Page 1 of 2
My Trotse oomblik met my Koedoe Bul
Posted: Thu Jun 25, 2015 5:19 pm
by ThinusD
Hello Manne
Jong ek is so bly om te se dat ek my Koedoe bul uiteindelik gekry het. Die locals op die plaas noem hom Mofasa. Hy is die oudste Bul op die plaas van 6 ander bulle. Sy horings is 45 duim. Het 234Kg geweeg en weg gekom met 149.8Kg se vleis.
Re: My Trotse oomblik met my Koedoe Bul
Posted: Thu Jun 25, 2015 5:28 pm
by Capt. Yoda
Geluk man is n baie mooi bul daai.
Re: My Trotse oomblik met my Koedoe Bul
Posted: Thu Jun 25, 2015 5:31 pm
by ThinusD
Baie dankie Capt. Oblivious.
Ek is regtig so gelukkig met my eerste Koedoe bul. Ek sal sy ervaring nooit vergeet nie. Dis n storie wat ek altyd om die kampvuur sal vertel.

Re: My Trotse oomblik met my Koedoe Bul
Posted: Thu Jun 25, 2015 5:44 pm
by win270
Thinus, vertel gerus sommer nou! Baie mooi bul. Geluk, ou maat.
Re: My Trotse oomblik met my Koedoe Bul
Posted: Thu Jun 25, 2015 6:29 pm
by Kingy
Baie mooi bul, geluk
Re: My Trotse oomblik met my Koedoe Bul
Posted: Thu Jun 25, 2015 6:29 pm
by ruaanb
Sjoe dit is n mooi bul baie geluk
Re: My Trotse oomblik met my Koedoe Bul
Posted: Thu Jun 25, 2015 6:40 pm
by henried
Wow, baie geluk.
Re: My Trotse oomblik met my Koedoe Bul
Posted: Thu Jun 25, 2015 6:54 pm
by Plaashaas
Lekker! Geluk!
Re: My Trotse oomblik met my Koedoe Bul
Posted: Thu Jun 25, 2015 7:30 pm
by Speelmansjagter
Geluk man. Hy is baie mooi
Re: My Trotse oomblik met my Koedoe Bul
Posted: Thu Jun 25, 2015 8:37 pm
by koos 2
Pragtige bok geluk man !!!!!
Re: My Trotse oomblik met my Koedoe Bul
Posted: Thu Jun 25, 2015 8:59 pm
by Baasvark
Mooi bul! Horing lengte is nie altyd alles nie, die vorm is vir my belangriker en jou bul se vorm is mooi!
Ek soek nou al twee jaar na my eerste bul sonder sukses. Maar ek glo ek sal hom volgende jaar kry!
Re: My Trotse oomblik met my Koedoe Bul
Posted: Fri Jun 26, 2015 8:09 am
by Dolf014
Baie geluk Thinus.
Ek stem saam met Baasvark; horing lengte is nie die belangrikste nie.
Die belangrikste is; die storie wat jy na die tyd met smaak kan vertel!!
Ek het al n paar bulle geskiet; van 65kg tot 182kg, maar elkeen se storie vertel ewe lekker.
Re: My Trotse oomblik met my Koedoe Bul
Posted: Fri Jun 26, 2015 8:23 am
by Ashley
lekke man...lekke
Re: My Trotse oomblik met my Koedoe Bul
Posted: Fri Jun 26, 2015 8:23 am
by Hilux01
Baie geluk maar waar is die storie dan nou?
Re: My Trotse oomblik met my Koedoe Bul
Posted: Fri Jun 26, 2015 8:48 am
by Willie
Geluk maar vertel ons die hele storie asb
Re: My Trotse oomblik met my Koedoe Bul
Posted: Fri Jun 26, 2015 9:00 am
by Kristof A
Baie geluk Thinus. Waarmee het jy geskiet? Watse ammunisie het jy gebruik?
Re: My Trotse oomblik met my Koedoe Bul
Posted: Fri Jun 26, 2015 10:43 am
by ThinusD
Hello Julle
Hehe! Baie dankie vir die Komplimente! Hy is regtig mooi en ek stem saam met julle. Dis nie die Horing lengte wat tel nie maar die vorm en Storie wat dit soveel meer werd maak.
In totaal het ek 12 dae spandeer om my bul (Mofasa soos die locals hom noem) gesoek. Toe ons die eerste dag daar aan kom het ek genoem dat ek my Eerste Koedoe bul soek. Die Gits (Almond) het so verduidelik daar is n bul op die plaas wat baie jagters al probeer skiet het maar hy is wakker en die Grys spook is nie maklik om op te spoor nie.
Ons het uit gegaan en saam begin spoor sny. Op ons tweede dag het ons luck getstrike en op hom af gekom in die koppies. Dit was laat middag en die son was reg agter hom. Die skoot was moeilik en hy het net mooi gestaan sodat sy kop agter n boom uit steek. Die oomblik was pragtig. Jy sien die swart skadu van Mofasa en die son tussen sy horings. Wat n oomblik. Nie eers 30m van ons af nie. Mofasa het weg gekom. n Kamp verhaal van sy eie!
