Page 1 of 1
Nuwe aansluiting van Namibia.
Posted: Tue Jun 30, 2015 10:53 am
by Trompiestoutgat
Goeie maniere is maar skaars deesdae,en amper vergeet ek nog die bietjie wat ek het ook.
Man moet seker so n bietjie oor hom self se voor hy jag plek soek ne?
Wel ek is Trompie, bly in Windhoek,Namibia en skiet graag winter tyd n paar bokke en in somer tyd n paar ander goed.
My kettie is n Remington 30 nul Kwes "wat nooit kwes nie" hy skiet 165gr klippies in Remington formaat en sy mik is n Leupold 3x9x50.
Mooi loop
Re: Nuwe aansluiting van Namibia.
Posted: Tue Jun 30, 2015 12:08 pm
by Boesman10
Welkom op die forum Trompie. Great wereld waar jy in woon.
Re: Nuwe aansluiting van Namibia.
Posted: Tue Jun 30, 2015 12:25 pm
by Trompiestoutgat
Dankie Boesman, ja die stuk wereld het n bekooring van sy eie.
net jammer die manne vertel nie genoeg oor jag geleenthede in hierdie geweste nie, sou dit laaik aangesien die winter amper
verby is en ek nog nie eers een bok laatval het nie.
Re: Nuwe aansluiting van Namibia.
Posted: Tue Jun 30, 2015 12:32 pm
by Witpietskiet
Welkom welkom,
Kan mos darem nou ook nie in die winter wil wakker word en begin jagplek soek nie
Hoop jy kan darem iets leer hier op die forum.
Mooi loop mater.
Re: Nuwe aansluiting van Namibia.
Posted: Tue Jun 30, 2015 12:46 pm
by 243Songdaug
Netjiese bekendstelling Trompie. Welkom op Jaracal. Ek is seker jy gaan dit geniet.
Re: Nuwe aansluiting van Namibia.
Posted: Tue Jun 30, 2015 1:03 pm
by Trompiestoutgat
Thanks 243Songdaug ek glo ek sal dit kwaai geniet hier.
Ja Witpietskiet, ek weet jong, het jagplek gehad maar dit het duer die mat geval,daar het n klomp onkostes by gekom wat nooit vooraf van tersprake was nie.
nou soek ek maar ander plek,biltong kas kan mos nie so leeg staan nie.
Sien jy is ook in Windhoek, as jy van iets hoor laat weet tog asb.
mooi dag
Re: Nuwe aansluiting van Namibia.
Posted: Tue Jun 30, 2015 4:09 pm
by Jay Jay
Welkom Trompie.
Re: Nuwe aansluiting van Namibia.
Posted: Tue Jun 30, 2015 4:18 pm
by Chevvy SS
Welkom, jou naam is reg!
Re: Nuwe aansluiting van Namibia.
Posted: Tue Jun 30, 2015 4:21 pm
by Parker
Welkom Trompie! Lekker om iemand welkom te heet daar uit my geboorteland. Bo in Otjiwarongo gebore maar groot geword in die suide. Keetmans se wereld.
"Hart wie kameldornholz ist unser land und trocken sind seine revieren. Die klippen, sie sind von der sonne verbrandt". Ai man nou trek my hart n punt na MY land van herkoms.
Re: Nuwe aansluiting van Namibia.
Posted: Tue Jun 30, 2015 7:33 pm
by dehacked
Welkom mater.
Re: Nuwe aansluiting van Namibia.
Posted: Wed Jul 01, 2015 10:18 am
by Trompiestoutgat
Jis dankie manne julle laat n man somer heel tuis voel.
Stoot lood,nou hoe is dit dan dat jy in SA op geeindig het jong?
Re: Nuwe aansluiting van Namibia.
Posted: Wed Jul 01, 2015 2:40 pm
by jamalley
Welkom Trompiestoutgat, ek aanvaar jy gaan sommer lekker inpas.
Re: Nuwe aansluiting van Namibia.
Posted: Wed Jul 01, 2015 3:55 pm
by Parker
Trompiestoutgat wrote:Jis dankie manne julle laat n man somer heel tuis voel.
Stoot lood,nou hoe is dit dan dat jy in SA op geeindig het jong?
Daar is n lang storie en n kort storie. Die kort storie..............my pa het vir die Spoorweg gewerk.