Spesiale paar dae
Posted: Sun Jul 05, 2015 9:11 pm
Ek deel graag met julle n paar spesiale oomblikke die paar dae wat verby is.
Ek, my pa en my oudste seuntjie het weer die afgelope paar dae , wonderlike tyd op n wonderlike plek by wonderlke mense deur gebring.
Ons het heerlik gekamp, gejag en sommer net lekker tyd saam spandeer.
Ek het n pragtige koedoe geskiet, terwyl oupa vir Jg uit gevat het om n vark te probeer skiet( blykbaar is hy nogals n moeilike klieent) volgens my pa.Wil ma kort kort gesels en weet waar is die varke.
Die dag na ek die koedoe geskiet het, het ek oorgevat by my pa, en ons is vroeg veld toe.Teen tien uur was ons gelukkig en Jg skiet toe n jakkals.
Ons besluit toe om verder te soek vi n vark , dit was ongeveer 12 uur , toe ek my oee ni kon glo, toe n pragtige vark sy verskyning maak nie.Jg was bietjie te opgewonde en ek moes hom mooi vinnig rustig kry, terwyl die vark aanhou loop het.Met n fluit het hy gan stilstaan en Jg kon n mooi skoot skiet.
Pa was natuurlik baie trots.
Ons was baie gelukkig om 3 pragtige diere te kon jag,en as laaste respek aan hulle, sal 2 van hulle n plekkiw in ons huis kry(sorry blourug)
Ek gan probeer fotos opsit
Groete jakoos