Page 1 of 2
Koos Barnard Rooibok
Posted: Tue Jun 23, 2015 11:43 am
by FCLoretz
Oom Koos sal die storie kom deel.
http://i1192.photobucket.com/albums/aa328/FCLoretz/JARACAL/Rooibok%207x57%20009_zpsnu73kajd.jpg
Re: Koos Barnard Rooibok
Posted: Tue Jun 23, 2015 11:44 am
by tripodmvr
Mooi rooibok. Overkill met die 375 - nuwe gaatjie visier op?
Re: Koos Barnard Rooibok
Posted: Tue Jun 23, 2015 11:45 am
by Baasvark
Yup, dit is 'n rooibok....

Re: Koos Barnard Rooibok
Posted: Tue Jun 23, 2015 11:56 am
by Koos Barnard
Dagsê
Hierdie een is nie met my .375 geskiet nie maar met my 7x57 en 154gr Hornady RN-koeël.
Die gaatjievisier/ghostring is deur Danie Joubert gemaak, jare gelede.
Met my nuwe bril waarmee ek nou weer die korrel mooi kan sien het mos besluit om hierdie jaar by geleentheid weer met die oopvisier te jag. Hierdie rooibok is die eerste een wat geval het (ek het nog een geskiet op dieselfde jag). Die afstand was presies 60m en is na die tyd met 'n rangefinder gemeet. Ek het 'n troppie bokke baie lank gevolg en die dwarrelende wind het my by verskeie geleenthede weggegee waarop ek dan maar 'n rukkie gewag het en toe weer probeer het. Die trop het uiteindelik 'n pad gekruis en ek is agterna maar het voor ek die pad kon oorsteek in die skadu langs 'n boom gaan sit. Die trop was net aan die anderkant van die pad en oral uitgesprei. Ek het na die ram gesoek maar kon hom nie sien nie. Na 'n paar minute het hy toe skielik agter 'n bos uitgekom, eers dwars voor my verby gestap en toe terug gedraai en die pad gekruis na my kant toe. Aan my kant op die rand van die pad en onder 'n doringboom het hy vasgesteek. Daar was takke voor en ek moes effens na links beweeg. Hy sien my toe en het met lank uitgerekte nek in die skadu vir my staan en kyk.
Ek het die korrel by die aansluitting van die nek en blad geplaas en die sneller gedruk. Die skoot het mooi geklap en die ram het op dolle vaart weggespring. Die veld daar was ongelooflik ruig en daar was baie spore. Ek moes werklik fyn spoorsny op plekke om die hardloopspoor te volg maar het spoedig besef die ram sal val want hy het reguit sonder uittdraai deur bosse gestorm - tipiese doodstormloop. Tog het hy eers 103m verder geval in 'n digte kraaltjie bosse.
Die tweede ram, twee dae later is op 43m geskiet. Hy het plankdwars gestaan en was glad nie van my bewus nie. Hierdie ram het op die plek twee maal in die rondte gedraai en toe neergeslaan. Die hart was aan flarde geskiet.
Ek was maar styf en seer van al die bekruip maar dit was werklik die moeite werd. Het weer vir 'n slag soos 'n ware jagter gevoel. Soos 'n vriend sê: "Die Boereoorlog is lankal verby, ons hoef nie meer so te suffer nie." So hoekom dan? Sommer! Sommer vir die lekker omdat jy regtig moet jag en baie geduld moet hê.
Mooi loop
Re: Koos Barnard Rooibok
Posted: Tue Jun 23, 2015 12:01 pm
by Smitstertjies
Lekker oom Koos!
Re: Koos Barnard Rooibok
Posted: Tue Jun 23, 2015 12:02 pm
by Pvdw
Mooi man Koos. Ek wil juis vir die oop visier ding in dir bos vir my 'n 45-70 aanskaf. Ek hoop om die oopvisier ding nes jy weer in die nabye toekoms te kan doen.
Re: Koos Barnard Rooibok
Posted: Tue Jun 23, 2015 12:18 pm
by tripodmvr
Ek lees nou al lank jou Magnum stories so ek weet van jou sig probleme. Bly jy kon 'n bril kry om dit reg te stel. Ek sokkel ook maar met oopvisier, maar het begin jag met 'n P14 303 en 'n gaatjivisier. Inteendeel, ek het leer skiet met 'n Gecado 25 met Parker Hale gaatjievisier op.
Jy is nog dapper met die luiperd bekruip. Ek moet die rug spaar en tog kom ek nog reg met naby kom. Met my blou Zarco aan kom ek naby genoeg om biltong huis toe te bring.
Nou weer 2x geloer. Dit is 'n moooi bok.
Re: Koos Barnard Rooibok
Posted: Tue Jun 23, 2015 12:21 pm
by win270
Koos, ek hou van jou gewoontes om nog op die "moeiliker", maar baie meer bevredigende manier te jag. Hopelik kan jy hierdeur weer 'n nuwe tendens by baie jagters begin vestig.
Vertel gerus meer van daardie nuwe bril waar jy beide die korrel en die bok mooi kan sien.
