Page 1 of 1

Boog weer instel

Posted: Sat May 14, 2011 9:11 am
by molopohunter
Dagse manne,

Ek het so paar weke terug n pos in die laeveld ingeneem as "ranger en PH".
Ek het ook toe eerste ding die boog hier getoets, soos jy maar seker met enige wapen moet doen as jy hom vervoer.
Dis asof die boog ligter trek, ek moes hom hoer stel en hy het het self bietjie regs geskiet.
Kon dit die vervoer wees of is die klimaat 1 van die faktore?

Ek gebruik die boog gereeld vir beseerde wild wat ons vir die leeus in die boma voer tot hulle moet verkoop word, so ek moet die storie gou uitsort.
Meeste skote hou ek tans op 20 tot 30 yrds, omdat ek nie meer so baie vertroue in die boog het nie.
Die boog is n diamond rock2.0, 27 duim, 66lbs. Pyle is easton 455 grein met 125 grein montec g5's. (totaal is 455grein)

Dankie manne, en groete.
Peet

Re: Boog weer instel

Posted: Sat May 14, 2011 9:34 pm
by jaracal
Peet ek weet Gerhard het probleme vandat ek die forum terug gesit het na default om op te kom en te reply. Hoop om jou vinnig te help.
Heinrich

Re: Boog weer instel

Posted: Sat May 14, 2011 10:01 pm
by Gerhard
molopohunter wrote: Dagse manne,

Ek het so paar weke terug n pos in die laeveld ingeneem as "ranger en PH".
Ek het ook toe eerste ding die boog hier getoets, soos jy maar seker met enige wapen moet doen as jy hom vervoer.
Dis asof die boog ligter trek, ek moes hom hoer stel en hy het het self bietjie regs geskiet.
Kon dit die vervoer wees of is die klimaat 1 van die faktore?

Ek gebruik die boog gereeld vir beseerde wild wat ons vir die leeus in die boma voer tot hulle moet verkoop word, so ek moet die storie gou uitsort.
Meeste skote hou ek tans op 20 tot 30 yrds, omdat ek nie meer so baie vertroue in die boog het nie.
Die boog is n diamond rock2.0, 27 duim, 66lbs. Pyle is easton 455 grein met 125 grein montec g5's. (totaal is 455grein)

Dankie manne, en groete.
Peet
Die enigste manier om te bepaal of jou ponde ligter is is om hom op n skaal te span en te sien wat trek jy.

Waneer laas het jy die boog gepaper tune?

Dit is die begin van tuning om te bepaal of die pyl reg gelanseer word. Daarna walk back en broad head tuning.

Jou trek lengte is bietjie kort so jy wil maksimum performance uit jou boog haal...

Jy sal die boog moet vas draai op 70#

Jou pyl gewig is reg vir ons gewone wild maak maar net seker van skoot plasing.

Laat weet as ek kan kom help uit dun... he he he

Re: Boog weer instel

Posted: Sun May 15, 2011 8:31 am
by molopohunter
Dankie,
Ja, my trek lengte is bietjie kort, maar ek het n mathews wat op 28 is, en wil die diamond ook 1 duim langer stel. Gaan verseker die ponde max stel, want hy is veronderstel om 65 te trek, maar dit voel net ligter vandat ek hier aangekom het. (dalk net meer suurstof)
Hehe, ek het al n storie of 2 om te vertel as ons die leeus gaan voer. Ek het nou onlangs eers so baie met groot 5 begin werk, en dit klink snaak as die veldwagter se: "as die leeu storm, hou net die hek tussen julle tot ek kan reverse".
Die uitdinning is maar beseerdes, en om daai 3 leeus in n boma te voer.
Inelkgeval, ek is glad nie toegerus om my boog hier reg te stel met skale ens nie, en die uitdunning ding is waar ek n voorstel gemaak het en nou werk ek baie met die boog, so kan nie kla oor die ondervinding wat ek optel nie. Ek vat volgende week my boog in om alles oor te stel, want die ding is net nie 100%op die oomblik nie. Party se hulle het ook al dit ondervind met kwaai klimaat veranderings, en ander manne se weer dit kan nie wees nie.

Dalk sal dit n goeie voting topic wees om te hoor wat se die manne.

Re: Boog weer instel

Posted: Sun May 15, 2011 8:35 am
by Gerhard
Ek het vir n ruk in Durban gewerk.

As ek van Pta af ry Durban toe en dan daar skiet het niks verander nie.

Hoe vervoer jy jou boog.

In n boog sak of kas?

As jy halwe kaans kry om n Destroyer 350 te kan koop sal n nuwe wereld vir jou oop gaan...  ;)

Re: Boog weer instel

Posted: Sun May 15, 2011 9:03 am
by molopohunter
Sover maar in n sak, maar laat niks bo-op le nie.

Ek wil kyk na n nuwe boog, en wil die bowtec invasion bietjie toets...