Page 1 of 1
My eerste gestreepde donkie en kringgat
Posted: Wed Jul 08, 2015 10:42 am
by Vlakvark Soldaat
Ek het die naweek van 2-5 Julie bietjie gaan jag. Donderdag oggend vroeg uit Jhb vertrek, so 9:00 op die plaas gestop, uitgepak, ontspan en by 12:00 gaan papier skiet om te verseker dat die gunne nog raak skiet...
So 30min in die veld gestap, en toe bederf die jag gode my met hierdie pragtige zebra hings (en glo my, ek bid al vir die zebra vandat ons die trip geboek het). Ek was ook bevoorreg om die volgende dag my eerste waterbok te skiet. Ek het 2 nuwe spesies op my lys gesit met die naweek se jag.
Vir die zebra het ek my 375 met 300gr hornady interlock gebruik (nooit weer nie), en die waterbok het geval met my 30-Suk6 en 180gr Peregrine Bushmaster.
Zebra het 174kg uitgeslag en die waterbok koei 100.3kg.
Aangesien ek belowe het om nooit weer die plaas te besoek nie, weens verskeie gegronde redes, gaan ek nie die plaas se naam hier noem nie. Maar dit was in Dendron/Vivo omgewing, in die Limpopo provinsie.
Re: My eerste gestreepde donkie en kringgat
Posted: Wed Jul 08, 2015 11:02 am
by J le Roux
Baie Geluk! Jammer dat dit klink of daar 'n paar dinge skeef geloop het.
Vertel wat fout gegaan het met die interlocks.
Re: My eerste gestreepde donkie en kringgat
Posted: Wed Jul 08, 2015 11:09 am
by Vlakvark Soldaat
Dankie. Ja wat, die boer was n baie onaangename persoonlikheid...
Ek het al voorheen Interlock op 30-Suk6 geskiet en was baie happy met die resultate, maar op die 375 met 300gr, was die skade baie erg vir iets wat nie eers been getref het nie. Die lood het ook opgebreek, maar die res van die herwinbare koeël het relatief okay gemushroom. Patroon is glad nie deur nie, let wel, die zebra was onsettend vet en perd fris (no pun intended hahaha).
Re: My eerste gestreepde donkie en kringgat
Posted: Wed Jul 08, 2015 1:00 pm
by Ashley
Mooi geskiet man, geluk.
Vlakvark Soldaat wrote:op die 375 met 300gr, was die skade baie erg vir iets wat nie eers been getref het nie. Die lood het ook opgebreek, maar die res van die herwinbare koeël het relatief okay gemushroom.
Gee jy om as ek vra wat jou vps snelheid met daai punt was?
Ek beplan ook om Interlocks te gebruik volgende maand in 7x57, maar op lig tot medium wild...en stadig. So eks maar greetig om te luister as die ouens van Interlocks praat
Re: My eerste gestreepde donkie en kringgat
Posted: Wed Jul 08, 2015 2:04 pm
by Jean Marais
Ek het ook interlock, 220gr nogal, op my 308 Norma gebruik, 1 keer. Was ook die laaste keer. Ek sweer daai koël bars, al tref dit net water. Vir die prys wat wild deesdae kos is daar beslis beter koeëls beskikbaar. Gebruik hulle.
Re: My eerste gestreepde donkie en kringgat
Posted: Wed Jul 08, 2015 2:12 pm
by Vlakvark Soldaat
Ashley, ek praat onder korreksie maar hy hardloop so net onder die 2500ft/s. Kyk, ek was nooit n aanhanger van lood punte oor die algemeen nie, in enige fabrikaat. Maar lyk my ek gaan oor gaan na peregrine met die 375 sodra my huidiges klaar uitgeskiet is...
Re: My eerste gestreepde donkie en kringgat
Posted: Wed Jul 08, 2015 2:25 pm
by VdWalt
Baie geluk!
Re: My eerste gestreepde donkie en kringgat
Posted: Wed Jul 08, 2015 2:28 pm
by OupaZA

Baie geluk... netjiese perd daai!!
Re: My eerste gestreepde donkie en kringgat
Posted: Wed Jul 08, 2015 2:34 pm
by alecjohnson
Baie mooi!
Hoe het dit met die gekoopte 300 pmp gegaan?
