Page 1 of 1

44mag cast bullets

Posted: Mon Jun 15, 2015 2:04 pm
by vossie1
Dag Meneere ek dink sterk daaraan om vir my 44mag te cast vir jag en oefen,doen van julle dit en wat sal julle voorstel. Ek het so 400 250gr swc wat ek by die Oom by wie ek die rollie geerf het gekry. Die koele is 250gr en is van wheelweights gecast. Ek soek spesifiek iets vir jag en teiken,ek wil so veel as moontlik met hom begin skiet om my flinch onder beheer te kry. Julle raad word waardeur. ps as iemand weet waar ek n 44bullet mold kan kry laat weet my asb.

Groete
Vossie.

Re: 44mag cast bullets

Posted: Mon Jun 15, 2015 2:13 pm
by Rudi Fischer
Ek kry al my .44 se koeels by n man met die naam Laurie in Pta. PM my as jy Sy details soek

Re: 44mag cast bullets

Posted: Mon Jun 15, 2015 4:48 pm
by Bakkies303
Ek sien Lee het mold vir daardie kaliber op hulle webwerf. Het so 'n paar jaar terug hulle smeltoond gekoop vir lood smelt, maar toe ek verlede jaar weer een wou bestel kon ek nie. Ek is nie seker of jy dalk een direk sal moet inbring of sal die agente hom vir jou inbring.

Re: 44mag cast bullets

Posted: Tue Jun 16, 2015 6:33 pm
by Alwin
As die plaaslike verspreiders nie kan help nie, is die beste bron vir Lee produkte www.titanreloading.com
Dis 'n klein familie-besigheid met uitstekende diens en pryse. Die enigste probleem is ons plaaslike gewese poskantoor.

Re: 44mag cast bullets

Posted: Tue Jun 16, 2015 7:37 pm
by LoopSoosStroop
Alwin Fleischmann wrote:As die plaaslike verspreiders nie kan help nie, is die beste bron vir Lee produkte http://www.titanreloading.com
Dis 'n klein familie-besigheid met uitstekende diens en pryse. Die enigste probleem is ons plaaslike gewese poskantoor.
Yes, Titan is 'n great besigheid, het al baie molds by hulle gekoop, juis nou 'n nuwe ene vir die .357s oppad.

Maar ja, die poskantoor is die stukkende skakel.

Re: 44mag cast bullets

Posted: Tue Jun 16, 2015 8:26 pm
by Pvdw
Vossie doen jouself die guns en bedin self cast. Dis maklik en baie koste efektief.

Ek sien jou profiel sê Laeveld. Sou of het jy nie Pta toe getrek het nie???

Laurie ken ek ook goed. Hy gooi mooi lood koeëls maar symengsel is nie konstant nie en soms is die lood te sag na my sin.

Re: 44mag cast bullets

Posted: Tue Jun 16, 2015 8:45 pm
by vossie1
Nee ek sou nie Pta toe trek nie dit was maar nog altyd Nelspruit en omliggend. Ek is nogal opgewonde oor die self cast idee juis oor die koste,ek wil baie met die ruger skiet en wie weet miskien word ek die volgende "wild bill hickock" van die laeveld. As jy enige raad het oor self cast deel asb,lood samestelling ens ek lees dat vir die 44 n hardheid van 12-20 aanbeveel word. Wheel weights se hardheid is 12 so dis op die hond se stert.

Re: 44mag cast bullets

Posted: Wed Jun 17, 2015 7:16 pm
by Alwin
vossie1 wrote:Nee ek sou nie Pta toe trek nie dit was maar nog altyd Nelspruit en omliggend. Ek is nogal opgewonde oor die self cast idee juis oor die koste,ek wil baie met die ruger skiet en wie weet miskien word ek die volgende "wild bill hickock" van die laeveld. As jy enige raad het oor self cast deel asb,lood samestelling ens ek lees dat vir die 44 n hardheid van 12-20 aanbeveel word. Wheel weights se hardheid is 12 so dis op die hond se stert.
As jy die koeëls uit die gietvorm in water gooi, gaan jy 'n hardheid van omtrent BHN 30 kry. Gebruik 'n "geut" met sagte voering om warm koeëls in emmer water in te rol. Dit voorkom dat water op jou en die gietvorm spat. Om dus BHN 20 te kry, kan jy nog sagte lood by die wielgewigte gooi. Wielgewigte raak al hoe skaarser.

