Page 1 of 2

Nightforce of Swarovski

Posted: Sat Jul 04, 2015 4:09 pm
by Murray
Jis manne

Ek is nog n groentjie op die forum.

Ek soek asb raad oor watse teleskoop om te koop. Ek het al teveel geld spandeer op goedkoop goed wat kamma goed is en sulke stront. Ek wil die teleskoop gebruik vir lang afstand skiet, maar meer jag. Die turrets moet maklik kan stel en weer terug na zero vir die veldskiet en goed.

Ek wil weet wat die beste opsie is tussen die volgende of iets dalk heel anders.
NF 5.5-22x50 zero stop
NF nxs 5.5-22x56 zero stop

Z5 6-25x52 Ballistic turrets

Ek het die Zeiss HD 5 ook oorweeg, maar het teveel negatiewe dinge oor hulle gehoor.

Dankie by voorbaat

Murray

Re: Nightforce of Swarovski

Posted: Sat Jul 04, 2015 4:40 pm
by JuanPaul
Swarovski punt. Ek het ook nightforces sowel as swarovskis in teendeel dis al scopes wat ek het op my gewere.Die Z5 6-18×44 BT is ook 'n baie lekker scope vir jag.

Nightforce of Swarovski

Posted: Sat Jul 04, 2015 4:45 pm
by Dries101
Ek het ook Swaro en nightforce en as jy gaan dial koop n nightforce. Daar is BAIE meer aan n moderne teleskoop as net die kwaliteit van die glas

Re: Nightforce of Swarovski

Posted: Sat Jul 04, 2015 5:01 pm
by Jaco v Zyl
Ek sal voorstel om te probeer met al 2 te gaan skiet.Dis 2 verskiilende tipe teleskope, waar die een miskien op een aspek beter is, is die ander een weer op n ander plek beter.Daar is wel een aspek waar hul dieselfde is , en dit is dis baie goeie teleskope.
Langafstand -meer nf
Jag- meer swaro
Maak ni saak water een jy vat ni, ek glo jy sal gelukkig wees.

Re: Nightforce of Swarovski

Posted: Sat Jul 04, 2015 5:44 pm
by JPS
Vir lang afstand gaan die Swarofski, uit verstelling uit hardloop....

Re: Nightforce of Swarovski

Posted: Sat Jul 04, 2015 6:05 pm
by Gawie(13mm)
As jy genoeg geld het koop jy albei. ;D

Indien jy 'n beperking op afstand gaan sit en gaan jag tot op sê, 300m sal ek die Swaro, met sy beter glas kies.

Indien jy verder as dit wil papier skiet, sê tot 1000m of selfs verder is die NF met die zero stop net die ding vir Sannie >:D Dit bied jou ten minste 60 MOA elevasie verstelling vanaf 'n 100m ZERO. Die "zero stop" funksie is ononderhandelbaar.

Doen jouself 'n guns en kry sommer van dag een 'n 20MOA eenstuk montering. NF of Warne s'n is albei wenners.

Re: Nightforce of Swarovski

Posted: Sat Jul 04, 2015 6:07 pm
by Gawie(13mm)
Op watter roer wil jy hom monteer?

Re: Nightforce of Swarovski

Posted: Sat Jul 04, 2015 6:45 pm
by Murray
Jis manne
Nou is ek meer onseker as n paar uur terug. Al die komentaar maak baie sin. Ek wil die scope op n sako 22-250 sit. Sukkel nog met n lading en is al besig om die skuld vir die scope te gee ( weaver 10-30 x50 of so iets)dis waarom ek die scope wil kry.
Hou aan met die komentaar, lyk my zeiss is nie n opsie nie.

Re: Nightforce of Swarovski

Posted: Sat Jul 04, 2015 8:00 pm
by Gawie(13mm)
Murray.
Met apologie aan die dames op die forum; teleskope is nie skoene nie en smaak verskil, maar as jy tussen twee van die beste teleskope kies, moet jy nie jouself met 'n minderwaardige opsie probeer paai nie. ;D

Ek sê nie die Zeiss is minderwaardig nie en op 'n 22-250 sal enige van die drie werk. Op die ou einde is jou begroting die bepalende faktor.

Re: Nightforce of Swarovski

Posted: Sat Jul 04, 2015 8:57 pm
by Geno
Murray.
Kry iets wat goeie glas, verstelling en ruggedness het. March... ;)

Re: Nightforce of Swarovski

Posted: Sat Jul 04, 2015 9:19 pm
by Gawie(13mm)
Geno wrote:Murray.
Kry iets wat goeie glas, verstelling en ruggedness het. March... ;)
Die opskrif sê tog duidelik Nightforce of Swaroski.

Moet jy nou die man heel van koers af kom stuur? ;D

Re: Nightforce of Swarovski

Posted: Sat Jul 04, 2015 9:23 pm
by Geno
Die opskrif ja, maar nie die inhoud nie.
Snuif jy weer houtgom, Gawie?
Murray wrote:
Ek wil weet wat die beste opsie is tussen die volgende of iets dalk heel anders.
NF 5.5-22x50 zero stop
NF nxs 5.5-22x56 zero stop

Z5 6-25x52 Ballistic turrets

Re: Nightforce of Swarovski

Posted: Sat Jul 04, 2015 9:30 pm
by Gawie(13mm)
Man ek is net bang een van my vriende stel 'n Hawke of een van daai ander Foojongtoeng goed voor en voor ons, ons oë uitvee probeer iemand hom oortuig dat 'n 303 met 30 gr koeëls platter skiet as jou Dasher. >:D

Is die jakkalse almal dood daar by jou of is jy op hok?

