Page 1 of 2
Plaas beveiliging
Posted: Thu Jun 18, 2015 10:48 am
by Eduard Venter
Gisteraand is daar nou vir die 3de keer die jaar by ons ingebreek op die plaas. Hulle was wel net eenkeer in die huise die ander kere sonpanele afgehaal en goed uit die store uit gesteel. Bakkie is ook geskenk aan ons voorheen benadeeldes sonder ons kennis. Moet se ons het amper niks sekuriteit op die plaas nie. Net n draad wat nie veel help nie. Ons gaan nou n 2.4m elektriese heining met overhang span met beton sodat hulle nie kan onder deur grou nie. Ek soek nog voorstelle asb. Let wel daar is geen elektrisiteit nie maar ons is bereid om n sonpaneel of 2 op te sit. Ons bly nie op die plaas nie maar is gereeld daar. Insette sal waardeer word.
Groete
Re: Plaas beveiliging
Posted: Thu Jun 18, 2015 11:17 am
by Kolhasie
Eduard Venter wrote:Gisteraand is daar nou vir die 3de keer die jaar by ons ingebreek op die plaas. Hulle was wel net eenkeer in die huise die ander kere sonpanele afgehaal en goed uit die store uit gesteel. Bakkie is ook geskenk aan ons voorheen benadeeldes sonder ons kennis. Moet se ons het amper niks sekuriteit op die plaas nie. Net n draad wat nie veel help nie. Ons gaan nou n 2.4m elektriese heining met overhang span met beton sodat hulle nie kan onder deur grou nie. Ek soek nog voorstelle asb. Let wel daar is geen elektrisiteit nie maar ons is bereid om n sonpaneel of 2 op te sit. Ons bly nie op die plaas nie maar is gereeld daar. Insette sal waardeer word.
Groete
Slagyster,Veldkameras,Kopbene van bobejaan op drade met paar krale om,Borde wa op staan Samgoma in action.
Groete KH
Re: Plaas beveiliging
Posted: Thu Jun 18, 2015 11:19 am
by Eduard Venter
Ek is net bang ons vang ons eie mense met die slagysters
Re: Plaas beveiliging
Posted: Thu Jun 18, 2015 12:10 pm
by Carl
Kolhasie wrote:
,Kopbene van bobejaan op drade met paar krale om,Borde wa op staan Samgoma in action.
Groete KH
Vereenselwig jou met hulle gode of stel vertroue daarin neewat.
Eduard, Wil jy beveilig vir wanneer jy daar is? Of vir beide? Julle probleem is die manne weet julle is nie daar en dus weet hulle, hulle het baie tyd. Elektriese draad, alarms stop nie iemand wat tyd het nie. Dit is byna onmoontlik om die plaas te beveilig indien daar nie iemand fisies binne 'n redelike tydperk op die plaas kan wees nie. Is daar so persoon?
Re: Plaas beveiliging
Posted: Thu Jun 18, 2015 12:13 pm
by Eduard Venter
Ons wil maar beveilig vir as ons daar is en as ons nie daar is nie so moeilik as moontlik vir hulle maak.
Re: Plaas beveiliging
Posted: Thu Jun 18, 2015 12:25 pm
by Smirre
Eduart
Hulle het nou weer in die omgewing n lorrie probeer steel
Na leuenverklikker...sy voorman..werk al 15jaar daar
Kyk maar na jou mense
Smirre
Re: Plaas beveiliging
Posted: Thu Jun 18, 2015 12:29 pm
by Eduard Venter
Mag mens n ander plaas se werker op die toets sit? Ons vermoed daai werker het iets te doen daarmee. Wat is die stappe om te volg?
Re: Plaas beveiliging
Posted: Thu Jun 18, 2015 12:31 pm
by Smirre
Nee.... nie sover ek weet nie
Re: Plaas beveiliging
Posted: Thu Jun 18, 2015 12:44 pm
by Plaashaas
Eduard Venter wrote:Mag mens n ander plaas se werker op die toets sit? Ons vermoed daai werker het iets te doen daarmee. Wat is die stappe om te volg?
Poligrawe is useless! Ek het al gesien hoe iemand fail op 99% maar toe onskuldig was.
Gaan kyk na hierdie produk...
http://www.tacticalquartermaster.co.za/ ... cts_id=679
Ons het van hulle by ons clubhuis geinstaleer nadat hulle n klomp keer daar ingebreek het. Na die instalasie amper n jaar terug het hulle nog nie weer ingekom nie.
Hulle het ook n ander produk wat werk...
http://www.tacticalquartermaster.co.za/ ... cts_id=297
Re: Plaas beveiliging
Posted: Thu Jun 18, 2015 1:00 pm
by Eduard Venter
Ons het n soortgelyke stelsel wat ons by die deure insit. As hy beweging optel gooi pepersproei in die ou se gesig in. Daai tripwire ding lyk egter na n goeie opsie.
