Page 1 of 1
.243 win vir medium tot lang afstand??
Posted: Wed Jun 17, 2015 6:58 pm
by Roden
Ek skiet met n Howa .243 , en het al suksesvolle skote tot op 500m geskiet , maar hoe sal hy op 700-800m werk met die regte scope? Skiet gewoontlik van jakkalse tot op na blessbokke
Re: .243 win vir medium tot lang afstand??
Posted: Wed Jun 17, 2015 8:01 pm
by Capt. Yoda
Druk n 105gr Amax in hom en skiet hom tot op 1400yards +
Re: .243 win vir medium tot lang afstand??
Posted: Wed Jun 17, 2015 8:03 pm
by Eduard Venter
Roden wrote: maar hoe sal hy op 700-800m werk
Trek net die sneller so bietjie harder

Re: .243 win vir medium tot lang afstand??
Posted: Wed Jun 17, 2015 8:10 pm
by joe rocket
Gawie13mm skiet n Howa 243 met n John Deere kolf, sierra 85 grein koeël 1085m. Jou Howa sal werk op 800m met n goeie scope en 20 moa picatiny rail. Jy kan ook aan jou sneller laat werk of n ander sneller installeer. Weet nie of jou kolf gebed is of nie, dit sal ook help. Die Howa loop soos stroop. Ek sal net nie na n bok op daardie afstand skiet nie.
Re: .243 win vir medium tot lang afstand??
Posted: Wed Jun 17, 2015 8:12 pm
by Roden
Sal bietjie uitkyk na die 105gr, het al ouens gevra oor dit toe se hulle dat jy n sekere twist op jou geweer se loop nodig het
Re: .243 win vir medium tot lang afstand??
Posted: Wed Jun 17, 2015 8:16 pm
by Capt. Yoda
Roden wrote:Sal bietjie uitkyk na die 105gr, het al ouens gevra oor dit toe se hulle dat jy n sekere twist op jou geweer se loop nodig het
Ja hulle werk op hul beste in n 1/9 twist maar hulle sal werk in jou 1/10 twist Howa, as jy in die Hoeveld is sal hy nog beter wees. Kyk of jy n paar kan kry dan skiet jy hulle, is n lekker langgggg koel.Ander kyk na 87gr vmax, 87gr Bergers of self 95gr Balistic Tip.Hulle almal maak dit tot op 1k. Ek speel ook nou met die langer 105s en kan nie wag om te sien wat hulle maak nie, 105gr Berger, Hornady of Nosler teen 2900fps kan net lekker werk....nou moet hulle net werk
Re: .243 win vir medium tot lang afstand??
Posted: Wed Jun 17, 2015 8:26 pm
by Rudie
Roden daar is manne wat die 105gr Amax skiet in die Howa. Ek dink jy gaan hulle kan skiet in die hoëveld maar ook maar net net. Ek kon nie konstant akkuraatheid kry met hulle nie. 1 in 9 twist loop word aanbeveel maar 1 in 8 is die antwoord as jy regtig die lang swaar klippe wil skiet.
Jy kry baie skote op 300m wat nie eers A3 papier tref nie en ek skiet hulle in 'n Ackley so kry nog bietjie spoed by wat stabiliteit bevorder. Hulle is goedkoop om te skiet so toets hulle en kyk. Die 100gr Sierra SPBT het baie beter gewerk vir my en BC is ook lekker hoog.
Re: .243 win vir medium tot lang afstand??
Posted: Wed Jun 17, 2015 8:36 pm
by Capt. Yoda
Rudie wrote:Roden daar is manne wat die 105gr Amax skiet in die Howa. Ek dink jy gaan hulle kan skiet in die hoëveld maar ook maar net net. Ek kon nie konstant akkuraatheid kry met hulle nie. 1 in 9 twist loop word aanbeveel maar 1 in 8 is die antwoord as jy regtig die lang swaar klippe wil skiet.
