Page 1 of 1
Skietbaan boks
Posted: Thu Jul 09, 2015 8:25 pm
by pietbak
Wat gebruik julle vir 'n Skietbaan terusting houer? Om alles in te pak en weer uit te pak raak 'n "effort".
Van skietsakke, chronograph, vlae, oormowwe, skoonmaak aparaat en wat nog. Wys bietjie fotos van daai houer asseblief.
Re: Skietbaan boks
Posted: Thu Jul 09, 2015 8:29 pm
by ruaanb
gewone swart krat
Re: Skietbaan boks
Posted: Thu Jul 09, 2015 8:34 pm
by Cobus(Cobb)
Ou, groot toksak
Re: Skietbaan boks
Posted: Thu Jul 09, 2015 8:55 pm
by Maanboef
Swart krat +1
Re: Skietbaan boks
Posted: Thu Jul 09, 2015 9:13 pm
by Pappabeer
Ou groen Coleman.
Lekker sterk, waterdig en groot genoeg om alles toe hou behalwe gewere en teikenrame.
Re: Skietbaan boks
Posted: Thu Jul 09, 2015 9:19 pm
by pietbak
Pappabeer wrote:Ou groen Coleman.
Lekker sterk, waterdig en groot genoeg om alles toe hou behalwe gewere en teikenrame.
Ek hou van die idee.
Re: Skietbaan boks
Posted: Thu Jul 09, 2015 9:48 pm
by Ashley
Somme een van daai groot swart Tool bokse by Builders W gekoop, en camo gespray.
Kry als mooi in behalwe teikens.
Re: Skietbaan boks
Posted: Fri Jul 10, 2015 12:31 pm
by Robin
Ou ammo boks
Re: Skietbaan boks
Posted: Fri Jul 10, 2015 12:42 pm
by Chris Swart
Robin wrote:Ou ammo boks
Chrony en driepoot pas nie in 'n ammo boks nie.
Re: Skietbaan boks
Posted: Fri Jul 10, 2015 12:46 pm
by NEGE3
Die Big Jim gereedskap kaste kom in verskillende grotes en werk goed. Is ook relatief goedkoop.
Re: Skietbaan boks
Posted: Fri Jul 10, 2015 1:36 pm
by Suikermuis
Gebruik self ook ook n ou ammo boks vir alles behalwe die chrony. Hy word in n sponsie in n Big Jim toolbox gepak met sy speelgiedjies en n ekstra battery saam met hom.
Re: Skietbaan boks
Posted: Fri Jul 10, 2015 7:03 pm
by Jacquesb
Swart krat.
Re: Skietbaan boks
Posted: Wed Apr 27, 2016 7:13 pm
by DMLubbe
Ek het n sak gekry saam 'n Ryobi boortjie en grinderkie wat ek vir die huis gekoop het.
Sak het langer gehou as die gereedskap.
Maar wat ek eintlik wil se i.v.m. teikens wat nie in die sak pas nie, kry n 25 of 32mm pvc pyp. rol jou teikens op soos ons met die tegniese tekene huiswerk gedoen het.
Taaaa Daaaa !!!!
DM Lubbe
Re: Skietbaan boks
Posted: Wed Apr 27, 2016 7:29 pm
by tripodmvr
DMLubbe wrote:Ek het n sak gekry saam 'n Ryobi boortjie en grinderkie wat ek vir die huis gekoop het.
Sak het langer gehou as die gereedskap.
Maar wat ek eintlik wil se i.v.m. teikens wat nie in die sak pas nie, kry n 25 of 32mm pvc pyp. rol jou teikens op soos ons met die tegniese tekene huiswerk gedoen het.
Taaaa Daaaa !!!!
DM Lubbe
Baie welkom met jou nuttige wenk daarby.
Re: Skietbaan boks
Posted: Wed Apr 27, 2016 8:04 pm
by Heinz Petersen
Ek het al gedink aan n medium groote doodskis. Twee wiele agter en n hanvatsel voor. Dan kan ek al my goeters daarin sit met gewere ook.

Re: Skietbaan boks
Posted: Wed Apr 27, 2016 8:11 pm
by Hein M.
Heinz Petersen wrote:Ek het al gedink aan n medium groote doodskis. Twee wiele agter en n hanvatsel voor. Dan kan ek al my goeters daarin sit met gewere ook.

Sommige lede van die bevolking sal beslis wegbly van jou voertuig af

Re: Skietbaan boks
Posted: Wed Apr 27, 2016 8:24 pm
by wlm
Heinz Petersen wrote:Ek het al gedink aan n medium groote doodskis. Twee wiele agter en n hanvatsel voor. Dan kan ek al my goeters daarin sit met gewere ook.

Ek het nie geweet mens kry verskillende groottes nie.
Ps. Julle kan maar die vleissaag gebruik om my in 'n "XSmall" te maak pas as dit goedkoper is.
Re: Skietbaan boks
Posted: Wed Apr 27, 2016 8:26 pm
by gbvl
En hier dog ek die titel verwys na die mislike ou langs jou op die baan wat maak of die plek aan hom behoort. [WHITE SMILING FACE]
Wys maar net waar in die drein is my gedagtes nou weer.
Sent from my SM-G900H using Tapatalk
Re: Skietbaan boks
Posted: Thu Apr 28, 2016 9:07 am
by zipp
gbvl wrote:En hier dog ek die titel verwys na die mislike ou langs jou op die baan wat maak of die plek aan hom behoort. [WHITE SMILING FACE]
In projekte self gebou?
Eish!!!!
Re: Skietbaan boks
Posted: Thu Apr 28, 2016 10:08 am
by gbvl
Ja was maar tong in die kies....
Sent from my SM-G900H using Tapatalk
Re: Skietbaan boks
Posted: Thu Apr 28, 2016 1:19 pm
by Gernie
En hier dog ek die 'Boks' is weer iemand wat aangejaag het op skietbaan......
Re: Skietbaan boks
Posted: Fri Apr 29, 2016 2:06 pm
by Heinz Petersen
http://i1028.photobucket.com/albums/y344/HEINZPETERSEN/20160429_075852_zpsmljexqal.jpghttp://i1028.photobucket.com/albums/y344/HEINZPETERSEN/20160429_075916_zpsu2ukeqh4.jpg
Re: Skietbaan boks
Posted: Fri Apr 29, 2016 7:24 pm
by Lukie
Een van daai Toksakke met 'n soliede basis en wiele aan een kant. Kan saamgepers word as spasie bietjie knap is.
Re: Skietbaan boks
Posted: Fri Apr 29, 2016 7:33 pm
by alecjohnson
Heinz Petersen wrote:http://i1028.photobucket.com/albums/y344/HEINZPETERSEN/20160429_075852_zpsmljexqal.jpghttp://i1028.photobucket.com/albums/y344/HEINZPETERSEN/20160429_075916_zpsu2ukeqh4.jpg
Ek gaan my krat ook op so 'n wa sit slim plan!