Page 1 of 1

Mirage

Posted: Fri Jul 03, 2015 3:47 pm
by Smitstertjies
Kan die lang afstand ouens asb bietjie kom verduidelik hier. Ek en n vriend het vanmiddag bietjie sy 338 lapua op 500 meter geskiet.

Ons het eers begin op 300 meter en gezero. Daarna het ons op 400 meter gezero. Dit was 11 klieks op sy Schmidt & Bender milrad scope. Daarna het ons op 500 meter gezero. Ons moes nog 9 klieks opgestel vir die 500 zero.

Daar was geen wind nie maar die mirage was erg gewees. Nou volgens ons invoer van data op Isnipe was die 11 klieks opstel van 300 na 400 reg, maar volgens I snipe moes ons 12 klieks opstel na 500, waar slegs 9 genoeg was. Dit maak ook nie sin dat die koeel meer val tussen 300 en 400 as tussen 400 en 500m nie. Waarom net die 9 klieks?

Ons het na ons gezero het ook gonge op die 3 afstande geskiet sonder om te mis. 300 meter stel op 11 klieks 400 meter stel op 9 klieks 500 meter.

Kan die erge mirage op 500 meter dit beinvloed het?

Re: Mirage

Posted: Fri Jul 03, 2015 4:00 pm
by Gawie(13mm)
As daai mirage "ge boil" het, dws reguit opwaarts getrek het of selfs net skuins na bo, is dit moontlik. Dit is 'n verplasing van omtrent 120mm.

Re: Mirage

Posted: Fri Jul 03, 2015 4:12 pm
by Smitstertjies
Gawie, ek het so iets vermoed. Maar hoe onderskei jy tussen n mirage wat "boil" of links of regs skuif, en hoe weet jy hoeveel hy skuif? Kom dit maar met ondervinding?

Re: Mirage

Posted: Fri Jul 03, 2015 4:43 pm
by Arnold
Op watse vergroting het julle geskiet?

Re: Mirage

Posted: Fri Jul 03, 2015 5:12 pm
by Smitstertjies
Arnold wrote:Op watse vergroting het julle geskiet?
25

Re: Mirage

Posted: Fri Jul 03, 2015 9:05 pm
by Arnold
Wat ek ondervind het is dat die mirage se effek vergroot word met vergroting.

Ek het al op 300m 8" geskuif agv mirage so 200mm op 500m is heeltemal moontlik vir mirage om verantwoordelik te wees vir die skuif.

Re: Mirage

Posted: Fri Jul 03, 2015 9:12 pm
by Sangoma (IAN)
Warm ladings?

Re: Mirage

Posted: Thu Jul 09, 2015 8:58 am
by Piet Breedt
Dit is verseker die mirage gewees. Mirage verplaas die beeld van die teiken in n rigting, en nou mik jy waar jy die beeld sien, en nie waar hy regtig staan nie. Gawie is reg, as die mirage opwaarts kook, verplaas hy die beeld opwaarts, en nou mik jy daar, en daarom lyk dit vir jou of jy minder clicks moet verstel. Enige mirage wat opwaarts kook, moet jy liefs vermy, en wag dat hy na n kant toe trek. Mens skiet nooit in n "boil" tensy jy nie anders kan. n Boil sal jou altyd hoog laat skiet, maar mens weet nooit hoeveel hoog nie, en daarom moet jy dit probeer vermy.

Soos Arnold noem, moet jy altyd jou vergroting afstel, na so 10 - 12 x vergroting as jy in mirage skiet. Dit verklein die fout en laat jou nader aan die regte beeld mik, en skiet. As na n gong kyk met jou scope op n groot vergroting, sal jy sien hy lyk glad nie rond nie. Dit lyk soos n kol met n dowwe rand om hom, en maak dat hy groter lyk as sonder mirage, en hy spring baie rond. Draai nou af na n kleiner vergroting, en jy sl sien hy lyk meer rond, waar spring nog rond, maar baie minder.

