Page 1 of 1
Nog een van daai wat sal julle doen posts... hahaha!
Posted: Tue Jul 07, 2015 8:30 am
by VdWalt
Ek was nou met myself eerlik en het tot die gevolgtrekking gekom ek sukkel (nie gemaklik nie)
met my Vortex Viper 4-16X50 BDC. Ek weet nie of die kruis te dun is vir my oe
en of of ek net nie die paralaks reg gestel kry nie. (Sit op die 6.5x55)
Ek het al 2 keer met hom gejag en paar keer op die baan geskiet en hy is helder en duidelik
Voel net of ek makliker met die Burris FFII 3-9x40 en Leupold 4-12x50 gemik kry.
Moet ek hom maar smous en iets soos die Zeis Terra 3-9 of 3-12 kry? Ek jag nie op groter
as x7 nie weet nie of ek ooit verder as 300m op 'n baan gaan skiet nie.
Of moet ek deur druk en meer oefen en dan sal ek later sy voordele en waarde meer waardeer
as ek hom heeltemal gewoond geraak het? (Baas geraak het)
Re: Nog een van daai wat sal julle doen posts... hahaha!
Posted: Tue Jul 07, 2015 9:17 am
by Supacow
Ek sal n fixed 6x42 of 8x56 kry

Re: Nog een van daai wat sal julle doen posts... hahaha!
Posted: Tue Jul 07, 2015 9:24 am
by Boesman10
As jy nie vertroue in jou wapen het nie en daar is iets waarmee jy sukkel dan moet jy dit regmaak. Iewers langs die pad gaan jy 'n vinnige skoot moet neem en dan sukkel jy om te sien deur die scope en dan gaan daar fout kom. Maak hom reg sal my advies wees.
Re: Nog een van daai wat sal julle doen posts... hahaha!
Posted: Tue Jul 07, 2015 9:32 am
by martinf
Sit met selfde problem. Dink my oplossing gaan ook wees om iets te kry sonder paralaks.
Gaan ook nie verder as 300m sommer skiet nie.
Re: Nog een van daai wat sal julle doen posts... hahaha!
Posted: Tue Jul 07, 2015 10:08 am
by FCLoretz
VdWalt wrote:Vortex Viper 4-16X50 BDC smou
As jy besluit jy wil die bg smous, kan ons 'n afbetaal plan reel?

Re: Nog een van daai wat sal julle doen posts... hahaha!
Posted: Tue Jul 07, 2015 1:45 pm
by VdWalt
FCLoretz wrote:[quote="VdWalt"Vortex Viper 4-16X50 BDC smou
As jy besluit jy wil die bg smous, kan ons 'n afbetaal plan reel?

[/quote]
Jy met jou plan is eerste in die ry as ek besluit om hom te smous.
Re: Nog een van daai wat sal julle doen posts... hahaha!
Posted: Tue Jul 07, 2015 1:54 pm
by FCLoretz
VdWalt wrote:FCLoretz wrote:VdWalt wrote:Vortex Viper 4-16X50 BDC smou
As jy besluit jy wil die bg smous, kan ons 'n afbetaal plan reel?

