Page 1 of 1
Ruger Nom 1 , akkuraatheid vermoee oor die algemeen ?
Posted: Mon Jun 15, 2015 8:22 am
by Dwight375
More manne
Ek het n Ruger Nom 1 in die hande gekry

Nou moet ek net die geld in die hande kry om hom te betaal.
Die teleskoop op die geweertjie verkoop ek tans om die hout te betaal, nog nie 100% seker of ek die kolf gaan verander nie- dalk net deur Steve laat oor doen.
Nou is die vraag!
Wie het van die gewere op die forum en watter wenke kan julle vir my gee rakende "tweaks" wat n mens kan doen om hulle akkuraatheid te verbeter ?
Ek het nou al taamlik lees werk gedoen en daar is defnetief n paar dinge wat gedoen kan word om sy akkuraatheid te verbeter, ek het nog nie besluit of ek die kaliber gaan behou soos wat dit nou is, ja dit is n 30-06
N kaliber wat vir my baie lekker lyk is die 338 federal maar ek is nie regtig lus om n reamer te koop ens.
Ek sal nog besluit vir wie ek die metaal werk gaan stuur, ek het nuus ontvang dat Ralph hulle n puik sneller ontwerp het vir die gewere.
Sien uit na julle terug voer, aangeheg n foto van die geweertjie!
Groete
Re: Ruger Nom 1 , akkuraatheid vermoee oor die algemeen ?
Posted: Mon Jun 15, 2015 8:30 am
by DWB
Lekker scope, wat soek jy vir hom
Re: Ruger Nom 1 , akkuraatheid vermoee oor die algemeen ?
Posted: Mon Jun 15, 2015 8:31 am
by FCLoretz
Dwight,
Baie geluk met jou nuwe toevoeging. Jy sal nie spyt wees nie.
Itv akkuraatheid, ek het nog niks laat doen aan myne nie (ook 30i-06). En die geweer as baie meer akkuraat as 'n wat die drywer is.
Hier onder is die 30-06 gelaai met 150gr GMX koeels op 100m. My vrou het geskiet, ek kry nie sulke klein groepies nie.
http://i1192.photobucket.com/albums/aa328/FCLoretz/hunting%20and%20loading/150grgmx49gr_zps9275c2f9.jpg
Re: Ruger Nom 1 , akkuraatheid vermoee oor die algemeen ?
Posted: Mon Jun 15, 2015 8:34 am
by tripodmvr
My raad per PM was :-
1. Skiet die geweer soos hy nou is en bepaal sy potensiaal
2. My 30-06 soortgelyk aan die een hier bo gee MOA met min moeite en dit met gewigte van 125gr tot by 180gr
3. Die 22 duim loop het my laat besluit om met 150 Barnes TSX en 130TTSX te laat jag - die ligter koele help om platter te skiet
4. Ek het nog geen veranderinge aan my geweer gemaak nie
5. 'n Jong elandbul en 'n groot BWB bul het albei slegs een 150TSX nodig gehad om te gaan lê
6. Die kort geweer is ideaal vir die bos - geen "kom teug" gesukkel met die loop wat voortdurend aan takke haak nie
7. Die "windbuksie" het spanne meer oemf as wat sy voorkoms vertel
8. Terugslag kan ongeskik raak met die swaarder koele (180gr +)
Re: Ruger Nom 1 , akkuraatheid vermoee oor die algemeen ?
Posted: Mon Jun 15, 2015 8:39 am
by Dwight375
Dankie so ver
Ek gaan hom hou as 30-06 vir eers of dit is die plan, ek wil graag n 220 grein punt skiet teen n lae spoed van 2300 fps - uit en uit n bosveld jag geweer.
Sjoe daai is baie mooi, hopenlik sal myne ook sulke mooi groepe skiet!
Oom DWB, dit is n VX1 OF 2 EK is nie seker nie, ek glo R2000 is reg, laat weet maar.
Manne ek sien baie uit na die projek, ek gaan amper dadelik die barrel band laat afhaal, in die kolf self sal daar n vorm van n stud vervaardig word waaran die beld vas gemaak/ ge gespe word.
Kan julle asb fotos van julle gewere hier plaas.
En van my doelwitte is om die geweer vir my lities een dag te gee wanneer hulle oud genoeg is, hy moet leer eerste skoot moet tel!
Groete
Re: Ruger Nom 1 , akkuraatheid vermoee oor die algemeen ?
