Page 1 of 1
Swaarste jakkals
Posted: Mon Jun 22, 2015 9:21 am
by Mac
Wat het jou swaarste geweegte jakkals geweeg?
Re: Swaarste jakkals
Posted: Mon Jun 22, 2015 9:40 am
by KSV
14 Kg gemeet met n OPS.
Re: Swaarste jakkals
Posted: Mon Jun 22, 2015 9:54 am
by James Wilson
Ek het destyds net sopas aangesluit by Jaracal toe word hierdie selfde vraag gevra. Ek het toe ook soos KSV gesĂȘ, ek het n 14kg geskiet. Die manne het toe maar swaar gesluk aan my gewig. Ek later self begin wonder of ek nie iewers n fout gemaak het nie, want niemand het al so n swaar jakkals geskiet nie. Seker so 3 jaar later het ek egter weer n jak geskiet van 14kg.( dink ek het nog n foto iewers)
So my antwoord is verseker 14kg
Re: Swaarste jakkals
Posted: Mon Jun 22, 2015 10:33 am
by Smirre
More
Teef 9.6kg
Reun 13,3kg
SMirre
Re: Swaarste jakkals
Posted: Mon Jun 22, 2015 10:47 am
by jak101
Reun, 11kg.
Re: Swaarste jakkals
Posted: Mon Jun 22, 2015 11:26 am
by KSV
Dink ek het so 2 weke terug n teef geskiet wat ek dink daai 14kg Reun 'n "run for his money: sou gee. Egter nooit geweeg nie. Die grootste teef (6jr)wat ek sover nog gesien het. Die reun was nie ouer 2 jr nie.
https://dl.dropboxusercontent.com/u/102567775/Jakkals%20teef%206jr%20Poplars%20NC.jpg
Hoe is daai vir n teef? Ek is 1.75 en nee Eugene, Marno en Pieta eks nie dik nie.
Re: Swaarste jakkals
Posted: Mon Jun 22, 2015 6:40 pm
by 222 Sako
My honde het laas jaar een gevang wat 12.5kg was. Daai 14kg manne moet monsters wees, nie gedink hulle kom daar nie.
Re: Swaarste jakkals
Posted: Tue Jun 23, 2015 11:29 am
by James Wilson
Bietjie in die argiewe gaan krap, as ek reg onthou is hierdie een van die twee jakke wat ek geskiet het wat 14kg was. Noggal n dagroep
Re: Swaarste jakkals
Posted: Wed Jun 24, 2015 1:38 pm
by KSV
James,
Was dit jong Jakkalse?
Re: Swaarste jakkals
Posted: Wed Jun 24, 2015 2:18 pm
by James Wilson
Jy vrae my vas!
Re: Swaarste jakkals
Posted: Thu Jun 25, 2015 2:35 pm
by Martin Marais
Het bietjie nageslaan,swaarste reun wat ek geskiet het was 11,5kg.
Re: Swaarste jakkals
Posted: Thu Jun 25, 2015 4:39 pm
by Henry 7
Martin
Ek glo nie ons kant toe gaan ons by 14kg uitkom nie.
Ons jakke is dalk bietjie fikser as die noorde se jakkalse?
Re: Swaarste jakkals
Posted: Thu Jun 25, 2015 4:54 pm
by Martin Marais
Henry
Jy praat groot waarheid. Oorgewig jakkalse sal sukkel hier in die berge. Ons skiet in elkgeval die jakkalse dood lank voor hul trofee status kan bereik.

Re: Swaarste jakkals
Posted: Thu Jun 25, 2015 7:23 pm
by Slicktrick
Ek het die 2 geskiet 06 Maart 2015
Hulle albei is so 5-6 jaar oud.
Teef en reun. Die reun 12.7kg
Groot Jakkals.jpg
Re: Swaarste jakkals
Posted: Mon Jun 29, 2015 6:15 am
by Bushpig7
Hallo
The jackal that live on dairy farms and intensive beef farms are definitely bigger/heavier than the ones on extensive mountain farms. My estimate is a difference of 3 to 4 kg. Dairy calves and afterbirths are a lot better and more constant food source than the seasonal calving lambing on extensive farms when they are just seasonal supplements.
Get 14kg jackal about once in 3 months the biggest has been one male of 15.2 actually wondered if it was not an German Shepard cross. Sorry no photo
Bushpig 7