Re: Koos Barnard Rooibok
Posted: Tue Jun 23, 2015 12:26 pm
by toelie
Lekker storie en bitter mooi geweer geluk Oom Koos
groete
Re: Koos Barnard Rooibok
Posted: Tue Jun 23, 2015 12:27 pm
by Suikermuis
Goeiedag almal
Baie geluk met die pragtige bok Oom Koos en dankie vir die deel van die storie! Dit nou baie geniet.
Re: Koos Barnard Rooibok
Posted: Tue Jun 23, 2015 12:31 pm
by Dwight375
Oom Tripod
Hoekom se oom dit is over kill met n 375 oop viser, ek wil ook graag oop viser jag met my 375.
Re: Koos Barnard Rooibok
Posted: Tue Jun 23, 2015 12:35 pm
by Smitstertjies
Stem Dwight, ek het so maand terug dieselfde ervaring as oom Koos gehad. Met my 416 het ek oopvisier rooibok 3 ure lank bekruip en toe gejag. Mooi skoot op 60meter met 400 grein barnes agter die blad. Amper niks vleisskade nie.
Re: Koos Barnard Rooibok
Posted: Tue Jun 23, 2015 12:40 pm
by Ashley
Baie mooi gedoen, mooi bok

Re: Koos Barnard Rooibok
Posted: Tue Jun 23, 2015 12:47 pm
by tripodmvr
Dwight375 wrote:Oom Tripod
Hoekom se oom dit is over kill met n 375 oop viser, ek wil ook graag oop viser jag met my 375.
Daardie was grappender gewys gesê - ek wil nou in Augustus weer die spinnerakke uit my 375 haal in die bos.
Re: Koos Barnard Rooibok
Posted: Tue Jun 23, 2015 12:49 pm
by Koos Barnard
Win270
Die bril gee my beter visie naby. Dit bring die korrel in fokus maar nie gewone oopvisier nie. Maar wat jy hier naby wen verloor jy verder. Die bril gee nie 100% skerp fokus vir ver kyk nie, maar jy raak gewoond daaraan. Aan die begin het dit vir my gevoel of my oog heel vaal is as ek ver kyk. Dit het 'n goeie week geneem om daaraan gewoond te raak. As jy egter die bril so 'n rukkie op het "vergeet"/kompenseer jou oog en sien jy amper net so goed soos met 'n gewone versien-lens.
Mooi loop
Re: Koos Barnard Rooibok
Posted: Tue Jun 23, 2015 12:50 pm
by Koos Barnard
Dankie aan almal vir die mooi woorde. Waardeer
Mooi loop
Re: Koos Barnard Rooibok
Posted: Tue Jun 23, 2015 1:07 pm
by Hilux01
Goeie werk Koos
Stem saam met die "doen dit reg" jag metodes
Deesdae se pryse maak dit so rof n man moet seker maak jy kry maksimum genot/ervaring/ blootstelling en storie uit elke bok uit
Re: Koos Barnard Rooibok
Posted: Tue Jun 23, 2015 2:27 pm
by G-force
Netjies gedoen oom Koos en mooi bok.Ek dreig al n rukkie,ek haal sommer vanaand die scope van my Antonio Zoli full-stock .308 af.Ek dink met n 200gr koel gaan hy mooi werk vir die bos.
[image]http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/Hunting/6499_10151660397842996_1102482256_n_zpsq8ipw0iw.jpg~original[/image]
Re: Koos Barnard Rooibok
Posted: Tue Jun 23, 2015 2:31 pm
by Smitstertjies
G Force, pragtige wapen wat jy daar het. Hy lyk sommer of hy gemaak is vir oopvisier jag.
Re: Koos Barnard Rooibok
Posted: Tue Jun 23, 2015 2:48 pm
by Dwight375
Bie lus om met my nommer 1 ook oop viser te gooi!
Mooi wapens kerels en baie mooi bokke ook, Oom Koos
Re: Koos Barnard Rooibok
Posted: Tue Jun 23, 2015 2:53 pm
by Koos Barnard
G-Force
Daai Zoli sal baie mooi lyk net met oop visiere. En die lekkerte is dat 'n oopvisier-geweer so lekker lig dra. Ek het op dieselfde jag ook met my .30-06 geskiet met silencer en tweepoot... blerrie ongemaklik om te dra.
Mooi loop
Re: Koos Barnard Rooibok
Posted: Tue Jun 23, 2015 2:55 pm
by G-force
Koos Barnard wrote:G-Force
Daai Zoli sal baie mooi lyk net met oop visiere. En die lekkerte is dat 'n oopvisier-geweer so lekker lig dra. Ek het op dieselfde jag ook met my .30-06 geskiet met silencer en tweepoot... blerrie ongemaklik om te dra.
Mooi loop
Dankie oom Koos.Ek gaan beslis dit doen,jou topic het my ooreed.Goed gaan.
Re: Koos Barnard Rooibok
Posted: Tue Jun 23, 2015 3:06 pm
by Geno
Netjies Oom Koos!
Ek dreig ook al 'n ruk om my oupa se .303 af te stof en 'n toon te klap agter 'n bok aan.
Re: Koos Barnard Rooibok
Posted: Tue Jun 23, 2015 3:49 pm
by Koos Barnard
Dankie Geno en Dwight
Re: Koos Barnard Rooibok
Posted: Tue Jun 23, 2015 11:52 pm
by koos 2
Baie geluk oom !!!