Page 1 of 1
Meopta Meostar R1 3-12x56 4B of Nightforce SHV 4 - 14 x 56
Posted: Thu Jul 09, 2015 11:48 am
by Riebeeker
Watter een sal julle aanbeveel vir vlaktejag op 'n .243?
Re: Meopta Meostar R1 3-12x56 4B of Nightforce SHV 4 - 14 x
Posted: Thu Jul 09, 2015 1:45 pm
by Lamtjop
Riebeker die meopta gaan die beter glas he, en die NF gaan beter wees met cliks op en af as jy wil stel. Die 4B kruis van meopta is dalk iets om aan gewoont te raak, maar smaak verskil mos. As jy van die NF hou sal ek aanbeveel dat jy ook deur die groter SHV kyk 5-20x56 dink ek, hy het vir my beter beeld as die 4-14. Ek sou se as jy min in die nag gaan skiet gaan die NF lekker werk, maar as jy nagskiet gaan doen sal meopta beter wees. Groete
Re: Meopta Meostar R1 3-12x56 4B of Nightforce SHV 4 - 14 x
Posted: Thu Jul 09, 2015 2:51 pm
by Riebeeker
Vir my is die kwaliteit van die lense krities - ek het die Nightforce SHV 4 - 14 x 56 op my .308 en is regtig tevrede met die teleskoop, beide wat kwaliteit van lense en verstellings op die turrets betref. Ek hoor baie goeie goed van die Meopta, vandaar my vraag.
Re: Meopta Meostar R1 3-12x56 4B of Nightforce SHV 4 - 14 x
Posted: Mon Jul 13, 2015 11:51 am
by Ron Swanson
Ek kan ook getuig van die SHV 4-14x56.
Ek het vroeër die seisoen bitter hard geval met my geweer. Die geweer het bo-op die teleskoop geval nadat ek in 'n ertvark gat getrap het op pad terug huistoe terwyl die laatmiddag son in my oë geskyn het.
Ek was so bang om my geweer op te tel na die val. Die teleskoop wat vol grond en wit krapmerke. Daar was tot grond in my loop!
Nadat ek die geweer afgevee het met my trane was daar tot my verbasing nie 'n enkele merk op die NF nie. Elke liewe merk het eenvoudig afgevee met 'n lap.
Ek het die geweer skoongemaak en die volgende oggend gaan kyk of die geweer nog op skoot is en suprise-suprise die geweer skiet nog op presies dieselfde plek. Bygesê die teleskoop is op my Tikka gesit met 'n Warne picatinny rail en NF ringe.
So wat ek probeer sê is selfs NF se "budget scope" is baie duursaam. Die 4-14 vergroting is perfek vir jag in my opinie; maar as jy meer gaan papier of staal skiet sou ek vir die 5-20 gaan.
Re: Meopta Meostar R1 3-12x56 4B of Nightforce SHV 4 - 14 x
Posted: Wed Jul 15, 2015 2:35 pm
by dawiec
Het ook die SHV(4-14) op my 300-6

en laasweek ook hard met hom in die jagveld geval. gedink die krap sal permanent wees...afgevee en siedaar...niks merke. ek het ook NF ringe op ...gedink hy sou uit wees van die harde slag maar nie tyd gehad om te kyk waar hy skiet toe bok voor my inloop. Hy skiet toe nog net daar waar ek korrel! Baie tevrede met die SHV sover.
Re: Meopta Meostar R1 3-12x56 4B of Nightforce SHV 4 - 14 x
Posted: Wed Jul 15, 2015 10:28 pm
by Vlakvark Soldaat
Nou voel ek ook sommer beter oor die SHV x20 wat ek op my .25-06 gaan gooi...
Re: Meopta Meostar R1 3-12x56 4B of Nightforce SHV 4 - 14 x
Posted: Thu Jul 16, 2015 5:34 am
by Dries101
Vlakvark Soldaat wrote:Nou voel ek ook sommer beter oor die SHV x20 wat ek op my .25-06 gaan gooi...
Dis n great scope. Maak baie mooi op 1k skiet
Re: Meopta Meostar R1 3-12x56 4B of Nightforce SHV 4 - 14 x
Posted: Sat Jul 25, 2015 1:41 pm
by Riebeeker
OK, ek het nou altwee en hier is my gevolgtrekkings. Beide teleskope voel stewig en is hoë kwaliteit. Ek kan nie die verskil in kwaliteit van glas sien nie, maar ek dink die NF wen dalk in daglig - weereens bitter moeilik om te onderskei. Die ekstra vergroting van die NV help beslis ook. Daarby het die NF balastic turrets, maar geen zero stop nie.