Jy met jou plan is eerste in die ry as ek besluit om hom te smous.
Dankie.
Re: Nog een van daai wat sal julle doen posts... hahaha!
Posted: Tue Jul 07, 2015 2:00 pm
by Ben
VdWalt wrote:Ek was nou met myself eerlik en het tot die gevolgtrekking gekom ek sukkel (nie gemaklik nie)
met my Vortex Viper 4-16X50 BDC. Ek weet nie of die kruis te dun is vir my oe
en of of ek net nie die paralaks reg gestel kry nie. (Sit op die 6.5x55)
Ek het al 2 keer met hom gejag en paar keer op die baan geskiet en hy is helder en duidelik
Voel net of ek makliker met die Burris FFII 3-9x40 en Leupold 4-12x50 gemik kry.
Moet ek hom maar smous en iets soos die Zeis Terra 3-9 of 3-12 kry? Ek jag nie op groter
as x7 nie weet nie of ek ooit verder as 300m op 'n baan gaan skiet nie.
Of moet ek deur druk en meer oefen en dan sal ek later sy voordele en waarde meer waardeer
as ek hom heeltemal gewoond geraak het? (Baas geraak het)
Ek het een op my 308 en het al staal op 400meter geskiet met hom. Net n cheek rest op my geweer gesit. Hy werk lekker vir my. In die bos jag ek lekker met 7-9 vergroting!
Re: Nog een van daai wat sal julle doen posts... hahaha!
Posted: Tue Jul 07, 2015 2:06 pm
by Arnold
Mense se oe verskil, kry iets waarmee jy gemaklik is.
Re: Nog een van daai wat sal julle doen posts... hahaha!
Posted: Tue Jul 07, 2015 2:11 pm
by Supacow
Dalk n dom vraag maar het jy die oogstuk gefokus vir jou oog?
Re: Nog een van daai wat sal julle doen posts... hahaha!
Posted: Tue Jul 07, 2015 2:29 pm
by VdWalt
Supacow wrote:Dalk n dom vraag maar het jy die oogstuk gefokus vir jou oog?
Ek het - dalk moet net weer voor begin en oor fokus en kyk of dit dalk dan vir my beter
voel. Alles is dog baie helder, ek sukkel net met die mik - ek kan nie eers presies
sĂȘ wat verkeerd is nie, dis net nie gemaklik nie.
Re: Nog een van daai wat sal julle doen posts... hahaha!
Posted: Tue Jul 07, 2015 5:26 pm
by Mellies
Supacow wrote:Ek sal n fixed 6x42 of 8x56 kry

Die superkoei bedoel eintlik dat jy n Schmidt&Bender moet koop!
Met n vleisie...
Re: Nog een van daai wat sal julle doen posts... hahaha!
Posted: Tue Jul 07, 2015 7:09 pm
by Supacow
Mellies al hoekom ek met schmidts op my roere skiet is oor ek nie met isuzus op my roere kan skiet

Re: Nog een van daai wat sal julle doen posts... hahaha!
Posted: Tue Jul 21, 2015 1:00 pm
by VdWalt
Ek het die naweek alles wat kan draai op daai scope gedraai en lyk my ons gaan dalk nog lekker
kan saam skiet.
Die teiken was egter baie meer helder met die parralaks gestel op 75 yards as op 110 yards
waar ek hom gehad het.
Nou skiet ek hom waar hy vir my helder is, ongeag van wat die afstand op die knoppie wys?
Re: Nog een van daai wat sal julle doen posts... hahaha!
Posted: Tue Jul 21, 2015 1:18 pm
by Koos Barnard
Jy moet altyd onthou dat die parallaksafstande op 'n scope net 'n aanduiding of riglyn is. Daarom dat sommige vervaardigers nie afstande op die dial sit nie. Ek het selfs al met die duurste scopes ondervind dat die helderheid en die parallaksverstelling vir afstand nie altyd ooreenstem nie.
Mooi loop
Re: Nog een van daai wat sal julle doen posts... hahaha!
Posted: Tue Jul 21, 2015 1:21 pm
by cassie_calvinia
koop my Swarovski! alle problem opgelos
Re: Nog een van daai wat sal julle doen posts... hahaha!
Posted: Tue Jul 21, 2015 9:10 pm
by VdWalt
Dankie dan gaan ek hom so skiet, dit is baie makliker as jy die kolletjie kan sien wat jy probeer skiet! Cassie ek wens ek kon daai scope bekostig!
Re: Nog een van daai wat sal julle doen posts... hahaha!
Posted: Wed Jul 22, 2015 5:33 am
by spekieries
Soos ek nou bietjie aanstap in die jare is ek geneig om 100% met die Superkoei saam te stem. Die vaste verstelling is net beter vir my bril oge en hoe minder dinge wat kan verstel en kan verkeerd gaan en wat moet gestel word raak vir my 'n al hoe groter proposisie.
Re: Nog een van daai wat sal julle doen posts... hahaha!
Posted: Wed Jul 22, 2015 7:20 am
by Murray
Supacow wrote:Mellies al hoekom ek met schmidts op my roere skiet is oor ek nie met isuzus op my roere kan skiet

Sou self n ISUZU scope op my gewer wou sit. Dan is al man se probleme verby