Dit is nogal nuttig om 'n hardheidsmeter te hê. LEE maak 'n "kit" met indentator, gekalibreerde mikroskoop en omskakelingstabelle. Hy werk goed en die lesings is herhaalbaar.

Jy kan jou koeëls se hardheid aanpas by die druk van die lading agter die koeël. Gee hulle 'n "sterkte" van 10% meer as die kamerdruk, dan is jy veilig. Die druk is maar 'n skatting, maar QL gee 'n ingeligte raaiskoot. Die LEE hardheidsmeter se tabelle gee BHN en Psi waardes.

Re: 44mag cast bullets

Posted: Wed Jun 17, 2015 8:54 pm
by Pvdw
Vir algemene handwapen skiet is BHN van 12-16 meer as voldoende.

Die truuk om in koue water te gooi werk wel maar slegs as sianied in die mengsel is. Die aanknip wielgewigte het wel sianied in. Die aanplak gewigies net so skoon is usless vir giet. Daar moet antimoon en sianied bygevoeg word om hard genoeg te word.

Die interesante ding van lood is dat die manipulasie van die hartheid net tydelik is. Sodra lood gegiet word en stadig afkoel is dit baie sag. Dit begin egter verhard soos tyd aangaan. Dit kan letterlik maande vat om finale hartheid te bereik afhangende van samestelling en temp. Net so is die afkoel in water se verharding ook tydelik. Die lood begin stadig oor tyd te versag en ook die proses kan maande vat.

Enigste rede hoekom ek in water afkoel is as ek selle dag of inne week wil size en laai. Vars gegote lood is te sag om dadelik te size en te laai so versnel jy die gebruik van die gegote koeëls. Indien jy nie haastig is nie en bereid is om so 2-3 weke te wag na giet is die gooi in water nutteloos.

Goeie bron van tin is loodsoldeersel en bron van sianied is hael uit haelpatrone. Antimoon koop ek as suiwer metaal as ek nie linotipe kan bekom nie.

Tin bevorder die vloei van die warm lood en help om die form mooi te vul. 'n Maks van 2% tin is nodig om vloei te bevorder. Daarna mors jy net tin.

Bly net asb ten alle tye weg van batery lood!!! cadmuim in batery lood is uiters giftig!!!

Re: 44mag cast bullets

Posted: Wed Jun 17, 2015 9:11 pm
by vossie1
Dankie manne,ek leer sommer baie in n kort tyd. Dit kan nogal n redelikke afere raak.

Re: 44mag cast bullets

Posted: Thu Jun 18, 2015 8:29 am
by LoopSoosStroop
Pvdw wrote:Vir algemene handwapen skiet is BHN van 12-16 meer as voldoende.

Die truuk om in koue water te gooi werk wel maar slegs as sianied in die mengsel is. Die aanknip wielgewigte het wel sianied in. Die aanplak gewigies net so skoon is usless vir giet. Daar moet antimoon en sianied bygevoeg word om hard genoeg te word.

Die interesante ding van lood is dat die manipulasie van die hartheid net tydelik is. Sodra lood gegiet word en stadig afkoel is dit baie sag. Dit begin egter verhard soos tyd aangaan. Dit kan letterlik maande vat om finale hartheid te bereik afhangende van samestelling en temp. Net so is die afkoel in water se verharding ook tydelik. Die lood begin stadig oor tyd te versag en ook die proses kan maande vat.

