Page 1 of 1
175gn Barnes tsx lading op 7mm remmag
Posted: Fri Jun 12, 2015 7:51 pm
by JuanPaul
Ek gaan nou die eerste keer die bogenoemde laai, het enige van julle al die bognoemde gelaai. Ek het voorheen 175gn nosler interbonds gelaai met 56gn S385 maar die Somchem boekie gee net leiding tot 160gn tsx.
Re: 175gn Barnes tsx lading op 7mm remmag
Posted: Wed Jun 17, 2015 7:38 pm
by Reloader270
Gaan blaai gerus op Somchem se online bladsye:
http://www.somchemreload.com/
Re: 175gn Barnes tsx lading op 7mm remmag
Posted: Wed Jun 17, 2015 7:57 pm
by tripodmvr
Die 7mm Rem Mag het 'n langer groefdraai as die 7x64 en 175 Barnes X het gesukkel om te stabiliseer in my geweer. Die koeëls is te lank. Akkuraatheid is nie goed nie en hulle het getuimel as hulle 'n bok getref het. Gebruik nou net 150gr en ligter.
Re: 175gn Barnes tsx lading op 7mm remmag
Posted: Wed Jun 17, 2015 8:09 pm
by JuanPaul
Dankie Maruis, ek het 'n Sako met 1in 9 groefdraai. Jammer ek weet ek het heeltemal te min info verskaf maar wou net weet of daar manne is wat dit al geskiet het. Ek het n boksie van 50 gekoop by Greg van hunting en outdoor omdat ek nerens 175gn partitions kan kry nie.
Re: 175gn Barnes tsx lading op 7mm remmag
Posted: Wed Jun 17, 2015 8:13 pm
by tripodmvr
Jy kan probeer, maar ek gaan niks waarborg nie. Begin met 56gr S385 en sorg dat jy so 2mm sprong na die lande het. Miskien is jy gelukkig.
Re: 175gn Barnes tsx lading op 7mm remmag
Posted: Thu Jun 18, 2015 8:15 am
by Jean Marais
Stability Factor Calculation
Velocity 2585
Bullet Length 1.517
WeightT 175
TWIST 9
DIA 0.284
TEMP 59
PRESSURE 29.92 SG = 1.40873 Marginal stability
Die koeël sal heeltemal goed genoeg stabiliseer met 'n 1:9 groefdraai op jou geweer. Jy kan hulle maar gebruik