Die kruishaar van die NF is meer geskik vir papierskiet as die Meopta s'n want die dikker kruishaar van die Meopta verdwerg die teiken op 200m. Aan die ander kant dink ek die Meopta sal beslis beter werk vir jagdoeleindes - die NF se MOAR kruishaar maak my nog soms deurmekaar met al daai strepies.
Ek het die NF gekoop op die S&O special so paar maande terug vir R11K en nou R10.4K by Humansdorp Kooperasie betaal vir die Meopta. Die NF 4 - 14 x 56 is nou R14K by S&O. Teen dieselfde prys vat ek toe oë die NF, maar kan nie sê of die NF die verskil van R3.5K sal opmaak nie.
Dus vir vlaktejag is ek tevrede met my Meopta, maar dalk as 'n all-rounder wen die NF selfs al is dit duurder.
Re: Meopta Meostar R1 3-12x56 4B of Nightforce SHV 4 - 14 x
Posted: Tue Jul 28, 2015 4:32 pm
by Riebeeker
Kan dit wees dat ek uit elevation hardloop met 'n 20 MOA NightForce rail aan die onder kant - dus skiet 10cm hoog op 100m met geen verdere verstelling beskikbaar op die turrets van die Meopta nie?
Re: Meopta Meostar R1 3-12x56 4B of Nightforce SHV 4 - 14 x
Posted: Tue Jul 28, 2015 4:40 pm
by Dries101
Rail reg om op??
Re: Meopta Meostar R1 3-12x56 4B of Nightforce SHV 4 - 14 x
Posted: Tue Jul 28, 2015 6:29 pm
by Riebeeker
Dit is natuurlik n vrek goei vraag, maar ek glo so. Die 20 MOA is mos juis daar om vir jou meer verstelling na die bokant toe te gee. Tot dusver lyk dit of die 20MOA rail maak dat die interne verstelling te min is om op 100m te zero.
Re: Meopta Meostar R1 3-12x56 4B of Nightforce SHV 4 - 14 x
Posted: Tue Jul 28, 2015 6:48 pm
by Dries101
Man die rail se dik kant moet agter en die dun kant voor by die loop sit maw die scope se axis lyn sal afbuig na die loop toe en nie weg nie
Re: Meopta Meostar R1 3-12x56 4B of Nightforce SHV 4 - 14 x
Posted: Tue Jul 28, 2015 8:05 pm
by Riebeeker
Hy is reg op - dankie Dries.
Re: Meopta Meostar R1 3-12x56 4B of Nightforce SHV 4 - 14 x
Posted: Tue Jul 28, 2015 8:18 pm
by Dries101
Eish- het daai meopta n zero stop funksie? Maw jy kan hom set to zero as hy ingeskiet is?
Re: Meopta Meostar R1 3-12x56 4B of Nightforce SHV 4 - 14 x
Posted: Wed Jul 29, 2015 8:25 am
by Riebeeker
Ha Ha, hy het nie 'n zero funksie soos wat Meopta dit beplan het nie, maar dit werk nou soos 'n zero stop as jy die dials terug draai tot dit nie meer wil draai nie dan weet jy jy skiet 10cm te hoog op 100m.
Re: Meopta Meostar R1 3-12x56 4B of Nightforce SHV 4 - 14 x
Posted: Wed Jul 29, 2015 8:36 am
by Dries101
ja dis weird- klink net nie reg nie- nie met n rail reeds op nie- dalk sonder een....
Re: Meopta Meostar R1 3-12x56 4B of Nightforce SHV 4 - 14 x
Posted: Wed Jul 29, 2015 9:54 am
by ruaanb
Ek sien die scope het 50moa interne verstelling. Ek het in dieselfde probleem met die Eliminator 3 gesit want die se interne verstelling is maar 40moa.
Het toe maar n 0 moa rail opgesit.
Re: Meopta Meostar R1 3-12x56 4B of Nightforce SHV 4 - 14 x
Posted: Wed Jul 29, 2015 2:54 pm
by Riebeeker
Om presies te wees is dit 176 clicks of 44 MOA. As iemand nou 'n 16 MOA rail vir my het, het ek sommer 'n zero stop ook>
Re: Meopta Meostar R1 3-12x56 4B of Nightforce SHV 4 - 14 x
Posted: Wed Jul 29, 2015 5:13 pm
by Lamtjop
Riebeeker, kry Burris se signature Z ringe met inserts dan kan jy kies van 5, 10, of 20 moa inserts + of -. Jy kan self links of regs gaan en nie net op en af nie. En hulle pas op n rail.
Re: Meopta Meostar R1 3-12x56 4B of Nightforce SHV 4 - 14 x
Posted: Tue Aug 11, 2015 7:17 pm
by Riebeeker
Het vanaand so bietjie gaan speel met die .223. Hy het nou die Meopta op en mense daai glas se helderheid 18H30 in die Boland is fantasties.