Re: Plaas beveiliging
Posted: Fri Jun 19, 2015 8:24 pm
by hierswolf
Eduart, ek het self 'n 2.4m elektriese heining om my stoor op die plaas en sover werk dit goed.
My opstel is 24 lyne, 140W paneel, Druid 114 energizer, regulator, 100 AH battery en GSM module.
Met hierdie opstel het ek 'n alarm wat afgaan sodra die draad gesny of geshort word, en kry ek 'n sms. Die sisteem het tot 'n tamper alert wat 'n sms stuur as iemand aan die boks stamp.
Ek het alles in 'n shockbox gesit wat Nemtek verkoop. As iemand wat nie moet nie met hom peuter gaan hy in wees vir 'n lekker verassing.
As jy praat van 'n overhang praat jy van bo? In dien wel, dink ek nie jy gaan dit nodig he nie. Wat jy kan doen is om jou boonste drade lekker los te span sodat as iemand probeer oor klim die heining maklik short en die alarm afgaan.
Iemand het my 'n goeie idee gegee om te keur dat hulle nie onder deur kan grou nie. Begrawe conveyer belt onder die heining. Jy kan altyd ook 'n gordyn span.
Gebruik inline loops om jou heining meer sensitief te maak, veral onder. Werk soos 'n bom.
As ek 'n voorstel kan maak, gee Nemtek 'n lui en vra om met een van hulle reps te praat. Hulle sal jou verseker kan advies gee. Hulle is baie behulpsaam.
Gaan jy self die heining opsit of kry jy iemand om dit te doen?
Re: Plaas beveiliging
Posted: Fri Jun 19, 2015 8:31 pm
by Eduard Venter
Ja overhang is bo op. Daar was n ou by ons op die plaas van een of ander omheinings plek wat die draad vir ons gaan span. Hy het baie dieselfde as wat jy genoem het voorgestel. Sal definitief kyk na die shockbox. Ons gaan heel moontlik 36 lyne span op 2.4m. Dankie vir die terugvoer
Re: Plaas beveiliging
Posted: Tue Sep 01, 2015 8:12 pm
by Eduard Venter
Nou ja die elektriese heining is gespan so paar weke terug. Gisteraand het hulle weer probeer inbreek maar die heining het hulle uitgehou.
Re: Plaas beveiliging
Posted: Tue Sep 01, 2015 9:01 pm
by jamalley
Ek glo die elektriese heining gaan week, maar die manne leer vinnig net soos ñ jakkals.
Re: Plaas beveiliging
Posted: Wed Sep 02, 2015 1:04 pm
by Hugo
Ek is nou op die volgende.
Pepperspray en limit switch alalrms op alle stoor deure, met soundbombs binne kant.
Curtain beams om die boskamp asook pepper spray in die kombuis met n 1000voet sirene op n PIR in die boma
Pepper spray in die huis, elektriese heining om die huis, in proses om perimeter beams op te sit 1m binne die heining, dan teen die huis 12-20m curtain beams op te sit, dus as jy binne 12-20m van die huis af kom gaan die beam jou sien. Ek plant ook pale die nawekk met sensor ligte op die perimeter.
Ek is redelik gatvol vir diefstal.
Re: Plaas beveiliging
Posted: Wed Sep 02, 2015 1:08 pm
by VdWalt
Hugo, jy het die idee!!
Re: Plaas beveiliging
Posted: Wed Sep 02, 2015 1:20 pm
by Capt. Yoda
Hugo wrote:Ek is nou op die volgende.
Pepperspray en limit switch alalrms op alle stoor deure, met soundbombs binne kant.
Curtain beams om die boskamp asook pepper spray in die kombuis met n 1000voet sirene op n PIR in die boma
Pepper spray in die huis, elektriese heining om die huis, in proses om perimeter beams op te sit 1m binne die heining, dan teen die huis 12-20m curtain beams op te sit, dus as jy binne 12-20m van die huis af kom gaan die beam jou sien. Ek plant ook pale die nawekk met sensor ligte op die perimeter.
Ek is redelik gatvol vir diefstal.
EK sal myself dam elke 2de Woensdag aand lekker laat skrik as ek by daai huis in kom
Re: Plaas beveiliging
Posted: Wed Sep 02, 2015 1:25 pm
by Hugo
Hahaha, manne alles werk op Remote, keypad en selfoon.
Ek bly nie daar nie, so ek moet planne maak.
Re: Plaas beveiliging
Posted: Wed Sep 02, 2015 1:30 pm
by Carl
Capt. Oblivious wrote:
EK sal myself dam elke 2de Woensdag aand lekker laat skrik as ek by daai huis in kom
Golf? Of ander stokperdjie!?
Re: Plaas beveiliging
Posted: Wed Sep 02, 2015 2:15 pm
by FHM
Ja manne, waar is die dae wat ons jaar in-en-uit die plaashuis kon ooplos en na die buurman toe ry met perde en die hele middag daar kuier en terugkom en ousie Lena staan en bak vetkoek op die koolstoof vir ons jong klomp en Jonas vee die stoep af en alles is piekfyn op die plaas, jaar in-en-uit...wat hartseer is is dat my kinders nooit weer daai 'vrede, vertroue en veiligheids gevoel' sal ervaar nie - dis vir altyd verby.

