Page 1 of 1
MAAAAAEEER VARK!
Posted: Sun May 15, 2011 9:01 am
by molopohunter
Hier is 1 van die varke wat ek moet uithaal met die boog, dis wel geen rekord nie maar die tande was L-11duim en R-12duim.
Die omgewing hier is baie kliperrig, maar die arme ding was op sy laaste.
[img width=560 height=420]
http://i1184.photobucket.com/albums/z32 ... 6_2199.jpg[/img]
En hierdie was sy laaste wens...
[img width=560 height=420]
http://i1184.photobucket.com/albums/z32 ... 6_2200.jpg[/img]
Re: MAAAAAEEER VARK!
Posted: Sun May 15, 2011 9:59 am
by Wouter Roets
Peet
Waar in die wereld is jy nou? Het jy die plaas gelos?
Groetnis
Wout
Re: MAAAAAEEER VARK!
Posted: Sun May 15, 2011 3:01 pm
by molopohunter
Dagse Wout,
Ek is nou naby hoedspruit gelee, in greater makalali private game reserve. Nee, ek boer nogsteeds. Dis net meer deeltyds nou. Ek gaan juis weer volgende week so 10 dae in daai omgewing wees. Ek wil op die groot 5 kom, en laeveld is maar my beste kans. Ek kan darem my lisensie vir gevaarlike wild hier klaar maak. Ek doen so iets van als hier, van wild ritte, spoorsny, gaste onthaal, help met bewarings aspekte en is die reservaat se jag verteenwoordiger. Ek kry ook nogal gereeld kans om te skiet nogsteeds, van ape, bobbejane, blouwidebeeste, rooibokke en enige ding wat beseer is word vir die leeus gevoer.
Ons moet nou ophou praat en maar vir Richard Louw nooi vir n dop op die plaas.
Groete vir almal daar.
Peet
Re: MAAAAAEEER VARK!
Posted: Sun May 15, 2011 6:41 pm
by Wouter Roets
Peet
Ons het n deal! Sterkte daar en geniet dit.
Groetnis
Wout
Re: MAAAAAEEER VARK!
Posted: Sun May 15, 2011 6:46 pm
by James Wilson
is dir maar ouderdom wat hom so laat lyk?
Re: MAAAAAEEER VARK!
Posted: Tue May 17, 2011 7:34 am
by Shindzela (Pierre)
Peet
Is jy by Makalali self of Garonga? Het ook daar gewerk (Garonga) stuur asb groete vir Jaffeth en CJ van Shindzanzelat af.
EK was baie lief vir daai reservaat en hat baie goeie herhinderinge!
Re: MAAAAAEEER VARK!
Posted: Wed May 18, 2011 10:02 am
by molopohunter
Dis reg Wout,
Jagbehep, dit lyk of hy vroeer jare n vegter ook was. Sy 1 bout het al gevrot van n gat, en sy 1 oor was uit. So seker n kombinasie van die 2 het hom laat swyk.
Shindzele: Ja, makalali self. Is by rangers dept, maar help vir Ross graag waar ek kan. Waneer was jy hier. Sal bietjie vir die manne se.