Page 1 of 1
Scope vir lang afstand 308- mening van manne met ervaring
Posted: Mon Jun 15, 2015 1:50 pm
by Dwight375
Manne
Ek kan die volgende scope koop vir n appel en n ui:
Leupold FX3 12X40 VASTE VERGROTING
fine duplex
target turrets
adj objective
Scope is splinter nuut en ek wil dit op my 308 wat ek gaan gebruik om lang afstand te skiet gebruik.
Is dit n goeie keuse, is die 12x te min ?
Al gehoor verskeie manne se mens het nie meer as dit nodig veral as mirage begin pla.
Dankie
Re: Scope vir lang afstand 308- mening van manne met ervarin
Posted: Mon Jun 15, 2015 2:02 pm
by Heinz Petersen
Wat is jou lang afstand wat jy wil skiet. My ondervinding is dat jy liewers kyk na n 6-24x50. Hier sal manne wees wat gereeld lang afstand skiet wat jou meer kan vertel en daai goed is duur.
Soos hulle sê, as jy nie kan sien nie, kan jy nie daar skiet nie.
Re: Scope vir lang afstand 308- mening van manne met ervarin
Posted: Mon Jun 15, 2015 2:25 pm
by Heinz Petersen
Daar het Cornè nou die regte scope vir jou.
Re: Scope vir lang afstand 308- mening van manne met ervarin
Posted: Mon Jun 15, 2015 2:27 pm
by Dwight375
Jip, ek het net nou nie die regte geldjies nie :-)
Re: Scope vir lang afstand 308- mening van manne met ervarin
Posted: Tue Jun 16, 2015 7:00 am
by Induna
Hi,
ek het tans n 6.5-20x op my .308 en voel dis vir my n goeie kombinasie vir medium tot lang afstand skiet. Daar is goedkoper opsies, wat baie goeie waarde vir geld is, soos die Burris Fullfield reeks.
Kyk bietjie na dit as n opsie en lees wat ander ouens oor die handelmerk se. Jy sal verbaas wees oor die kwaliteit van die produk.
Groete
Jacques
Re: Scope vir lang afstand 308- mening van manne met ervarin
Posted: Tue Jun 16, 2015 7:50 am
by Petrie303
Dagse,
Jy kan hom ma koop. Ek skiet selde bo 12 vergrooting op 900m met merage wat pla.
Re: Scope vir lang afstand 308- mening van manne met ervarin
Posted: Thu Jun 18, 2015 2:09 pm
by Ferdi Bam
Dwight,
Ek ken nie teleskoop nie, wat ek egter wil sê is ek en my dogter skiet beide met n 6,5-20 x 50 Leupold, een n Varmint reticle en die ander n Duplex en ons vergroting wat ons gebruik oor die langafstand (800m) wissel tussen 12 en 14. Jy kan groter gaan maar dan begin mirage pla. Daar is egter skuts wat maksimum vergroting gebruik. Hang maar af wat jy wil doen met die geweer en teleskoop. Jy kan jouself beperk met n 12x40. As dit n 12x50 was sou ek sê dis beter.
Groete
Ferdi Bam