Re: Plaas beveiliging
Posted: Wed Sep 16, 2015 8:20 pm
by Eduard Venter
Net bietjie terugvoering oor die nuwe elektriese heining Hulle het gisteraand nou vir die 2 de keer probeer inbreek op die plaas na die draad op is en die draad het hulle nou die 2 de keer weer uitgehou.
Re: Plaas beveiliging
Posted: Wed Sep 16, 2015 10:12 pm
by Gabriel Lewis
Dis fantasties dat dit hulle uithou, baie bly vir jou part. Maak mens net hoogs de hel in dat jy soveel geld moet uitgee om jouself en jou besittings te beskerm.
Re: Plaas beveiliging
Posted: Thu Sep 17, 2015 10:05 am
by Dawie Malan
Die beste ding vir plaasbeveiliging is 'n geëlektrifiseerde heining en twee groot honde wat buite slaap. As jy nie meer op die plaas woon nie, laat jou werker, met 'n selfoon, in 'n bediendekamer op die werf woon.
Wat ironies is, is dat die beste wenke vir plaasbeveiliging uit voorskrifte kom in die tyd van die Grensoorlog en hierdie boeke nou weer oopgeslaan word.
Groete
Dawie
Re: Plaas beveiliging
Posted: Thu Sep 17, 2015 10:48 am
by FHM
Bly jou maatreels werk sover Eduard!
hier is ook n paar idees - jammer dis Ingrish

, dis te veel om te vertaal
4 Tips for Better Farm Security:
Make It Harder to Gain Access
Sometimes all it takes to deter a potential thief is limiting the access to your farm. Put up a perimeter fence or post “restricted access” signs that detail your security measures.
Install Security Lighting
Make sure your farm is well lit with security lighting triggered by motion sensors. Attempted intruders will be less likely to commit a crime if they fear their actions may be easily seen.
Install Security Cameras
Not only can security cameras help bring potential thieves to justice, their mere presence can also deter a crime from happening in the first place.
Invest in a Wireless Security System
Wireless detection technology has becoming more popular on farms in the last several years as advancements to help protect against outdoor elements have made this ultra-secure option more feasible. Without the added installation costs of a hardwired system, wireless security can be a very cost effective option for farmers looking for further peace of mind.
You can’t be expected to always protect your farm from intruders, but you can take additional security measures that make your farm less vulnerable.
Occasionally, thieves or even trespassers will find their way onto your property.
Here’s some good advice to help eliminate this:
Signs – As we mentioned before, most trespassers won’t do so maliciously. The most common visitor on your farm will be hikers who are cutting across your land. Often they won’t even realise where they are. A simple way to restrict this is with signs around the perimeter of your land. A simple ‘trespassing prohibited’ sign will be more than enough to ward off most walkers.
Make your workers aware – On large farms, you’ll have a variety of employees tending to your land. It’s really important to make them aware of potential intruders and security hazards. Make sure that it’s part of their job to report any suspicious activity or trespassing. This could also mean reporting any vandalism to property or equipment.
Physical barriers – Although signs are useful, they aren’t always visible. One easy way to remedy this is to implement physical barriers. This could be fences or barbed wire if you’re feeling particularly preventative. In some cases, planting hedges will be more than enough to deter intruders. More importantly, it will conceal your land and hide potential thievery targets.
Alarms and motion sensors - Motion sensors around your perimeter are a fantastic way to raise awareness. Of course, you’ll often pick up the odd walker by accident. So place the majority of your motion sensors closer to your property or expensive equipment. Alarms and CCTV cameras are another great deterrent. Sometimes just a visible camera will be enough to fend off thieves.
Firearms – Not every farmer will condone the use of firearms and weapons. However, it is a proven deterrent on large farms. If you do store them, make sure that you know how to keep your firearms safe. Never keep weapons under your bed or in reach of children. Learn how to build a gun cabinet and keep it locked. This should be your last resort when threatening intruders.
Guard dog – No farm is complete without a dog anyway! They will be your best friend, your farm hand and your personal security guard. A dog’s bark often carries a strong warning to potential intruders. Sometimes that’s all you need.
Farms are a high target for thieves. There is plenty of expensive equipment and crops to be had. It’s important that you take steps to protect your land. Follow these tips and you’ll stay safe and secure.
Re: Plaas beveiliging
Posted: Thu Sep 17, 2015 11:37 am
by Capt. Yoda
FHM wrote:
Guard dog – No farm is complete without a dog anyway! They will be your best friend, your farm hand and your personal security guard. A dog’s bark often carries a strong warning to potential intruders. Sometimes that’s all you need.
Kry somer 4 van die manne om saam met jou te slaap!
http://carolinastylekennels.com/ghostbearrear.jpg