Jy kry baie skote op 300m wat nie eers A3 papier tref nie en ek skiet hulle in 'n Ackley so kry nog bietjie spoed by wat stabiliteit bevorder. Hulle is goedkoop om te skiet so toets hulle en kyk. Die 100gr Sierra SPBT het baie beter gewerk vir my en BC is ook lekker hoog.
Rudie, was akuraatheid maar net swak of het hul getumble?
Re: .243 win vir medium tot lang afstand??
Posted: Wed Jun 17, 2015 8:37 pm
by Roden
Ek sal bietjie kyk na die 105 greiners, die 100gr werk ook lekker, ek wil nou my Howa bietjie " upgrade " ook, kyk na n vortex hs-t 6-24x50 en n kolf met n thumbhole net om dinge bietjie gemakliker te maak
Re: .243 win vir medium tot lang afstand??
Posted: Wed Jun 17, 2015 8:41 pm
by Capt. Yoda
As die 105s nie vir jou werk nie kyk na Berger se 87gr VLD Hunting of Hornady se 87gr Vmax. Al 2 is redelik "maklik" bekombaar en al 2 sal goed werk in jou Howa
Re: .243 win vir medium tot lang afstand??
Posted: Wed Jun 17, 2015 8:48 pm
by Roden
Dankie vir die hulp, ek gaan van Albei laai en kyk watse een werk die beste
Re: .243 win vir medium tot lang afstand??
Posted: Wed Jun 17, 2015 8:52 pm
by Rudie
Kaptein die akkuraatheid was onvoorspelbaar. Ek het met 5 skoot groepering altyd een of twee gekry wat sommer 2 na 3 duim in enige rigting gegaan het.
Op 300m het ek skote gehad wat A3 heeltemal mis skiet. Ek het 'n goeie 200 uit geskiet en my bes probeer om hulle te kry om konstant te groepeer maar moed opgegee.
Re: .243 win vir medium tot lang afstand??
Posted: Thu Jun 18, 2015 3:23 pm
by Roden
Die patrone waarmee ek gewoontlik jag is PMP soft point maar ek't al agtergekom as ek nou verder skiet ( 800 - 900m ) lyk dit of hy effens regs trek, ek weet nie of dit die patrone is en of dit ek is nie
Re: .243 win vir medium tot lang afstand??
Posted: Thu Jun 18, 2015 4:14 pm
by Piet Pille
Capt. Oblivious wrote:As die 105s nie vir jou werk nie kyk na Berger se 87gr VLD Hunting of Hornady se 87gr Vmax. Al 2 is redelik "maklik" bekombaar en al 2 sal goed werk in jou Howa
Kaptein- vertel bietjie waar jy daai Bergertjies kry toe man..... Ek skiet hulle ook maar kry nie so maklik in die hande nie..
Re: .243 win vir medium tot lang afstand??
Posted: Thu Jun 18, 2015 6:12 pm
by Pinkes
Roden wrote:Die patrone waarmee ek gewoontlik jag is PMP soft point maar ek't al agtergekom as ek nou verder skiet ( 800 - 900m ) lyk dit of hy effens regs trek, ek weet nie of dit die patrone is en of dit ek is nie
Spindrift!!!
Re: .243 win vir medium tot lang afstand??
Posted: Thu Jun 18, 2015 6:15 pm
by Capt. Yoda
Piet Pille wrote:Capt. Oblivious wrote:As die 105s nie vir jou werk nie kyk na Berger se 87gr VLD Hunting of Hornady se 87gr Vmax. Al 2 is redelik "maklik" bekombaar en al 2 sal goed werk in jou Howa
Kaptein- vertel bietjie waar jy daai Bergertjies kry toe man..... Ek skiet hulle ook maar kry nie so maklik in die hande nie..
Piet, Molopo arms in Vryburg.Hy het n week terug vmaxe en daai Bergers gehad, skietwinkel in bloem het ook 2 weke terug nog gehad.As die man in Vryburg het en daar is n pein om te pos laat weet dan kan ons n plan sien.