Page 1 of 1

n Rewolwer jag

Posted: Thu Jun 18, 2015 1:39 pm
by Ferdi Bam
Hi Almal,

Ek het Saterdag n blesbok met my .45 Colt gejag. Ek wou dit nog altyd doen en het die afgelope ruk n paar blesbokteikens vol gate geskiet om te oefen. Dit was egter nie so spectacular as wat ek gedink het nie. Ek het baie planne gehad om die blesbokke te uitoorlê waarvan daar niks gekom het nie. Het in die kamp ingery en nadat die res weggehol het het die een en nog so paar eenkant bly staan. Ons het nader gery en hulle het onrustig rondgetrap en weggedraf. Dit het toe so paar keer gebeur. Ons los hulle toe eers en kyk of ek nie met die geweer(.223Rem) n paar kan skiet nie. n Ooi met n lam bly egter wegbreek en vat die klomp randjie toe. Gatvol besluit ons om eers huistoe te gaan en iets te eet en dan weer terug te kom. Alleen die keer, oppad terug ry ek toe weer in die ram en sy groepie vas. Ek probeer die afstand bepaal want my voorafbepaalde maksimum is 35m wat baie ver is. Ek sit die bakkie af en bekyk die bok en hy staan. Hy draai toe weg en stap so ent en kyk na die bakkie toe ek uitklim. Dit kan nie waar wees nie.
Toe die koeël hom tref vlieg hy uit sy spore uit maar begin draf na so ent en begin steier en val om. Toe eers besef ek hoe ek bewe en uit asem ek is. Gereed om weer te skiet stap ek nader en sien dat die skoot mooi geplaas was en dit is verby.
Dis moeilik om te tê hoe ver hy gestaan het maar ek dink nie dat dit verder as 30m was nie.
Ek het n 255gr SWC gegote koeël, teen 816vps gebruik in die .45 Colt.

Groete

Ferdi Bam

Re: n Rewolwer jag

Posted: Thu Jun 18, 2015 2:17 pm
by ruaanb
Netjies somtyds is die geluk net daar vir 'n man.

Re: n Rewolwer jag

Posted: Fri Jun 19, 2015 8:03 am
by swc-tr
Baie geluk Ferdi, mooi gedoen.

Met daai lae snelheid en "non-expanding" koeel, neem ek aan daar was bittermin vleisskade gewees?

Re: n Rewolwer jag

Posted: Fri Jun 19, 2015 8:41 am
by Ferdi Bam
Schalk,

Ek is nie so seker oor dit nie. Die in en uitgangswond mag dalk klein wees maar daar was baie bloed tussen die weefsel, op die blaaie en die ribbes en ek het meer vleis verloor as verwag. Ek sal fotos plaas dan kan jy en die Forum kommentaar lewer. Die koeël trek maar teen 816vps maar jy sal verbaas wees as jy die hoeveelheid bloed sien. Die stelling " feitlik of geen vleisskade..." van toepassing op gewere met n hoë koeëlspoed wat dikwels gebruik word..............laat my wonder na die skoot.

Groete

Ferdi Bam

Re: n Rewolwer jag

Posted: Fri Jun 19, 2015 8:50 am
by Geno
Geluk Oom Ferdi!

Dis nie enigiemand wat 'n blesbok met 'n rollie kan klop nie!

Re: n Rewolwer jag

Posted: Fri Jun 19, 2015 9:03 am
by THOMAST
Baie geluk Ferdie, ek vermoed die groot metplat van die koeël het dalk iets te doen met die klomp bloederigheid wat jy gesien het.

Re: n Rewolwer jag

Posted: Fri Jun 19, 2015 9:28 am
by toelie
Sjoe wel gedaan

Re: n Rewolwer jag

Posted: Fri Jun 19, 2015 9:39 am
by Deon R
Baie geluk Ferdi!

Re: n Rewolwer jag

Posted: Fri Jun 19, 2015 2:40 pm
by HoggerNaut
Nize!

Ekt seld n plan of twee met die rollie die jaar.

Re: n Rewolwer jag

Posted: Mon Jun 22, 2015 9:09 am
by Boesman10
Lekker ene. Geluk.

Re: n Rewolwer jag

Posted: Tue Jun 23, 2015 12:28 pm
by vossie1
Baie mooi.

