Page 1 of 1

SOEK DRINGEND RAAD !!!!!

Posted: Thu May 12, 2011 6:20 pm
by Naas
Naand Manne

Ek het vir my n nuwe skope gekoop,nou sit ek met n probleem.
Op 25m stel ek my scope heel oop op die hoogte verstelling,maar my geweer
skiet nogsteeds 20cm laag.

Nou my vraag sal dit werk as ek my bracket laatsak op die voorkant,ek het lynex brackets.
Ek is genooi vir n jafg die naweek.Dankie


Naas Potgieter

Re: SOEK DRINGEND RAAD !!!!!

Posted: Thu May 12, 2011 6:24 pm
by tripodmvr
As die ringe dieselfde manier vasmaak kan dit wees dat as jy hulle net omruil die probleem opgelos kan wees. Een kan dus hoer as die ander wees. Probeer meet. Andersins sal jy agter moet oplig met omtrent 0,5mm.

Re: SOEK DRINGEND RAAD !!!!!

Posted: Thu May 12, 2011 7:38 pm
by Naas
Baie Dankie.

Ek het sommer gou eers net n stukkie alum foil
n paarkeer gevou en toe agter tussen die scope en die mount ingesit.
Het gou gaa skiet en lyk of die probleeo opgelos is.

Baie dankie vir die raad.

Naas Potgieter

Re: SOEK DRINGEND RAAD !!!!!

Posted: Thu May 12, 2011 7:45 pm
by tripodmvr
Die idee is dat jy dun stukkies metaal van gelyke dikte onder die ring se basis moet insit. Die metaal binne die ring kan die telskoop beskadig synde dit 'n drukpunt veroorsaak.

Re: SOEK DRINGEND RAAD !!!!!

Posted: Thu May 12, 2011 9:09 pm
by 243Songdaug
Naas.

Vertel bietjie wat se ringe en blokkies(basisse) het jy op die geweer?  Steem saammet Trip - dis baie ongesond om iets(veral metaal) tussen jou ring en die teleskoop se buis in te sit.

As dit van die lynx tipe basisse is wat die stud of pennetjie het is dit maklik - jy koop vir jou 'n feelerguage by Midas, haal die 0.5mm lem uit, boor die gatjie groter tot op 8mm sit hom oor die stud, plaas die ring soos normaalweg op die stud en trek hom ferm vas.  Vat 'n kraspen en trek 'n lyn al teen die ring se kant langs op die guage se lem.  (Heel toevallig is 'n feellerguage se een kant reeds mooi afgewerk en pas hy perfek onder 'n lynx ring - die ronding is bresies dieselfde)

Haal die ring af, sny die ekstra stuk van die lem weg en werk hom mooi af sodat dit netjies lyk en mooi plat is. 

Nou plaas jy hierdie spacer tussen jou ring en die blokkie/basis en trek die ring soos normaal vas op die basis - probleem uitgesort.

Groete.
Jaco

Re: SOEK DRINGEND RAAD !!!!!

Posted: Thu May 12, 2011 10:35 pm
by Naas
Dit is presies van daai brackets wat jy praat wat ek het.
Ek sal in volgende week daai plan maak soos julle gese het,
maar vereers het ek n stuk foil so 7 keer gevou en toe net
sobreed soos die rings gesny,die foil le die heele onderkanste helfte toe.
so ek dink nie ek sal teveel onewereedige druk kry nie,dis net tentatief vir die naweek.

Baie dankie vir julle raad,wardeer

Naas

Re: SOEK DRINGEND RAAD !!!!!

Posted: Thu May 12, 2011 11:57 pm
by 243Songdaug
Plesier ou maat - lekker skiet die naweek.  Sien nou eers jy is 'n Nam lid.

Het vanddag gesien dat ek nog net 7 weke van harde bid oor het voor ek weer bietjie Nam toe ry.

Re: SOEK DRINGEND RAAD !!!!!

Posted: Fri May 13, 2011 7:53 am
by Beyers
As jy bekommerd is dat die scope "buig" Lap die die ringe nadat jy die spacer ingesit het. Die voorste ring moet aan die agterkant 'n spacer kry om gelyk te maak. voordat jy begin lap. Ek sou my spacer agter insit die agterste ring lig vastrek met die scope in posisie. die voorste ring liggies vastrel en dan met die feeler guage meet end die nodige stukke afsny. 'n Bietjie pratley quickset steel gom om al die los stukkies vas te hou sal help. Onthou net om die dele wat jy nie wil vasplak nie met 'release agent te smeer.
Beyers

Hoop dit maak dit sin ek is besig met 'n klas terwyl ek jou probeer help

Re: SOEK DRINGEND RAAD !!!!!

Posted: Fri May 13, 2011 10:59 am
by 243Songdaug
Beyers.

Dis nes jy daar s? - omrede ek dit al so baie gedoen het het ek aangeneem Naas sal die fyn deyeil weet.  Nooit te oud om te leer nie, n??

Wat se klasse bied jy aan?

Re: SOEK DRINGEND RAAD !!!!!

Posted: Fri May 13, 2011 11:33 am
by Beyers
Wens dit was gun maintainance (spelling lyk nie reg nie) Maar dis tegnologie en ek is besig met naald werk.
Beyers

Re: SOEK DRINGEND RAAD !!!!!

Posted: Fri May 13, 2011 1:08 pm
by 243Songdaug
Ai ou Maat dis mos maar ons almal se droom om in die geweer lyn te kan werk - iemand moet die tegnologie aanbied - en wie beter as jy?

Re: SOEK DRINGEND RAAD !!!!!

Posted: Fri May 13, 2011 4:55 pm
by Naas
Baie Dankie vir al die raad.

Eh het vandag gou die stukkie feeler gauge agter ingesit.
Het toe die 0.55 gebruik.Ek sal laater die ringe lap om seker temaak
dat ek nie n probleem optel nie.

Baie Dnkie

Naas Potgieter

Re: SOEK DRINGEND RAAD !!!!!

Posted: Sun May 22, 2011 12:03 am
by fanie17
Naas
Dit is seker n Mauser aksie,hulle is baie keer nie reg in terme van hoogte voor en agter vir standaard blokkies en ringe nie.Die beste is natuurlik om die aksie af te werk of om die shim tussen die blokkie en aksie in te sit.Jy moet egter die ringe lap anders kan jy jou scope beskadig