Posted: Mon Jun 15, 2015 8:45 am
by tripodmvr
Daardie barrel band is juis wat help om die geweer se loop laer te laat hang oor jou skouer. Ek het nog nie agtergekom dat dit akkuraatheid belemmer nie.
Re: Ruger Nom 1 , akkuraatheid vermoee oor die algemeen ?
Posted: Mon Jun 15, 2015 8:50 am
by Dwight375
Oom Tripod
Ek sal hom miskien vervang met n ander een, daai spesfieke een is net vir my glad nie mooi nie! Steve maak sy eie barrel band wat "split" aan die bokant met n baie fyner vashou plek vir die belt aan die onder kant- dit is vreeslik mooi vir my!
Re: Ruger Nom 1 , akkuraatheid vermoee oor die algemeen ?
Posted: Mon Jun 15, 2015 8:51 am
by DWB
Dwight,
'n Oom is 'n ou wat as hy op die toilet sit, hang sy knaters in die water.
Dankie vir die kompliment, maar ek word volgende maand eers 30.
Het gehoop dis die VX3 1.5-5x20, maar daai gaan ongelukkig nie vir my werk nie.
Re: Ruger Nom 1 , akkuraatheid vermoee oor die algemeen ?
Posted: Mon Jun 15, 2015 9:05 am
by Dwight375
DWB
Yes, nie die beste teleskoop in die wereld juis hoekom ek R2000 vra of naaste offer. Oorlede Oom Mauritz het my daai tyd gese, VX1 net nie so mooi helder nie maar hy sal nie breek nie! Miskien hou ek hom vir n 404 vorentoe wat net op 50-80m gebruik gaan word!
Groete
Re: Ruger Nom 1 , akkuraatheid vermoee oor die algemeen ?
Posted: Wed Jun 17, 2015 11:11 am
by THOMAST
Ek het in die begin gesukkel met vertikale "stringing" van die skote. Die probleem lê by die voorstuk se pas. Die skroef wat die voorstuk anker is skuins en trek die hout vas teen die loop en soms ook teen die aksie. Dit het die gevolg dat die geweer se impakpunt skuif afhangende van watter media die voorstuk op gerus word.
Ek het my geweer se "issues" aangespreek deur die voorstuk te bed op die "mainspring tang" sodat die voorstuk nie meer aan die loop raak nie en dat daar 'n geringe spasie is tussen die agterkant van die voorstuk en die aksie.
Ek het verder 'n 2,5mm gaatjie geboor en draad gesny net agter die ronde moertjie in die "Tang" wat die voorstuk anker. Daarin het ek 'n "grubscrew" ingedraai wat ek kon vasdraai tot teen die loop met sleutel en die "fore end pressure" verstel om alles te "fine tune"

Re: Ruger Nom 1 , akkuraatheid vermoee oor die algemeen ?
Posted: Thu Jul 09, 2015 9:33 pm
by Piet Breedt
DWB, ek weet van n Leupold 1.5 - 5 x 25 VX3 wat nog baie mooi is wat die ou wil verkoop vir R4,000.00.
As jy belangstel kan ek jou op sy spoor sit. Ek weet nie wat hulle nou kos nie. Ek het presies so een op my .375 Ruger en geniet sy groot field of view baie.
Re: Ruger Nom 1 , akkuraatheid vermoee oor die algemeen ?
Posted: Wed Jul 15, 2015 9:27 pm
by Drenalinjunkie
Dwight, kry vir jou n Jard sneller vir die No 1. As jy Kepplinger kan kry nog beter maar jy het meer kans om swanger te word. Bly weg van die Moyers snellers. Dis n goedkoop casting. Ek het self n Jard sneller op my No 1 en dis by verre die beste No 1 sneller wat ek nog mee kon skiet. Dis seker ook die beste upgrade wat jy kan doen vir die geweer.
Re: Ruger Nom 1 , akkuraatheid vermoee oor die algemeen ?
Posted: Thu Jul 16, 2015 7:58 am
by Ferdi Bam
Dwight,
Die Moyers sneller wat ek in my Ruger #1 het werk baie goed vir baie jare al. Die Kepplinger sneller die beste. n Goeie en betroubare geweersmid kan sy huidige sneller egter ook poleer. Jy kan n Wolf Accurizer gebruik(soos THOMAST) en ook n "speedlock hammer" & veer insit. Dit alles saam maak die Ruger #1 n baie akkurate aksie.
Groete
Ferdi Bam