Enigste rede hoekom ek in water afkoel is as ek selle dag of inne week wil size en laai. Vars gegote lood is te sag om dadelik te size en te laai so versnel jy die gebruik van die gegote koeëls. Indien jy nie haastig is nie en bereid is om so 2-3 weke te wag na giet is die gooi in water nutteloos.

Goeie bron van tin is loodsoldeersel en bron van sianied is hael uit haelpatrone. Antimoon koop ek as suiwer metaal as ek nie linotipe kan bekom nie.

Tin bevorder die vloei van die warm lood en help om die form mooi te vul. 'n Maks van 2% tin is nodig om vloei te bevorder. Daarna mors jy net tin.

Bly net asb ten alle tye weg van batery lood!!! cadmuim in batery lood is uiters giftig!!!
Baie goeie pos, luister maar hierna!

Mens hoor heetyd van die water dompel storie maar daar is min nut daarin. Om die korekte hardheid te verkry moet mens die regte allooi samestelling he.

Re: 44mag cast bullets

Posted: Thu Jun 18, 2015 2:46 pm
by Alwin
Pvdw wrote:Vir algemene handwapen skiet is BHN van 12-16 meer as voldoende.

Die truuk om in koue water te gooi werk wel maar slegs as sianied in die mengsel is. Die aanknip wielgewigte het wel sianied in. Die aanplak gewigies net so skoon is usless vir giet. Daar moet antimoon en sianied bygevoeg word om hard genoeg te word.

Die interesante ding van lood is dat die manipulasie van die hartheid net tydelik is. Sodra lood gegiet word en stadig afkoel is dit baie sag. Dit begin egter verhard soos tyd aangaan. Dit kan letterlik maande vat om finale hartheid te bereik afhangende van samestelling en temp. Net so is die afkoel in water se verharding ook tydelik. Die lood begin stadig oor tyd te versag en ook die proses kan maande vat.

Enigste rede hoekom ek in water afkoel is as ek selle dag of inne week wil size en laai. Vars gegote lood is te sag om dadelik te size en te laai so versnel jy die gebruik van die gegote koeëls. Indien jy nie haastig is nie en bereid is om so 2-3 weke te wag na giet is die gooi in water nutteloos.

Goeie bron van tin is loodsoldeersel en bron van sianied is hael uit haelpatrone. Antimoon koop ek as suiwer metaal as ek nie linotipe kan bekom nie.

Tin bevorder die vloei van die warm lood en help om die form mooi te vul. 'n Maks van 2% tin is nodig om vloei te bevorder. Daarna mors jy net tin.

Bly net asb ten alle tye weg van batery lood!!! cadmuim in batery lood is uiters giftig!!!
Goeie inligting. Maar mag ek kommentaar lewer?

Die hardheid moet aanpas by die druk en toepassing. BHN 12 -16 is voldoende vir laedruk-toepassings, maar gaan nie werk vir warm 44Mag ladings nie. Daar is ook nie meer vandag so 'n ding soos "algemene handwapen skiet" nie.

Die hardheid van lood-legerings word bepaal deur die legerings-komponente en die kristalmatriks van die gestolde materiaal. Die kristalle begin klein en groei terwyl die alooi nog "sag" en warm is. Soos dit afkoel, "vries" die kristalle. Hoe groter die kristalle, hoe sagter die materiaal en andersom. Die waterbad "vries" die kristalle terwyl hulle nog lekker klein is, vandaar die verhoogde hardheid. Onder 50 grade C groei die kristalle uiters stadig. Die groei kan dan oor jare gemeet word, nie dae nie. Koeëls wat in water verhard is hou hulle hardheid vir jare. Kry die apparaat en meet self!