Re: Nightforce of Swarovski

Posted: Sat Jul 04, 2015 9:35 pm
by Geno
Nee ek karring nog met hulle.
Is taai, hier is baie vog in die lug wat sigbaarheid so bietjie belemmer.

Re: Nightforce of Swarovski

Posted: Sat Jul 04, 2015 9:36 pm
by Gawie(13mm)
Murray wrote:
Ek soek asb raad oor watse teleskoop om te koop. Ek het al teveel geld spandeer op goedkoop goed wat kamma goed is en sulke stront. Ek wil die teleskoop gebruik vir lang afstand skiet, maar meer jag.

Murray
Geno, jy stuur mos nie daai glase hier na ons in die Kaap om te toets nie so vir ons val dit nog onder die rooi gedeelte.

Murray, grappies op 'n stokkie. Daai glase van Geno en Gé is werklik in 'n ander klas. Swarofski glas met NF verstellings en gebou soos 'n tenk.

Re: Nightforce of Swarovski

Posted: Sat Jul 04, 2015 11:23 pm
by Heinz Petersen
Murray, ek wou nou nog iets gesê het oor die Hawke 6-24x56 op my 22-250 waarmee ek gemaklik kan sien op 500m.(toe maak Gawie my battery nat) Ek het net nie die nut gesien om n duur scope op my jakkals geweer te sit nie en dan weet ek ook nie hoeveel verder as 500m jy met n 22-250 wil skiet nie. Op 500m het die V Max 55gr nie eers die verf op 500m op die staal plaat afgehaal nie. Ek moet bysê dat ek seker gemaak het die taai kant van die verf is op die plaat.
As jy dan n goeie scope wil opsit, gaan dan vir die NF.

Re: Nightforce of Swarovski

Posted: Sun Jul 05, 2015 8:46 am
by Mellies
JuanPaul wrote:Swarovski punt. Ek het ook nightforces sowel as swarovskis in teendeel dis al scopes wat ek het op my gewere.Die Z5 6-18×44 BT is ook 'n baie lekker scope vir jag.
+1

Met n vleisie...

Re: Nightforce of Swarovski

Posted: Sun Jul 05, 2015 8:51 am
by Capt. Yoda

Re: Nightforce of Swarovski

Posted: Sun Jul 05, 2015 9:05 am
by Murray
Jis

Gawie, ek het noggals na die hawkes gekyk, maar toe ek sien die airgun manne bemark hulle toe bly ek maar weg.
Heinz, bly daai hawke werk vir jou, ek gaan nie weer n kans vat met n goedkoop scope nie. Jy is reg, mens gaan nie verder as 500m met n 22-250 die verf van n plaat kan af skiet nie, wat nog van om hom om te skiet, dalk as die wind van agter is.
Daar is ook n 30-06 wat geackley is in die pyplyn waarop ek die scope dalk wil sit as ek hom reg gekry het.
Ek wil so ver gaan om n scope met n bakkie te vergelyk. Vat nou maar n cruiser en n Mahindra. Altwee sal die job gedoen kry, maar die een gaan dit net baie beter en makliker regkry en langer hou en meer punch kan vat.

Goeie glas en akurate stel? Watter scope?

Rustige dag

Re: Nightforce of Swarovski

Posted: Sun Jul 05, 2015 9:11 am
by Murray

Daai is n perd in n ander klas. My broeksak is bietjie te kort vir haar. Dalk eendag as ek groot is en my oë baie sleg, dan sal ek so een nader bring. Ons jakkalse is darem nog nie so skelm dat ons hulle so ver hoef dood te skiet nie, ons roep hulle nog so bietjie nader.

Re: Nightforce of Swarovski

Posted: Sun Jul 05, 2015 10:05 am
by alecjohnson
Ek het nie die fondse om sulke teleskope te koop nie. Ek het altyd maar die goedkoperes gekoop. Ek het wel myself bederf met 'n Vortex viper 6.5-20x44 en ek is baie beïndruk met die teleskoop. ek sal eendag graag 'n NF teleskoop wil kry vir my 243 maar dit sal seker eers gebeur as ek eendag groot is:)

Re: Nightforce of Swarovski

Posted: Sun Jul 05, 2015 10:05 am
by Capt. Yoda
Murray wrote:

Daai is n perd in n ander klas. My broeksak is bietjie te kort vir haar. Dalk eendag as ek groot is en my oë baie sleg, dan sal ek so een nader bring. Ons jakkalse is darem nog nie so skelm dat ons hulle so ver hoef dood te skiet nie, ons roep hulle nog so bietjie nader.
Ek dink nie hy is baie meer as die Swaro nie. Die "hunting" model is nog goedkoper as die Tactical een maar as jy praat van Jakke jag sou ek eder na die Swaro en die March of duurder Zeisse en Leicas kyk vir nag jag.

Re: Nightforce of Swarovski

Posted: Sun Jul 05, 2015 10:12 am
by Murray
Capt. Oblivious wrote:
Murray wrote:

Sien nou dit is Aus dollar. As ek my spaarvarkie se kop af kap sal ek so een kan bekostig. Wie stock hulle in SA waar kan n man pryse kan kry in Rand?

Re: Nightforce of Swarovski

Posted: Sun Jul 05, 2015 10:14 am
by Capt. Yoda
Geno is die March agent hier in SA. Hoor by hom wat kos die goed

Re: Nightforce of Swarovski

Posted: Sun Jul 05, 2015 2:41 pm
by cassie_calvinia
Ek het net nie die nut gesien om n duur scope op my jakkals geweer te sit nie
ai tog, help my gepreek niks nie??? als val op dowe ore...

op 22-250 sal ek swarofski sit.
met die BRX, of A4-300 kruis se afmik merke kan hy anyway amper so ver skiet soos wat 22-250 kan.
tensy jy stywe twist het, en 60gr skiet.