Page 1 of 1

Jag van eerstes

Posted: Tue Jun 23, 2015 8:06 am
by Dirkvh
Ek en my vrou is oorspronklik vanaf die Suid Vrystaat, en ons kuier graag by die familie wanneer ons die kans kry.

Ek het haar voorberei vir 'n 10 dag wegbreek, maar mooi verduidelik dat dit eerstens 'n jag trip is, en dan tweedens 'n kuier trip.

Alles gelaai met seuna (6mnde) in sy stoeltjie is ons Donderdag middag die 11de Junie weg uit Kaapstad en 850km later op die plaas, net na 12 die aand.

Vrydag oggend vroeg is ek en die dakspyker (.308) te voet uit na die rante om my eerste ribbok te soek. 6 ure later trek ek toe 'n redelike ooitjie plat op 185m met 'n nekskoot. Man dit is lekker om so te stap, te gesels met my Verlosser en sommer net Sy skepping te geniet. Moenie lag vir my kleredrag nie, my skoonpa dink reeds ek is in my bol gepik om so koorsagtig te wil jag. ;)

Sat en Son moet ons toe eers bietjie oppie dorp gaan kuier, soos afgespreek met vroulief.

Maandag oggend waai die wind iets verskrikliks, toe boer ek maar bietjie vir skoonpa en ek skuif ramme. Die middag waai dit steeds maar ek is toe weer rante toe met die dakspyker, want daar kom toe nog 'n bestelling vir twee ribbokke van die dorp af in. Onsuksesvol in die skiet afdeling na 5 ure, maar daar heers vrede in my gees!

Dinsdag breek aan en skoonpa vra my om saam hom te boer, want hul sien vlakvarke in van die kampe deur die dag. Vat toe maar die spuitnaald (.204) saam maar sien niks die hele dag. Steeds lekker op die plaas!

Skoonpa sien toe my skietlus will nie minder, en gee my opdrag om van die trek-springbokke af te haal die Woensdag aand, mits ek hom weer help op die plaas deur die dag.

Woensdag is toe 'n werksdag maar die aand behoort aan my. Ek vra twee van die volk of hul sal help en hul is lus. Net na 19h00 is dit nag donker en ek tel die volk op. Skoonpa het ook opdrag gegee dat ek in die bergkamp ribokke moet skiet, ten minste twee. Ek vat die spuitnaald vir die "cull" en was ek nou be-indruk!!! Kry vyf trekbokke, afstande van 75m tot 225m, almal kopskote wat die koppe pap los. Kry ook 'n ribbok ooi en twee lammers, ook kopskote, net oor 100m.

Skiet toe vir die twee wat my help 'n ystervark en vlakhaas.

Toe skoonpa die mooi kopskote sien die volgende oggend toe begin hy geluide maak dat hy 'n "rogue" SWB koei het wat meer as 'n jaar terug oor die draad na die buurman is, sal ek kans sien om haar te jag? NATUURLIK!!!

Donderdag boer ek weer en die aand vra hy my toe om 'n gewone springbok rammetjie uit sy koper -ram kampte gaan skiet. Maak toe so en kry hom die aand teen so 160m, kopskoot met spuitnaald. Oppad terug swaai ek deur die spilpunte en skiet 17 hase, ook met spuitnaald. Lieflike kaliber, mits jy kopskote skiet anders ontplof alles en die volk vloek want dit is vleismors. Skiet toe maar 16 van die 17 se koppe af (net die springhaas wou nie sit vir skoot, toe piets ek hom sommer so op die lyf)

Donderdag breek die groot dag aan. Ons meng gou voer en sit lekke uit, toe is ek so 11am na die buurman se grond met die dakspyker. Na 4 ure se bekruip, waarvan 200m+ hande viervoet was, en so 50m plat op my maag na een van die min miershope, skiet ek toe die SWB koei (my eerste) op 418m met lae bladskoot, en toe sy stilstaan 'n opvolg nekskoot. Wat 'n geleendheid en wat 'n belewenis!!!

Re: Jag van eerstes

Posted: Tue Jun 23, 2015 8:08 am
by Dirkvh
nog

Re: Jag van eerstes

Posted: Tue Jun 23, 2015 8:13 am
by OupaZA
Baie geluk en dankie vir die storie... nou kan ek begin werk..

Re: Jag van eerstes

Posted: Tue Jun 23, 2015 8:20 am
by Chevvy SS
Lekker man!

Re: Jag van eerstes

Posted: Tue Jun 23, 2015 8:23 am
by LoopSoosStroop
Sho dit was 'n ver skoot. Goed gedoen!