Daar word steeds heelwat inligting oor gegote koeëls op die internet en in ander literatuur versprei, wat bruikbaar was toe dit geskryf is, nl. 60+ jare gelede. Toenertyd was 38 Spl, 44Spl, 45Colt en 45 ACP die populêre kalibers vir herlaaiers (hoofsaaklik in die VSA). Hulle werk almal teen relatief lae drukvlakke (omterent 10 000 - 18 000 Psi) en kan heeltemal goed regkom met loodkoeëls met 'n hardheid van BHN 12 - 16. Hulle het ook almal uitstekend gewerk met vinnige dryfmiddels. (Die rewolwer kalibers was almal oorspronklik ontwerp vir buskruit.)

Hierdie selfde kriteria is nie van toepassing op meer moderne handwapen kalibers (357Mag, 44Mag, 9mmP, 40S&W ens.) wat teen hoër drukke (ongeveer 36 000 Psi) werk nie. Hulle het harder koeëls nodig om die hoër drukke te kan hanteer.

Moenie jou te veel steur aan die ou "beproefde" resepte, as dit kom by kalibers en toepassings wat eers later op die toneel verskyn het nie. Pas die hardheid aan by jou lading se drukvlakke.

Re: 44mag cast bullets

Posted: Thu Jun 18, 2015 3:03 pm
by swc-tr
+1 Alwin

Goeie rule of thumb is BHN x 1422 = maks druk wat lood allooi kan hanteer in psi.
Maw 16BHN nie meer as 16x1422 = 22752 psi.

Re: 44mag cast bullets

Posted: Thu Jun 18, 2015 3:11 pm
by Pvdw
Manne baie interesante info.

Re: 44mag cast bullets

Posted: Fri Jun 19, 2015 7:32 am
by vossie1
Ja ek leer baie,ek het nog so paar 250gr swc wat ek by die oorlede Oom gekry het,hy het wel met n 17gr tot 19 gr S265 geskiet dit is moontlik hoekom hy nie lood in sy Blackhawk gekry het nie,hy het gegiet van skoon clip on wheel weights sonder enige verharding. Ek dink my probleem gaan kom as ek warm jagladings begin skiet wat hier rondom 22-23gr MP300 gaan wees. Ek lube die punte met liquid allox van Lee. Wie sou n mens kon vra om sulke ignots vir n man te maak,of moet ek maar self die alooi probeer maak.

Re: 44mag cast bullets

Posted: Fri Jun 19, 2015 7:49 am
by Pvdw
Wie sou n mens kon vra om sulke ignots vir n man te maak,of moet ek maar self die alooi probeer maak.
Vossie, doen als self. Dis nes herlaai. Mens voel so bietjie oorweldig aan die begin maar kort voor lank loop als mooi en jy is 'n gesoute "bullet caster"

Ek sou reken dar sodra jy die warmer ladings wil begin jaag jy sal moet kyk om die koeëls te gascheck. Dit help baie vir leading in die loop.

Re: 44mag cast bullets

Posted: Fri Jun 19, 2015 8:39 am
by vossie1
Ja die gas checks gaan ek beslis gebruik. Dankie vir al julle raad.

Groete
Vossie

Re: 44mag cast bullets

Posted: Fri Jun 19, 2015 10:54 am
by Alwin
vossie1 wrote:Ja die gas checks gaan ek beslis gebruik. Dankie vir al julle raad.

Groete
Vossie
Met gas Checks kan jy natuurlik heelwat sagter gaan met die alooi, aangesien die gas check al die druk en hitte kan hanteer. Sagter alooi is gewoonlik swaarder. Dit help ook om daai aanplak-wielgewigte op te gebruik en dus die aanknyp-gewigte verder te rek. Ek het goeie resultate gekry met 50/50 mengsel (aanknyp/aanplak), in water gedompel met Hornady gas checks. Teen +/- 2000fps uit 'n 444 Marlin gee hulle uitstekende akkuraatheid. Gietvorm was Lee 240 gn GC.

As jy Tumble Lube, kan jy die gas check tipe koeëls gebruik, sonder die GC, teen laer spoed en druk. Werk heel skaflik.