Page 1 of 2
Die 6.5x47L se eerste bloed
Posted: Mon Jul 06, 2015 10:33 am
by Hein (Haan)
Re: Die 6.5x47L se eerste bloed
Posted: Mon Jul 06, 2015 10:34 am
by Hein (Haan)
Na die springbok afgeslag is het ons gou iets gaan eet en toe begin met die vleis bewerking.
Daar was n bees, skaap en die springbok wat bewerk moes word so die vleiswerk het ons besig gehou tot na donker.
My vrou was bly ek het nie iets groter geskiet nie.
[image]http://i1358.photobucket.com/albums/q764/Heinkok/Mobile%20Uploads/BAA2E307-D3A2-416D-B9E5-B90257702B6B.jpg[/image]
[image]http://i1358.photobucket.com/albums/q764/Heinkok/Mobile%20Uploads/E0FE4C14-F894-437D-B0E0-9C74D214A448.jpg[/image]
Ons kon darem sondag so bietjie gong ook gesskiet het.
[image]http://i1358.photobucket.com/albums/q764/Heinkok/Mobile%20Uploads/09131D7D-B126-4269-9126-D44693A3185B.jpg[/image]
Sal altyd n voorreg wees om saam die familie te jag en tyd te spandeer.
Re: Die 6.5x47L se eerste bloed
Posted: Mon Jul 06, 2015 10:37 am
by Capt. Yoda
Mooi roer daai Haan en mooi geksiet!
Re: Die 6.5x47L se eerste bloed
Posted: Mon Jul 06, 2015 10:42 am
by Jaco v Zyl
Baie mooi Haan!
Re: Die 6.5x47L se eerste bloed
Posted: Mon Jul 06, 2015 11:00 am
by VdWalt
Mooi man - daai Amax knou die vleis maar af al is die afstand al wyd gewees.
Wat was die impak spoed? 2200fps?
Re: Die 6.5x47L se eerste bloed
Posted: Mon Jul 06, 2015 11:23 am
by Hein (Haan)
Dankie julle, Ja VdWalt die amax mors so bietjie ek dink ek moes +- so 1kg se vleis uit gesny het.
Die impak spoed volgens die AB App is so 2250vps die MV was so 2745vps.
Re: Die 6.5x47L se eerste bloed
Posted: Mon Jul 06, 2015 11:44 am
by Carl
Lekker as 'n nuwe mooi roer sy 1ste bok kry. Ek hou van daai meisiekind se slaap plek. Iemand moet net nie stuk vleis verkeerd gooi nie

Re: Die 6.5x47L se eerste bloed
Posted: Mon Jul 06, 2015 1:07 pm
by Ratel
Mooi roer daai. Ja dit bly darem lekker as die hele gesin saam jag. Goeie herinneringe.
Re: Die 6.5x47L se eerste bloed
Posted: Mon Jul 06, 2015 1:52 pm
by Frikkie Coetzee
Mooi Hein.
Re: Die 6.5x47L se eerste bloed
Posted: Mon Jul 06, 2015 1:55 pm
by Finfan
Baie netjies Haan. Ek wag nog vir myne om kla gebou te word. Waar het jy jou hande op daai Defiance Rebel gekry?
Re: Die 6.5x47L se eerste bloed
Posted: Mon Jul 06, 2015 4:11 pm
by Hein (Haan)
Dankie julle. Finfan ek het die geweer tweedehands gekoop. Terry Harrison het hom gebou ek weet hy voer die aksies in as jy dalk belangstel in een.
Baie nice aksie.
Re: Die 6.5x47L se eerste bloed
Posted: Mon Jul 06, 2015 5:24 pm
by Finfan
Haan wrote:Dankie julle. Finfan ek het die geweer tweedehands gekoop. Terry Harrison het hom gebou ek weet hy voer die aksies in as jy dalk belangstel in een.
Baie nice aksie.
Haan
Dankie vir die terugvoer. Terry is reeds besig met myne, maar op Rem700 aksie. Het ok gewag vir n BAT of Defiance, maar toe voorraad inkom was daar nie waarna ek gesoek het nie en het ek toe voortgegaan op die Rem700 SA.
Ek kan nou nie meer wag dat myne kla kom nie.
Groete
Re: Die 6.5x47L se eerste bloed
Posted: Mon Jul 06, 2015 5:36 pm
by Supacow
Hoe lank nog Finfan? Daai gaan n deftige rookstok wees!
Re: Die 6.5x47L se eerste bloed
Posted: Mon Jul 06, 2015 7:58 pm
by wolfie47
Haan baie mooi man. Jammer ek ken nie die aksie nie, het dit n magasyn? Wat is die lengte van jou loop en watse loop het jy op? Mooi afstand daai!!
Re: Die 6.5x47L se eerste bloed
Posted: Mon Jul 06, 2015 8:02 pm
by Hein (Haan)
Wolfie dit is n enkelskoot aksie maar jy kry hom met n magasyn ook.
Die geweer het n 1:8.5 twist Krieger loop op 22.5"
Hier is n foto van die aksie
//images.tapatalk-cdn.com/15/07/06/b0ee95b679baac9a968cd8d1506f9bae.jpg
Re: Die 6.5x47L se eerste bloed
Posted: Tue Jul 07, 2015 5:43 am
by wolfie47
Lyk mooi die aksie. wat se sneller sit mens op hom?
Re: Die 6.5x47L se eerste bloed
Posted: Tue Jul 07, 2015 7:59 am
by Hein (Haan)
Hy gebruik die Remington 700 tiepe snellers
Re: Die 6.5x47L se eerste bloed
Posted: Tue Jul 07, 2015 9:29 am
by Boesman10
Mooi skoot op daai afstand maar goeiste maar daardie A-Max het skade aangerig op daardie blad.
Re: Die 6.5x47L se eerste bloed
Posted: Tue Jul 07, 2015 2:02 pm
by Arnold
Regtig baie mooi!!!
Re: Die 6.5x47L se eerste bloed
Posted: Mon Jul 20, 2015 8:37 am
by jacja
Mooi skoot. Pragtige geweer!
Re: Die 6.5x47L se eerste bloed
Posted: Mon Jul 20, 2015 9:29 am
by JPS
Mooi geskiet Hein.
Re: Die 6.5x47L se eerste bloed
Posted: Mon Jul 20, 2015 9:41 am
by kaaskrul
Joe maar die Ooms skiet ver.
Re: Die 6.5x47L se eerste bloed
Posted: Mon Jul 20, 2015 11:26 am
by Langeraat
Hein, baie nice geweer en puik skietwerk. Ek wil net vinnig iets anders uitvind. Is daai 'n 3 punt sling wat jy op die geweer het en indien wel, hoe werk hy vir jou? Ek soek na iets wat gemaklik sal dra veral aan hierdie swaarder dikloop tipe gewere.
Re: Die 6.5x47L se eerste bloed
Posted: Mon Jul 20, 2015 11:39 am
by Hein (Haan)
Langeraat dit is n Magpul ms4 sling .Ek hou nogal van die sling, dra nou nie so gemaklik soos n lekker padded sling nie maar die push button QD swivels werk lekker as die sling gou afgehaal moet word om plek te maak vir die agterste sand sakkie.
Die lus (slider) wat die sling in die middel het word ook net getrek en om n verstelling te maak en werk lekker om die geweer stuif teen my rug te trek.
Re: Die 6.5x47L se eerste bloed
Posted: Mon Jul 20, 2015 11:44 am
by Ashley
kaaskrul wrote:Joe maar die Ooms skiet ver.
Ja ek moet ook nog daai afstand leer ken
Mooi geskiet Haan