Page 1 of 1

Winchester Coyote Light .308

Posted: Wed Jun 24, 2015 11:45 am
by mustangsa
Goeie dag

Ek oorweeg tans om my huidige .308 te vervang met 'n nuwer .308. Ek sal egter eers die nuwe wapen moet koop voor ek die oue wegmaak wat 'n vriend graag wil oorneem.

1) Is daar enige mense wat onstslae wil raak van hul Winchester Coyote Light .308? Sintetiese kolf met fluted vlekvrye staal bull barrel loop. Ek is opsoek na hierdie wapen. Enige kommentaar oor die wapen? Ek het bietjie opgelees hier dat die geweer goed aanbeveel word.
2) Ek glo dit behoord moontlik te wees om aansoek te doen vir 'n nuwe .308 al het ek reeds een in my besit. Ek besit drie gewere in totaal en mens kan glo vier gewere besit?
3) Wat is die beste manier om meer as die standaard vier gewere aan te hou? Ek sien hier is heelwat mense wat sommer 2x .22 gewere of 2x 12-boor haelgewere aanhou - toegwyde jagters?

Dankie!

Re: Winchester Coyote Light .308

Posted: Wed Jun 24, 2015 12:09 pm
by ruaanb
Ek het hom in die 300WSM en is meer as tevrede. Bitter akkuraat uit die boks uit. Ek het net my sneller laat ligter stel.

Re: Winchester Coyote Light .308

Posted: Wed Jun 24, 2015 12:56 pm
by Kingy
As jy toegewyd is, is dit moontlik om veel meer as net 4 wapens te besit. Ek het raak gelees dat baie ouens in hulle moeitiveering se, dat die kanelasie van die huidige wapen gedoen sal word sodra die nuwe een goedgekeur is.

Die slim manne sal seker meer weet.

Re: Winchester Coyote Light .308

Posted: Wed Jun 24, 2015 6:19 pm
by mustangsa
Dankie vir die terugvoer sover! Ek het gedink om te noem dat die geweer 'n vervanging is, maar sal hoor wat die 'slim mense' dink en voorstel - veral die wat help met die motivering...

Re: Winchester Coyote Light .308

Posted: Mon Jun 29, 2015 12:59 pm
by Carl
Ek het so 243 en is baie tevrede met die geweer. In 308W sal dit heelwat opsies gee. Die geweer is lig genoeg vir dra al sit jy 'n knaldemper op. Volgens my baie akkuraat, goeie aksie en met sneller ligter (wat jy self kan doen) skiet die geweer baie lekker. Die Bell en Carlson kolf is een van die beter standaard sintetiese kolwe. Ek het wel 'n Beartooth comb raising kit opgesit.

Jy kan die geweer maklik motiveer as 'n veld/teiken -skiet geweer en baan oefen. Om jou ander jag geweer te "spaar".

Motiverings is baie dieselfde as om vir mamma te verduidelik hoekom jy nog 'n loop in jou kluis moet kry. Soms makliker soms moeiliker, hang maar net af hoe kwaai kat jy het.