So paar dae later kom ons weer op Mofasa af. Rustig besig om sy blaartjies te eet, maar agter n bos sowat 120m weg vanaf ons. Die groot ou koei wat saam hom loop het om die dig bos beweeg en lank na ons gestaan en kyk. Mofasa bly agter die bos! Die volgende oomblik gee sy n blaf wat die bossies om ons roer. Hondervleis orals en die Adrenaline pomp. Ek staan steeds stil en geweer mik reeds na sy rigting. Mofasa loer so deur die takke en staan dood stil. Kan nogsteeds nie skiet nie. Die koei blaf weer en skop n groot lawaai op soos sy en Mofasa deur die Takke breuk met n spoed.
Tyd begin toe vinnig uit hardloop. Ons het die laaste 5 dae geloop in die berg reeks en niks vars spore in die koppies gekry nie. Op Gps het ons +- sowat 26-34km daagliks geloop. Mofasa het besluit om sy area te los. Elke spier in jou bene en voete kreun met pyn. Die Voltarins en Cataflams help nie meer nie. So naby om op te gee....
Die laaste dag het ons heel oggend in die Bos nader aan die rivier stroom spandeer. By 14h30 het ons vars spoor gekry wat oor die bakkie se spore loop. Mofasa en die koeie se spore le pragtig hier voor ons. Ons het dadelik begin aan die werk spring met spoor sny. Son het begin sak op die klein berg reeks en ons was besig om nader te kom. Die Kameelperde het vir ons gestaan en aan loer soos ons stadig verby beweeg. Ewe skielik is Mofasa regs van my weereens direk in die son. Ek druk my Keps af om die son te blok. Die son net te sterk in my Scope Lens. In n split sekond hardloop Mofasa en die koei nog verder Wes.
Ek se vir Almond my Gits. Kom ons bly op die grond padjie. Die sand en klippies maak minder geraas as die bos loop. Die son het nou gesak. Ek begin worry want die skoot gaan begin moeilik raak. Die padjie S-snake op teen die wal. Sowat 150m van die Grens draad af. Ons kry vars spoor wat oor die pad geloop het. Links in die Suidelike rigting kom Mofasa verby gehardloop met n spoed oppad Oos. Hy hardloop met n spoed en daars nie kans om te dink nie.
Ek se vir Almond "Its now or never". Hy gaan voor ons will verby kom verder onder toe. Kom ons draf af met die pad en wag vir hom. Ons doen sowat 200 m af met die pad en hoor hoe die Grens draad praat met n groot gewig wat wil deur breuk. Ek sien Mofasa sowat 180m weg en die koei besluit sy draai soos ons gehoop het.
Ek kry die skietsok tripod reg en wag net daar vir Mofasa. As die koei Noord draai gaan hy volg. Mofasa draai en stop..... neus in die lug soek hy my. EK staan dood stil met my geweer reg. Hy moet net deur die bosse en takke beweeg tot in my Target zone en in tree wat omtrent so 130m noord is. Hy begin stadig loop agter in die koei se rigting. Hy stop en kom agter die wind draai in sy guns. Hy weet nou eks naby! Hy trek weg en begin gallop. Ek hou my Scope op sy blad maar kan nog nie skiet nie. Oop kol en die skiet loop! Mofasa spring hoog en val regs. Dit is verby! Ons padjie het sy laaste keer gekruis.
Ek het my hand op hom neer gesit en gese "Mofasa jy het my a groot les vandag geleer. Dankie vir jou moeilike 12 dae. Dit was als die moeite werd'
Manne om so te tik maak sommer weer my mond droog. Ek moes baie uit sny anders sal ek nooit opvang met werk nie. Hehe! Ek sug sommer weer. Hy was elke meter en kilometer werd.
Hoop julle het my verhaal geniet!

Re: My Trotse oomblik met my Koedoe Bul
Posted: Fri Jun 26, 2015 10:55 am
by ThinusD
Hier sit Almond my Gits saam Mofasa.
Ek het met my .270 WIN Fabarm geskiet. 150g PMP Pro-Amm.
Re: My Trotse oomblik met my Koedoe Bul
Posted: Fri Jun 26, 2015 11:29 am
by RUPERT
Mooi bok en mooi storie. Geluk Thinus
Re: My Trotse oomblik met my Koedoe Bul
Posted: Fri Jun 26, 2015 1:42 pm
by ThinusD
Dankie Rupert my maat. waardeer!
Re: My Trotse oomblik met my Koedoe Bul
Posted: Fri Jun 26, 2015 1:49 pm
by Johan308
Baie mooi bok Thinus, baie geluk!
12 dae in die veld, jy is baie gelukkig om so leke lang tyd in die veld te kan spandeer.
Re: My Trotse oomblik met my Koedoe Bul
Posted: Fri Jun 26, 2015 5:49 pm
by Marc
Baie geluk! Mooi ivoor punte
Re: My Trotse oomblik met my Koedoe Bul
Posted: Fri Jun 26, 2015 5:56 pm
by Smitstertjies
Baie geluk. Dis mos nou koedoe jag uit die boonste gestoeltes!
Re: My Trotse oomblik met my Koedoe Bul
Posted: Fri Jun 26, 2015 6:17 pm
by win270
Mooi vertel en goed vasgebyt, Thinus. Jy kan trots wees op hierdie bul!
Re: My Trotse oomblik met my Koedoe Bul
Posted: Fri Jun 26, 2015 9:38 pm
by Gaaf
Baie mooi verhaal. Dit was nou regtig lekker om te lees.