskuus, ek sien nou eers jou antwoord. Ek vertrou jy het toe reggekom?