Net n tip. AS daar n wind reg van voor, of reg van agter waai, en daar is mirage, gaan hy die teenoorgestelde uitwerking op jou trefpunt he, en gaan jy laag skiet. Met so n wind, lyk dit altyd of die mirage kook, omdat hy reguit in jou sig in waai, of reguit weg. Maar wees vereker, jou beeld gaan laer projekteer, en jou laag laat skiet.

Mirage reg lees vat baie jare se ondervinding. Maar as jy dit reg kan lees, gee dit jou n voorsprong op jou teenstaanders, maar sal nogsteeds jou punte negatief beinvloed.

Re: Mirage

Posted: Thu Jul 09, 2015 9:25 am
by Francoisv
Goeie skrywe Piet en Ludwig.
ImageUploadedByTapatalk1436426606.687844.jpg
ImageUploadedByTapatalk1436426648.823656.jpg
ImageUploadedByTapatalk1436426662.358884.jpg
En 'n lesenswaardige artikel.
http://southtexasshooting.org/multimedi ... irage.html

Re: Mirage

Posted: Thu Jul 09, 2015 10:35 am
by Smitstertjies
Baie dankie vir julle insette manne :)

Re: Mirage

Posted: Thu Jul 09, 2015 2:43 pm
by Doppies
Leer ek al weer iets dankie manne

Re: Mirage

Posted: Thu Jul 09, 2015 2:55 pm
by Riebeeker
Heng maar julle "boil" met die inligting - dankie manne.

Re: Mirage

Posted: Thu Jul 09, 2015 3:06 pm
by Jaco v Zyl
Het jul alopgelet as jy mirage dophou deur jou teleskoop, en dit beweeg kom ons se van links na regs, en jy draai jou paralaksverstelling na unfinity toe,tot op amper sy maksimum verstelling, dan draai due telskoop die mirage om ?
Het iemamd dit al opgelet?
Ek eers gedog dis ma wind wat hier naby en da ver in verskillende rigtings waai,maar dit gebeur elke keer as ek dit doen.
As jy begin ver skiet en jy begin jou parralaks na infinity toe draai kan dit jou mos lelik laat kleitrap?

Re: Mirage

Posted: Thu Jul 09, 2015 3:10 pm
by JohanvanZyl
Manne!

Baie insiggewend. My vraag dan nou: Op watter afstande sal die mirage i noemenswaardige verskil maak? En op hoe groot vergroting? Ek het i 6.5-20 en as ek my geweer op 200 wil zero, kan ek op 20 vergroting skiet of eerder i laer vergroting?

Re: Mirage

Posted: Thu Jul 09, 2015 3:16 pm
by Capt. Yoda
http://i1239.photobucket.com/albums/ff511/siebertn/Mobile%20Uploads/20150709_111850_zps50zp4mnr.jpg

Die het ek vanogend geskiet.Eerste 3 skote het die mirage so lig van 9 na 3 toe geloop en toe ewi skielik borel hy op 4 en 5 bo van onder na bo.Die was op 300m, op.500m het dit so erg geraak dat my gong duime op en af beweeg het.

Re: Mirage

Posted: Fri Jul 10, 2015 1:29 pm
by Smirre
Ludwieg
Jy seg as die mirage beweeg hoef jy nie te kompenseer nie..

Is dit nou LNR en RNL
Skuif die teiken nie ook kant toe nie?

Smirre

Re: Mirage

Posted: Fri Jul 10, 2015 1:46 pm
by Smirre
Ludwig (sonder die e die keer)

Dankie dit maak sin
Jy verstel vir die wind wat in effek die mirage is

SMirre

Die deel met 8 is n wonderlike hulpmiddel

Re: Mirage

Posted: Mon Aug 21, 2017 12:33 pm
by OJM
Hallo Manne

Kan ek die interressante draad na twee jaar heropen met 'n vraag.
Gestel jy kyk op hoƫ vergroting na 'n teiken en vind dat die mirage wild aan die borrel is en besluit om jou vergroting af te stel totdat jy die teiken stiller en meer aanvaarbaar vind voor jy skiet.
Gaan die effek van die mirage steeds dieselfde wees al sien jy die teiken nou beter of neem jy deur dit te doen van die mirage se verskuiwings effek ook weg?
Hoop dit maak sin.

OJM