Page 1 of 1
My Voerplek
Posted: Sun Jun 21, 2015 2:52 pm
by Slicktrick
Middag almal.
Ek het weer aan my voerplek gewerk. Voer nou al vir so week.
Eks op soek na n vark of twee.
So paar foto's.
PICT0290 [voerplek] [voerplek].JPG
PICT0357 [voerplek] [voerplek].JPG
PICT0432 [voerplek] [voerplek].JPG
Re: My Voerplek
Posted: Sun Jun 21, 2015 2:56 pm
by Slicktrick
PICT0424 [voerplek].JPG
PICT0499 [voerplek].JPG
PICT0554 [voerplek].JPG
Re: My Voerplek
Posted: Sun Jun 21, 2015 3:11 pm
by Slicktrick
En toe kry ek die mnr.
PICT0386 [voerplek] [voerplek].JPG
Ek het sy tyd mooi dopgehou .Elke dag mooi gevoer.
My boog afgestof en als na gegaan.
Saterdag was ek reg vir hom. Tree stand geklim 3m hoog skoot afstand 18meter.
Die vark was so 5min laat en toe kom hy met n drafstappie in en daar steek hy toe vas en dis die laaste van hom.
Ek het hom so 50m gekry.
IMG-20150620-WA0006-1 [voerplek].jpg
Lekker as jy 100% kry vir jou huiswerk.
Ek het maar gedink ek deel dit met julle.
Re: My Voerplek
Posted: Sun Jun 21, 2015 3:21 pm
by Pvdw
Al te lekker. Daai bosbokkies is iets om te geniet.
Re: My Voerplek
Posted: Sun Jun 21, 2015 3:49 pm
by ruaanb
netjies gedoen!
Re: My Voerplek
Posted: Sun Jun 21, 2015 3:49 pm
by henried
Ek sal ook eerder die bosbok vat...
Geluk met die vark.
Re: My Voerplek
Posted: Sun Jun 21, 2015 3:58 pm
by Kallie404
Lekker, wat het jy gevoer dat die bosbokke ook so lekker saam eet??
Re: My Voerplek
Posted: Sun Jun 21, 2015 4:14 pm
by VdWalt
Baie geluk met die vark!
Re: My Voerplek
Posted: Sun Jun 21, 2015 5:07 pm
by Slicktrick
Dankie julle.
Pvdw : Ja die bosbokke is nogal n mooi prentjie as jy so sit en wag. Ek het so 20 hektaar wat ek hulle bymekaar maak.
Die mense rondom ons skiet lekker voor die voet en hulle raak al minder. Nou maak ek hulle maar bymekaar.
Kallie404: Ek het so klein vleiland geskep groen gras en bome reg deur die jaar en dan het ek 'n soutblok en wildsbok op 'n sentrale plek.
Re: My Voerplek
Posted: Sun Jun 21, 2015 6:47 pm
by James Wilson
Wat gebruik jy vir voer vir die varke?
Re: My Voerplek
Posted: Sun Jun 21, 2015 7:09 pm
by Slicktrick
James ek koop 'n 50kg sak mielies dan gooi ek dit in 'n groot drom saam met 2kg bruinsuiker en 'n pakkie gis.
Dan gooi ek water by tot so ent bo die mielies en los dan vir so 3dae, dan meng ek dit lekker en gebruik soos nodig.
Saam met dit gooi ek so elke 2de dag 'n asblik vol afval kos wat van die lodge af kom.
Re: My Voerplek
Posted: Sun Jun 21, 2015 7:32 pm
by Cornelius
Baie netjies. Wat skat julle manne daai bosbok ram?
Re: My Voerplek
Posted: Sun Jun 21, 2015 8:51 pm
by Slicktrick
Sal skat so 14"
Re: My Voerplek
Posted: Mon Jun 22, 2015 8:31 am
by Boesman10
Dit was nou 'n goeie plan was gewerk het hier vir jou. Mooi ene.
Re: My Voerplek
Posted: Tue Oct 15, 2019 6:51 pm
by ChristoK
Het jy 'n platform in 'n boom gebou, of is dit 'n gekoopte treestand soos die amerikaners gebruik vir whitetails?
Re: My Voerplek
Posted: Tue Oct 15, 2019 9:17 pm
by PWV
Mooi, lelike vark!! Baie geluk!!!
Re: My Voerplek
Posted: Wed Oct 16, 2019 5:14 am
by ruaanb
2015 manne
Re: My Voerplek
Posted: Wed Oct 16, 2019 8:15 am
by tripodmvr
Dit lyk nie asof Slicktrick sedert daardie jaar weer iets op Jaracal geskryf het nie.