Page 1 of 1
As dit fotograaf meer bewe as jy
Posted: Tue Jun 23, 2015 9:55 am
by JacquesT (Stompe)
Goeie dag Kêrels.
Ek was die naweek op 'n baie lekker rooibok jag. Die een vriend wat my vergesel het jag nou maar vir die laaste 3 jaar, en geniet dit vreeslik. Jy onthou daai stadium as 'n Newby as die bok koors met elke skoot oor neem, nou ja hy is daar.
Toe ek my bok geskiet het, toe gaan die arme man aan die bewe en hy neem toe die foto van my. Nou ek is glad nie kwaai daaroor nie en ons het baie lekker gelag na die tyd (dit was darem nie 'n 25 duim monster nie).
IMG-20150620-WA0006.jpg
Het jy sulke fotos wat jy kan deel?
Re: As dit fotograaf meer bewe as jy
Posted: Tue Jun 23, 2015 10:32 am
by FCLoretz
stompe wrote:
Het jy sulke fotos wat jy kan deel?
Ek het nie so foto nie. Maar ek en my vrou het verlede jaar buite Rustenburg gaan jag. Na 2 dae se W&S kry sy uiteindelik die geleentheid om 'n vlak vark te skiet. Sy en die gids bekruip die laaste +-30-40m self en ek bly staan en loer deur die verkyker, na die verigtinge.
Sy le aan op die varkies en hier gaan ek aan te bewe. Ek kon skaars die verkyker stil hou terwyl sy skoot moes neem. Ek het so bok koors gekry dat ek naderhand bang was iets rattle en jaag die varke weg.
Re: As dit fotograaf meer bewe as jy
Posted: Tue Jun 23, 2015 10:34 am
by sako 30-06
stompe wrote:Goeie dag Kêrels.
Ek was die naweek op 'n baie lekker rooibok jag. Die een vriend wat my vergesel het jag nou maar vir die laaste 3 jaar, en geniet dit vreeslik. Jy onthou daai stadium as 'n Newby as die bok koors met elke skoot oor neem, nou ja hy is daar.
Toe ek my bok geskiet het, toe gaan die arme man aan die bewe en hy neem toe die foto van my. Nou ek is glad nie kwaai daaroor nie en ons het baie lekker gelag na die tyd (dit was darem nie 'n 25 duim monster nie).
IMG-20150620-WA0006.jpg
Het jy sulke fotos wat jy kan deel?
Dit gebeur baie, dis heokom ek altyd eers na die foto kyk voor ons die bok laai.
Sukkel al vir 3 jaar om n video te kry van die skoot en die bok. As die skoot loop skrik die manne so groot dat alles behalwe die bok afgeneem word.

Re: As dit fotograaf meer bewe as jy
Posted: Tue Jun 23, 2015 10:52 am
by VdWalt
Ek het verlede jaar saam met my broer in die hide gesit met die boog.
Hy met die video kamera en ek met die boog. Ek staan met die boog en wag
dat die eland koei reg draai, maar die elande en zebras jag mekaar rond. Op
'n stadium moes ek vir hom sê hy moet ophou asem haal want dis ek wat
gaan skiet en nie hy nie. Dis moeilik om kalm te word met hom hier langs my
wat klink asof hy nou net 'n hartaanval gaan kry.