Swarofski model verskille.

Post Reply
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Swarofski model verskille.

Post by raychell »

'n Vraag vir Koos
Kan jy asb die verkil in lenskwaliteit en lens "coatings" verduidelik vir die verskillende modelle of is almal dieselfde?
Is dit net die Z3 wat in VSA vervaardig word?
Die interne lense in die 30mm buis teleskope,is dit dieselfde grote as die van die 1" teleskope?
Ek dink antwoorde op die vrae sal ons kan help om die mees geskite nag teleskoop te kies.
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2160
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Swarofski model verskille.

Post by Koos Barnard »

Raynie
Net die Z3 word in Amerika vervaardig. Die kwaliteit van die lense en die coatings is vir alle modelle dieselfde. Dis net die Z6 met vergroting van 12x en meer wat HD-lense het. HD gee 'n uiters skerp beeld tot reg by die rand van die lens, maar laat ek dadelik byvoeg omtrent 95% van alle mense kan nie die verskil sien tussen HD en die ander lense nie, veral nie manne wat hier na 50 se kant toe trek nie. Die verskille tussen die "gewone" en HD lense is so klein dis vir die gewone jagter/skuts weglaatbaar. Sover ek weet is die interne lense dieselfde grootte maar ek sal uitvind of dit wel so is. Onthou egter dis nie die grootte van die interne lense wat die helderheid bepaal nie, maar hoofsaaklik die grootte van die voorste lens/objective bell. Ook die binne-afwerking van die scope tube. As dit te blink is weerkaats die lig meer in plaas van dat dit deur die lense gaan. Die groot verskille tussen die Z3, 4, 5, en 6 le in die zoom range. As almal 1x minimum gehad het sou die zoom wees 1-3x vir Z3, 1-4x vir Z4, 1-5x vir Z5, ensovoorts. Die parallaksverstellings, die verligte kruishare en 30mm tubes is ander dinge wat die prys opjaag as jy van die Z3 na die res beweeg, nie die verskil in kwaliteit van die lense nie (behalwe die HD by die Z6). Wat die scopes se vermoe betref om recoil te absorbeer is dit ook dieselfde vie alle modelle van Z3 tot Z6. Om die verskillende zoom ranges in te bou verg ook meer tegnologie en daarom is die Z4-Z6 duurder as die Z3. Miskien praat ek nou deur my nek ,maar soms dink ek jakkalsjagters soek iets wat nie bestaan nie. Geen scope gaan nag in daglig verander nie. Ek het op my dag ook taamlik in die nag geskiet en my mening is dat as jy nie met enige Swarovski met 'n 50mm objective bell 'n jakkals kan sien of skiet nie, jy nie die fout by die scope moet soek nie. Ek het vir Taffie 'n 2-12x50 gestuur en hy sal julle binnekort kan se wat hy van die scope dink.
Wederom
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Swarofski model verskille.

Post by raychell »

Dankie Koos
Ons wag met afwagting vir Taffie se terugvoer meskien moet een van die Roelofs ook daar 'n draai maak .
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
Post Reply