Page 1 of 1

Re: Sightron SVSS vs S&B PMII vs March Tactical

Posted: Mon Jun 29, 2015 2:29 pm
by Hein22
Nicholas Yale het van hulle ingekry. Hulle retail vir so R34k :):

Re: Sightron SVSS vs S&B PMII vs March Tactical

Posted: Mon Jun 29, 2015 2:38 pm
by Capt. Yoda
EK het gisteraand bq oor die nuwe Sightron gelees en hy lyk baie goed maar ek dink ek sal dalk makliker 30k vir n March betaal as vir n Sightron
Time will tell maar ek dink hulle gaan baie van die scopes verkoop

Re: Sightron SVSS vs S&B PMII vs March Tactical

Posted: Mon Jun 29, 2015 2:39 pm
by douw
Sal beslis so enetjie op my geweer wil sit!

Laat weet as iemand belangstel, kan hul beskikbaar stel teen R30 000

Re: Sightron SVSS vs S&B PMII vs March Tactical

Posted: Mon Jun 29, 2015 3:02 pm
by G-force
Dankie vir die link Ludwig.Net jammer die man kannie eers March se scope model nommer reg kry nie.Daar bestaan nie n 5-55x56 scope nie.

Re: Sightron SVSS vs S&B PMII vs March Tactical

Posted: Mon Jun 29, 2015 3:21 pm
by Sangoma (IAN)
Wat kos die die scopes?

Sightron R30k
March ?
S&B ?

Re: Sightron SVSS vs S&B PMII vs March Tactical

Posted: Mon Jun 29, 2015 3:24 pm
by Geno
March 5-50x56 -> R42,500.00 - R48,300.00 afhangend van reticle/illumination

Re: Sightron SVSS vs S&B PMII vs March Tactical

Posted: Mon Jun 29, 2015 3:31 pm
by Eugene
Ek dink die S&B retail in USA vir tussen $4000 en $4500, maar is nie doodseker nie....

Re: Sightron SVSS vs S&B PMII vs March Tactical

Posted: Mon Jun 29, 2015 3:35 pm
by Eugene
Ludwig wrote:Die spesifieke S&B model retail vir so rondom $3500. So $1000 meer as die Sightron. So ek reken jy kyk na so R45k

http://www.eurooptic.com/schmidt-bender ... scope.aspx
Jy is reg, ek dink aan die PM2...

Re: Sightron SVSS vs S&B PMII vs March Tactical

Posted: Mon Jun 29, 2015 3:42 pm
by Sangoma (IAN)
R30k vs R45k(avg)
Dit is n helse verskil in prys!
Sal ek persoonlik enige een van die drie koop?
NEE, dankie

Re: Sightron SVSS vs S&B PMII vs March Tactical

Posted: Mon Jun 29, 2015 3:50 pm
by Jaco v Zyl
Ek sou graaf wou weet wat is jou redes vir die duidelike NEE Ian?
Ek sou somme een van elk wou he en dan somme my eie vergelyking wou tref(al kan ek hul ni bekostig nie)

Re: Sightron SVSS vs S&B PMII vs March Tactical

Posted: Mon Jun 29, 2015 5:09 pm
by Capt. Yoda
Die probleem met n sightron wat R34 000 kos is hy sal ongelooflik goed moet wees want vir die helfde kan jy die S111 10-50 koop wat n baie goeie scope is en vir 9k meer kan jy n March koop en dan as jy nie fclas skiet en so groot scope kan/wil gebruik nie is daar ook die nuwe razor en march 2.5-25 vir minder

Re: Sightron SVSS vs S&B PMII vs March Tactical

Posted: Mon Jun 29, 2015 8:59 pm
by Sangoma (IAN)
Daai 3 scopes is gebou vir n baie spesifieke doel. En dis uitsluitlik vir teiken of BR kompetiesies.
Vir daai tipe geld koop ek persoonlik n meer 'universal' tipe scope wat vir jag en komps gebruik kan word. Iets soos die S&B PM2 5-25X56 in ffp of dalk die 5-40 March ook in ffp.
Op hierdie stadium kan ek mar net droom....Eendag as my skip in kom...

Re: Sightron SVSS vs S&B PMII vs March Tactical

Posted: Wed Jul 01, 2015 6:58 pm
by Marc
Naandse manne

Ek is in n baie baie bevooregte posisie om een van slegs vyf (wat beskikbaar was) in MOA, in my huis te mag hê.

Ons het hom so vinnig teen n March 5-50 en my ATACR vergelyk in die dorp op n redleik bewolkte dag. Eeste indrukke is baie indrukwekend ! Dit is verseker nie March nie maar hys bitter bitter naby aan een. Ek sak my kop en moet bieg dat hy baie moonlik my ATACR wen in die glas dept maar die ATACR wen darem nog met afwerking. Sy gevoel is baie goed en hy is defnietief sy geld in kwaliteit werd oor die SIII. (Daar was n SIII ook byderhand gewees)

Die fyn paralax verstelling is n absolute wen en maak dit kinderspelletjies om presies perfek te fokus ! Dit verstom my dat die top brands nog nie daaraan gedink het nie. Hy voel duursaam en sy locking turrets is baie positief en daar is geen manier wat jy perongeluk jou turrets gaan draai as hulle eers gelock is nie. 'n Zero stop funksie sou nice gewees het :(

Daars n nuwe speelding in die pyplyn en ons hoop om teen Aug Sept al die varkies in ry te hê. Dan sal ek n beter verslag kan gee oor sy presiese werking maar ek kan aan geen rede dink hoekom hy nie uiters goed gaan vaar nie. Hy boks vêr bo sy prysklas in my eerlike opinie.