Re: n Rewolwer jag

Posted: Tue Jun 23, 2015 4:17 pm
by jamalley
Baie mooi gedoen

Re: n Rewolwer jag

Posted: Mon Jun 29, 2015 2:35 pm
by Ferdi Bam
Toe ek die plasing gemaak het het ek gesê dat ek teleurgesteld was in die hoeveelheid bloed en vleisskade. Ek plaas nou die fotos daarvan, intussen het ek ook n rooibok gejag en geskiet met n .303Br en n PMP 174gr fabrieksgelaaide patroon. Dit was asof die skade hier minder was en die koeël trek teen n maksimum van 2465vps volgens die nuutste Somchem boekie. Die koeël het die bok min of meer op dieselfde plek getref. Wat ek nie verstaan nie is dat die stadige koeël meer bloed veroorsaak. Ek het dit ook ondervind met bokke(rooibok, blesbok, swartwildebees) met die 45-70 en Martini Henri wat ek met die 535gr Postell koeël geskiet het uit "onkunde". Die Postell koeël is n spitzer spesiaal ontwerp vir langafstand BPCR skyfskiet. Dit moes ook nie of bitter min skade veroorsaak het maar alles behalwe. Die spoed van die koeël is 1260vps in die 45-70 en 1150vps in die Martini Henry. Ongelukkig het ek destyds nie fotos hiervan geneem nie, was onnodig en bloot maar deel van die jag. Ek het ook nie n foto van die Postell koeël nie maar hy lyk maar soos n gewone spitzer net heelwat groter. Ek plaas ook n foto van die rewolwer en patroon/koeël waarmee ek die blesbok geskiet het.
Ek lees dikwels van die min vleisskade wat manne van skryf of praat. Elke ou se min val binne sy eie verwysingsraamwerk wat hy as min beskou. Volgens my kry jy net min of geen vleisskade as jy n bok in die kop skiet. Die ander 6 blesbokke wat ek in die nek geskiet het met die .223Rem, 69gr NCC, teen 2934vps het sulke mooi tonnels deur die nek gehad en van hulle was maar bietjie ver so n mens sou dink die koeël bly bymekaar. Die kopskote se oë het uit die kaste gespring as hy mooi in die middel van die bles getref is. Gross dammit. Geen van hierdie punte is herwin nie want daar was niks om te herwin nie. Die gevolgtrekking wat ek maak is dat (kopskote uitgesluit) daar altyd bloed/vleisskade aan n karkas sal wees en die "min of geen skade......ek weet nie so mooi nie. Jag is immers n doodmaak proses en bloed en skade gaan gepaard hiermee.

O ja ek vermoed dat dit plat meplat is van die rewolwer se koeël wat baie bloed veroorsaak.

Dis maar my siening.

Groete

Ferdi Bam

Re: n Rewolwer jag

Posted: Mon Jun 29, 2015 2:41 pm
by Ferdi Bam
Die patroon en punt

Re: n Rewolwer jag

Posted: Mon Jun 29, 2015 2:48 pm
by swc-tr
Ferdi, ek wonder hoeveel mense weet dat die kaliber al in 1873 deur die VSA weermag indiens geneem is.
Een van die ontwerp vereistes was dat die koeel deur 'n perd moes kan penetreer en die vyand (Rooihuid?) daaragter steeds dood!!
Die oorspronklike specs was 'n 250gr loodpil met 40gr swartkruit @ 900fps, daardie koeel en snelheid werk nog vandag steeds.

Re: n Rewolwer jag

Posted: Mon Jun 29, 2015 3:03 pm
by Ferdi Bam
Schalk,

Hy het deur daardie blesbok gefluit as ek dit so kan noem. Soos enige ander swaar kaliber koeël wat teen n redelike spoed van 2400vps trek. Ek begin alhoemeer daaraan dink om vir my so kaliber geweer aan te skaf, veral vir die bosveld tot op so 150m. Vreemd dat hy nie so bekend is in ons land nie.
Ek plaas fotos van die wond van die rooibok wat ek met die .303Br gejag het ook nou.

Groete

Ferdi Bam

Re: n Rewolwer jag

Posted: Mon Jun 29, 2015 3:10 pm
by Ferdi Bam
Schalk,

So ruk terug het ek weer so buskruit gevoel gekry en die gelukkige wenner was die Colt. Met 40gr FFFg wat gecompress was kon ek nie glo hoe hy skiet nie. Ideale terugskop met baie rook, man wat n oomblik. Het myself weer verbeel ek is Audy Murphy op n perd. Met hierdie kombinasie gaan ek nog eendag ook n bok aandurf. Dit sou die Indiane nie gehelp het om weg te kruip agter die perd nie, dis al wat ek kan sê.

Groete

Ferdi Bam