Page 1 of 1

69gr Nosler 22-250

Posted: Sun Jul 12, 2015 4:56 pm
by hechtersa
Dagsê almal. Ek het raad nodig asb. Ek skiet huidiglik op my 22-250, 55gr punte. Die loop is 'n 1-9 twist so ek wil bietjie swaerder punte laai. Nosler 69gr Custom competition om presies te wees. Ek soek asb riglyn waar om te begin. Minumum en maksimum lading en watter kruit sal die beste wees. Baie dankie.

Re: 69gr Nosler 22-250

Posted: Sun Jul 12, 2015 6:08 pm
by tripodmvr
QL seg dat S355 goed behoort te vaar. Begin 32gr wat 3100vps voorspel. Moet nie sommer 3400vps oorskry nie. Berekening geld vir 24 duim loop.

Laai minimum lading en meet spoed en groep. Bring dit na die forum sodat QL ware data kan gebruik.

Re: 69gr Nosler 22-250

Posted: Sun Jul 12, 2015 6:55 pm
by hechtersa
Baie dankie. Ek waardeer. Sal bietjie ladings toets en terugvoering gee op die forum.

Re: 69gr Nosler 22-250

Posted: Thu Oct 29, 2015 1:37 pm
by Kalaharihunter
I shoot the 69gr Nosler CC in my 22-250 Ackley with a 1:9 twist / 28" barrel.
Load: 41gr S365 @ 3420. No pressure and very, very accurate.

Re: 69gr Nosler 22-250

Posted: Thu Oct 29, 2015 2:39 pm
by MJK
Dankie Tripod Marius

Wat is die nodespoed vir die 24" loop? Ek behoort binnekort my Howa 1:9 te kry. Kaartjie moet nog net gedruk word en het reeds die 69 gr Noslers gekoop.

Hoeveel kruit S365 dan?

Groete Marius

Re: 69gr Nosler 22-250

Posted: Thu Oct 29, 2015 3:16 pm
by tripodmvr
Die nodespoed vir 'n 24 duim loop is nie 'n vaste syfer nie. Die dopvolume het 'n groot invloed daarop. S365 is nie noodwendig die regte keuse nie. Jy het nie 'n Ackley nie en daarin kan dit werk met die groter dopvolume. Ek sal nog steeds S355 aanbeveel - kyk na die syfers en aanbeveling wat ek op 12 Julie gemaak het.

Re: 69gr Nosler 22-250

Posted: Thu Oct 29, 2015 3:57 pm
by MJK
Baie dankie Marius

Ek sal so begin en kyk waar le my sweet spot. Sal op kol darem die Sako doppe kan H2O volume gee

Groete

Re: 69gr Nosler 22-250

Posted: Thu Oct 29, 2015 11:04 pm
by Smous v.d. Vyver
MJK ons het in Amile se Savage S365 gegooi.Dit was Carel Maritz se geweer en hy het dit ook so geskiet.Die nodespoed ip die 26 duim loop was 3370 ft/s.Ek sou skat op 24 duim loop gaan dit naby aan die 3300 ft/s wees.Jy kan my whatsapp vir ladings.

Re: 69gr Nosler 22-250

Posted: Fri Oct 30, 2015 12:49 pm
by MJK
Thanks Corne!

Praat sodra ek die roer het

Groete

Re: 69gr Nosler 22-250

Posted: Sun Nov 01, 2015 11:08 am
by Silent Hunting
MJK,

Ek skiet my 70gr VLDs @ 3300 met S365. Werk baie lekker. Is wel Lot 76. Nou paar pakkies 75gr Hornadys ook gekry om te prober. Node is so 3275fps op hulle. Daai 69gr gaan ook maar so 3300 -3330 rond wees. Druk loop op so 55000psi rond.

Groete,

Henk

Re: 69gr Nosler 22-250

Posted: Thu Jan 19, 2017 3:43 pm
by tjoepman
Dink julle manne DAT die 12twist n 69gr noslet sal skier 24 loop

Re: 69gr Nosler 22-250

Posted: Thu Jan 19, 2017 4:38 pm
by tripodmvr
Nee, jy kan dalk nog by 60gr regkom. 'n 55gr koeël het homself al bewys oor die jare. Teen so 3230 na 3250vps skiet hy 'n barshou.

Re: 69gr Nosler 22-250

Posted: Thu Jan 19, 2017 4:57 pm
by Sniper18
Ek skiet 69gr cc in my howa 22-250 met S355 my lading is 34,5 gr in 'n lapua dop!

Re: 69gr Nosler 22-250

Posted: Thu Jan 19, 2017 7:14 pm
by Gian_dP
Sniper18 wrote:Ek skiet 69gr cc in my howa 22-250 met S355 my lading is 34,5 gr in 'n lapua dop!
Is dit n 1-in-12 of 1-in-9 "twist" loop?

Re: 69gr Nosler 22-250

Posted: Thu Jan 19, 2017 7:25 pm
by Sniper18
Gian_dP wrote:
Sniper18 wrote:Ek skiet 69gr cc in my howa 22-250 met S355 my lading is 34,5 gr in 'n lapua dop!
Is dit n 1-in-12 of 1-in-9 "twist" loop?
1-in-9

Re: 69gr Nosler 22-250

Posted: Fri Jan 20, 2017 9:28 am
by tjoepman
Wat sal julle we is die max druk op ql wat veilig sal wees vir 22-250. 65000psi is pmax maar kan ek hom 62000psi laai