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/3FA00F04-4466-4B98-9E72-D4A9AFDA7258_zps4bz8vphk.jpg

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/4FEBD191-8418-4635-B9BA-DB573FA3EF3B_zpssppfu61j.jpg

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/02B5C50E-B19E-4227-A1A6-8C889B2D1A37_zpsc38129vi.jpg

Wat net so nice is is dat hy n sunshade in het en scope cover. Dis n paar $$$ opsig self ! Nog n bitter lekker ding is 60mm objektief en dan natuurlik n 34mm tube ! Ek moet dan ook eerlik wees en sê meer travel op die turrets sou eerste prys wees maar dis mos maar n trade off tussen travel en vergroting. Man kan nie jou brood al kante botter nie ne >:(

Nou ja toe ek mag hom darem al bietjie streel, laat weet sodra ek iets het om hom op te sit.

Groete
Marc

Re: Sightron SVSS vs S&B PMII vs March Tactical

Posted: Wed Jul 01, 2015 7:46 pm
by douw
Marc, jy is bevoorreg. Hierdie lyk regtig na iets lekkers om te hê

Re: Sightron SVSS vs S&B PMII vs March Tactical

Posted: Mon Jul 06, 2015 3:46 pm
by Sangoma (IAN)
Ek trek defnitief my vorige post terug.

Ekt vandag n SVSS in my hande gehad. Die scope is baie nice. Ek like hom kwaai, soek ook nou een!

Hy is gebou soos n tank. Glo my, dit is n helse ding en hy weeg omtrent 4 ton.

Die verstel knoppe is massief en baie duidelik om te lees. Clicks is ook baie positief.

Ek het gelees op ander oor see se forums dat die ouens nie vreeslik mal is op die vorige 10-50 nie agv die two piece body. Hierdie scope is n (one piece body) en totaal en al n nuwe scope. Glad nie eers naastenby dieselfd as die vorige 10-50 nie. Hy is def heeltemal in n ander klas VS die vorige model.

Re: Sightron SVSS vs S&B PMII vs March Tactical

Posted: Tue Jul 14, 2015 8:16 pm
by Piet Breedt
Hierdie lyk regtig na n idiale langafstand scope as langafstand skiet jou ding is.

Marc, ek het die heel nuwe NF ATACR FFP 5 - 25 x 56. Op hom staan, "Made in USA". Volgens die manne van NF wat by Huntex was, is hy van die grond af nuut gebou, met hul beste glas in. Willem Immelman het beide die vorige en nuwe modelle en hy beaam dit en se hy is baie helderder as die vorige een.

Ek het beide my NXS modelle verkoop om die een te kon bekostig. Ek is nie een dag speit nie. Hierdie NF is regtig helder, en sy FOV is dieselfde as my Zeiss Diavari Victory FL 6 - 24 x 56 wat vir my n groot pluspunt is in ons sport. Dit was vir my die grootste klagte op die NXS reeks, hulle klein FOV.

Ek sal binnekort n toets verslag oor hom post. Al wat ek sover wil se is dat ek regtig beindruk is met hom.

Re: Sightron SVSS vs S&B PMII vs March Tactical

Posted: Tue Jul 14, 2015 8:46 pm
by Marc
Dis versker waar oor die "nuwe" ATACR Oom Piet, maar die ouer model wat ek het moet pasop want die SV is nek aan nek met hom !

Soos ek ook noem dink ek die NF en March is beslis beter "afgerond" as die SV maar die SV is 'n bitter goeie waarde vir geld pakkie as jy op n streng budget is ;) Ek is verseker ook nie van plan om my ATACR te veruil vir 'n SV nie, maar hulle het beslus altwee 'n plekkie om te bly in my kluis

Re: Sightron SVSS vs S&B PMII vs March Tactical

Posted: Tue Jul 14, 2015 8:52 pm
by Piet Breedt
Ek sal self die ou met die nuwe ATACR wil vergelyk op die baan.

Re: Sightron SVSS vs S&B PMII vs March Tactical

Posted: Sat Jul 18, 2015 7:51 am
by Piet Breedt
Ek het by Nicolas Yale na hierdie nuwe groot Sightron gaan kyk. Alhoewel dit baie moeilik is om so groot vergroting scope in die hand stil te hou en te evalueer, was ek baie beindruk met wat ek gesien het, Ek was veral beindruk met die senter kolletjie waarmee die MOA kruisdraad uitkom. Hierdie gaan verseker n bul scope wees vir die langafstand skuts.

Re: Sightron SVSS vs S&B PMII vs March Tactical

Posted: Thu Jul 23, 2015 9:26 pm
by douw
Watse ringe sit mens op die teleskoop? Lyk my die 34mm is maar bietjie skaars

Re: Sightron SVSS vs S&B PMII vs March Tactical

Posted: Fri Jul 24, 2015 7:04 am
by G-force
douw wrote:Watse ringe sit mens op die teleskoop? Lyk my die 34mm is maar bietjie skaars
Douw ons doen Farrel ringe in 34mm.

Re: Sightron SVSS vs S&B PMII vs March Tactical

Posted: Fri Jul 24, 2015 2:29 pm
by Witpietskiet
G-force wrote:
douw wrote:Watse ringe sit mens op die teleskoop? Lyk my die 34mm is maar bietjie skaars
Douw ons doen Farrel ringe in 34mm.
Ek is baie happy met my 34mm Kelby ringe wat ek by G&G Varminting gekoop het.