Re: Jag van eerstes

Posted: Tue Jun 23, 2015 8:48 am
by PWV
Dirkvh wrote:
Woensdag is toe 'n werksdag maar die aand behoort aan my. Ek vra twee van die volk of hul sal help en hul is lus. Net na 19h00 is dit nag donker en ek tel die volk op. Skoonpa het ook opdrag gegee dat ek in die bergkamp ribokke moet skiet, ten minste twee. Ek vat die spuitnaald vir die "cull" en was ek nou be-indruk!!! Kry vyf trekbokke, afstande van 75m tot 225m, almal kopskote wat die koppe pap los. Kry ook 'n ribbok ooi en twee lammers, ook kopskote, net oor 100m.


!!!
Geluk met suksesvolle jag, Dirk, maar ek verstaan nie hoe jy 'n ribokkooi met twee lammers kan skiet nie!
Groetnis

Re: Jag van eerstes

Posted: Tue Jun 23, 2015 8:52 am
by ruaanb
mooi gegooi Dirk dankie vir die deel.

Re: Jag van eerstes

Posted: Tue Jun 23, 2015 8:58 am
by henried
Well done!

Re: Jag van eerstes

Posted: Tue Jun 23, 2015 9:00 am
by Dirkvh
PWV wrote:
Dirkvh wrote:
Woensdag is toe 'n werksdag maar die aand behoort aan my. Ek vra twee van die volk of hul sal help en hul is lus. Net na 19h00 is dit nag donker en ek tel die volk op. Skoonpa het ook opdrag gegee dat ek in die bergkamp ribokke moet skiet, ten minste twee. Ek vat die spuitnaald vir die "cull" en was ek nou be-indruk!!! Kry vyf trekbokke, afstande van 75m tot 225m, almal kopskote wat die koppe pap los. Kry ook 'n ribbok ooi en twee lammers, ook kopskote, net oor 100m.


!!!
Geluk met suksesvolle jag, Dirk, maar ek verstaan nie hoe jy 'n ribokkooi met twee lammers kan skiet nie!
Groetnis
Lammers het eenkant saam gestaan, ooi was agter 'n bos. Oor so 100m in die aand lyk die lammers net soos 'n ooi in die scope, en omdat daar twee saam was het ek nie onraad vermoed nie omdat hul ewe groot was. Nadat ek hul geskiet het, het die ooi uitgekom en toe kon ek die grote verskil sien. Was nie lekker nie, maar dit is toe reeds gedoen.

Re: Jag van eerstes

Posted: Tue Jun 23, 2015 9:13 am
by NEGE3
Mooi geskiet Dirk. Dankie vir die deel. Die aand skiet was seker baie koud gewees.

Re: Jag van eerstes

Posted: Tue Jun 23, 2015 9:18 am
by Frederik
Klink my hoe langer jy bly hoe meer geleentheid na jou kant toe kom baie netjies.

Re: Jag van eerstes

Posted: Tue Jun 23, 2015 10:28 am
by win270
Goed geskiet, Dirk. Lyk my sekere tye van die dag sal hulle jou moet vasmaak of toesluit op die plaas anders gaan daar nie baie oorbly nie! Nou gaan jy baie biltong en ander wildsvleis kan geniet.

Re: Jag van eerstes

Posted: Tue Jun 23, 2015 11:00 am
by Mellies
Mooi man!

Re: Jag van eerstes

Posted: Tue Jun 23, 2015 4:19 pm
by jamalley
Baie mooi gedoen mater

Re: Jag van eerstes

Posted: Tue Jun 23, 2015 4:39 pm
by BRNO (Pierre)
Lekker geskryf. Dankie.

Re: Jag van eerstes

Posted: Tue Jun 23, 2015 11:55 pm
by koos 2
Baie mooi vertel baie geluk !!!

Re: Jag van eerstes

Posted: Wed Jun 24, 2015 8:29 am
by Uys
Hoekom is jy nie op die foto nie?

http://www.jaracal.com/download/file.php?id=21611&mode=view

Re: Jag van eerstes

Posted: Wed Jun 24, 2015 8:53 am
by Jay Jay
Mooi Dirk, lyk of jy dit geniet het.

Re: Jag van eerstes

Posted: Wed Jun 24, 2015 1:37 pm
by Dirkvh
Uys wrote:Hoekom is jy nie op die foto nie?

http://www.jaracal.com/download/file.php?id=21611&mode=view

Baie snaaks Uys, jy klink nou nes my vrou!!! ;D ;D ;D

Re: Jag van eerstes

Posted: Wed Jun 24, 2015 1:50 pm
by Dirkvh
Dankie almal vir die terugvoer, ek geniet dit so om almal se stories te lees, maar nie eintlik om hulle te skryf nie. Motivering is maar dat daar dalk nog sulke ouens soos ek is, dan tik ik maar so met die twee vingers...