Page 1 of 1

Truvelo Aksies

Posted: Thu May 12, 2011 1:20 pm
by Gernie
Goeie dag almal.

Ek wil graag weet wat julle man dink van Truvelo se aksies? Ek het 'n joseph just ferlach loop in 308, so lekker dikke, wat ek 'n geweer van wil maak. Die budget is so bietjie beperk, maar wil ook 'n ordentlike ding laat doen.

Enige ander ideas?

Dankie,

Re: Truvelo Aksies

Posted: Thu May 12, 2011 1:25 pm
by tripodmvr
Truvelo het ons jagverenigingtak die' maand besoek. Hul aksies lyk enorm sterk en werk baie glad. Dit is egter swaarder as normale K98 of soortgelyk.

Re: Truvelo Aksies

Posted: Thu May 12, 2011 2:10 pm
by Gernie
Dankie vir die raad manne.

Ek het eintlik 'n P14 aksie, maar die ding is nie lekker nie. Waneer mens die slot net oopmaak, sonder om terug te trek, moet dit weer vorentoe gestoot word. Weet nie regtig hoe om dit te verduidelik nie, maar kan dit reg maak? Ek sal graag 'n magasyn wil he, is nie te erg oor enkel skoot nie. Die Howa aksies lyk vir my heel goed.

Dankie,

Re: Truvelo Aksies

Posted: Thu May 12, 2011 2:13 pm
by tripodmvr
P14 is 'n baie goeie aksie. Laat geweersmid na hom kyk. Moontlik min verkeerd. Enigste neukery is blykbaar die vierkantige skroefdraad wat die' aksie het.

Re: Truvelo Aksies

Posted: Thu May 12, 2011 7:22 pm
by Lamtjop
Gernie
Jong dit klink of daar niks fout is met jou p14 aksie nie, hul maak maar so. n P14 "cock" nie met die slot se toemaak nie, maar met die vorentoe stoot van die slot, jy sal voel as jy die slot vorentoe stoot sonder om die grendel af te druk en jy los die slot sal hy terug spring. Ek het gehoor dat die geweersmede hom kan verander dat hy soos ander slotte werk.
Groetnis

Re: Truvelo Aksies

Posted: Thu May 12, 2011 7:36 pm
by tripodmvr
Die Lee aksie werk ook so en daarom kan hulle so vinnig geskiet word. Om die aksie te span met die oopmaakslag verg krag en vertraag die siklus. Die toemaakslag het momentum betrokke en daarom word die veer maklik gespan. Los die aksie nes hy is, dit verander niks aan sy betroubaarheid.

Re: Truvelo Aksies

Posted: Fri May 13, 2011 8:23 am
by James Wilson
onthou maar net dat die P14 en die k98 aksies militere aksies is. om altyd te skiet onder alle omstandighede was die eerste prioriteid. om akuraat te skiet was die tweede prioriteid.  as jy jou hande iewers op musgrave mod 80 of 90 kan le sal jy beter doen ten opsigte van akuraatheid as n p14

Re: Truvelo Aksies

Posted: Fri May 13, 2011 8:27 am
by Gernie
Shoe, nou lyk die projekkie of dit goedkoper gaan wees as wat ek verwag het ;D.

Dankie vir als die raad en insig.

Gernie