Page 1 of 1
Nuwe Lid
Posted: Sun Jul 12, 2015 5:00 pm
by Morne Van Der Merwe
Goeie dag,
Ek is nuwe nuwe, Morne van der Merwe, woon tans in Pretoria.
Baie opgewonde om deel te wees van die forum.
Lekker dag verder almal.
Groete
Morne
Re: Nuwe Lid
Posted: Sun Jul 12, 2015 7:12 pm
by Jay Jay
Hi Morne, baie welkom. Ek is ook redelik nuut hier en leer baie.
Re: Nuwe Lid
Posted: Sun Jul 12, 2015 10:23 pm
by Boesman10
Welkom Morne. Het jy al gejag en watter wapens het jy?
Re: Nuwe Lid
Posted: Mon Jul 13, 2015 10:50 am
by Morne Van Der Merwe
Dankie vir die verwelkom.
Ja ek jag al vandat ek 'n seuntjie was. My gunsteling jag is maar Koedoe jag per voet. Het so 3 weke terug 'n mooi jong bul geskiet. Verder baie gejag in die Oos Kaap waar groot geword het, daar maar meestal takbokke en ribbokke gejag.
Ek skiet nog altyd met 'n .270 Std Musgrave met 'n gewone 3-9x40 Lynx teleskoop, baie suksesvol met die geweer. Lank storie kort, het die geweer nou onlangs verkoop, en is in die mark vir 'n nuwe geweer.
Re: Nuwe Lid
Posted: Mon Jul 13, 2015 2:02 pm
by Ritchie
Baie welkom hier!
Re: Nuwe Lid
Posted: Mon Jul 13, 2015 7:32 pm
by Heinz Petersen
Welkom Morne. Wanner jy hier aansluit moet jy baie geld hê, as jy alles wil koop wat hier te sien is. Dit laat my partykeer vir bloeddruk pille soek.

Re: Nuwe Lid
Posted: Tue Jul 14, 2015 12:01 pm
by jamalley
Welkom Morne, hoop jy geniet dit baie hier
Re: Nuwe Lid
Posted: Tue Jul 14, 2015 12:18 pm
by Morne Van Der Merwe
Heinz Petersen wrote:Welkom Morne. Wanner jy hier aansluit moet jy baie geld hê, as jy alles wil koop wat hier te sien is. Dit laat my partykeer vir bloeddruk pille soek.

Dit kan weer gesê word. Ek het gister reeds vir my CZ550 Ebony 30-06 gekoop.
Dankie vir al die verwelkomings.