Re: My eerste gestreepde donkie en kringgat
Posted: Wed Jul 08, 2015 6:15 pm
by Mellies
Mooi man!
Ek kort ook nog daai twee.
Met n vleisie...
Re: My eerste gestreepde donkie en kringgat
Posted: Wed Jul 08, 2015 7:48 pm
by Vlakvark Soldaat
Alec, darem met so 4 skote en ons almal se hulp het hy die papierbok mooi getref, en die volgende oggend na n harde gesoek na n rooibok ram, toe skiet hy ook sommer maar n zebra hahaha. Perfekte long skoot, toe soek hul vir meer as n uur...die pmp het die bok doodgemaak met loodvergiftiging.
Re: My eerste gestreepde donkie en kringgat
Posted: Wed Jul 08, 2015 8:03 pm
by Hornet
Jean Marais wrote:Ek het ook interlock, 220gr nogal, op my 308 Norma gebruik, 1 keer. Was ook die laaste keer. Ek sweer daai koël bars, al tref dit net water. Vir die prys wat wild deesdae kos is daar beslis beter koeëls beskikbaar. Gebruik hulle.
Ek skiet al vir jare net Interlocks 150gr met my 30-06. Hys getroud met daai punt en bitter akkuraat. Daarom krap ek nie rond nie. Ek skiet net Kop en Nekskote (nie om ek wintie is, maar skiet nie verder as 150 - 180 meter) en dan is daar geen fout nie, maar stem met die skade wat dit maak. Skootplasing is baie belangrik met die Interlocks. Selfs met die 130 gr Interlocks op .270 is dit NAG as jy been vang. Weens die beskikbaarheid van Hornady het ek oorgeskakel na Peregrine vir die .270, maar 30-06 moet maar wag vir die "Vooraad wat oppad is".
Re: My eerste gestreepde donkie en kringgat
Posted: Sat Jul 18, 2015 4:22 pm
by NicoO
Baie geluk! Mooi perdjie!
Re: My eerste gestreepde donkie en kringgat
Posted: Fri Feb 19, 2016 9:30 am
by honda2
Dis n baie mooi Zebra daai! Geluk!
Re: My eerste gestreepde donkie en kringgat
Posted: Tue Feb 23, 2016 7:38 am
by Ben Remington
Stewige zebra
Re: My eerste gestreepde donkie en kringgat
Posted: Tue Feb 23, 2016 7:44 am
by Vlakvark Soldaat
Ja nee dankie, daai 375 was die regte antibiotika vir daai hings, maar nooit weer interlock op daai kaliber nie. Dalk is ek net volstruis (strooi), penetrasie was uiters swak.
Re: My eerste gestreepde donkie en kringgat
Posted: Tue Mar 01, 2016 4:05 pm
by Dries Skiet
Geluk man, baie mooi Zebra daai. Laai eerder rhino of selfs claw punte, alby is trots RSA.
Re: My eerste gestreepde donkie en kringgat
Posted: Tue Mar 01, 2016 5:30 pm
by Askari
Ek het so jaar of twee gelede 'n springbok net vir die aardigheid geskiet met my "stock standard" 303. Die skoot was so 80m en die 174gr Interlock (ongeveer 2400 ft/s) het soveel skade gemaak dat ek dwarsdeur die bok kon sien. Nooit weer nie!
Re: My eerste gestreepde donkie en kringgat
Posted: Tue Mar 01, 2016 5:37 pm
by dehacked
Askari wrote:Ek het so jaar of twee gelede 'n springbok net vir die aardigheid geskiet met my "stock standard" 303. Die skoot was so 80m en die 174gr Interlock (ongeveer 2400 ft/s) het soveel skade gemaak dat ek dwarsdeur die bok kon sien. Nooit weer nie!
Ek het die selfde laas jaar gedoen...
Re: My eerste gestreepde donkie en kringgat
Posted: Tue Mar 01, 2016 5:45 pm
by Vlakvark Soldaat
Ek beplan so vark ding met my 303 vir die jaar...
Re: My eerste gestreepde donkie en kringgat
Posted: Wed Mar 02, 2016 11:42 am
by FHM
Baie geluk VS, daai streepdonkie hings lyk besonders mooi!
