Page 1 of 1

My 7x57

Posted: Thu Jun 11, 2015 8:08 pm
by Dwight375
Manne

My 7x57 het sy lewe begin as n standaard Bruno ZKK600 7x57, ek het die geweer by Oom Sieg Dorflin gekoop vir n baie regverdige prys en toe die kolf verkoop.

Nou begin die lekker deel, foto 2 is die stuk hout wat ek vir n skamelike R1000 gekoop het by Oom Steve.
Die geweer is vandag opgelaai by Safari en oor geneem na Chad by ARMS, Oom Steve het vir my n kolf gegee wat ek kan copy en dit is waarmee Chad vandag begin het, om die spesifieke hout te copy en die inletting te doen.- Dit is final shaping nie, die keer gaan ek die voorreg he om dit saam Oom Steve te doen- ek gaan hom seker net vir sy geduld moet betaal ++>:

Soos wat die proses loop sal ek fotos plaas. Ek het 111 pmp doppe , 70 170 pro amm punte en n stel Lee dies gekoop vir R650, ek gaan dit eers probeer gebruik en sien hoe dit gaan.

Vordering en fotos sal volg

Baie opgewonde.

Groete

Re: My 7x57

Posted: Thu Jun 11, 2015 8:11 pm
by Dwight375
Fotos van die hout wil nie laai nie

Re: My 7x57

Posted: Mon Aug 03, 2015 11:05 am
by Dwight375
More manne

Eerste shape werk op die kolf is gedoen, aangeheg is n foto af twee.

Ek kan nie wag nie!

Groete

Re: My 7x57

Posted: Mon Aug 03, 2015 11:33 am
by dsmerrills
Lekker boet looking nice!

Re: My 7x57

Posted: Mon Aug 03, 2015 6:52 pm
by Bakkies303
Lyk baie mooi. Gaan jy scope opsit of hom net so los?

Re: My 7x57

Posted: Sat Oct 17, 2015 8:20 am
by Dwight375
Die geweertjie begin lewe kry :-)

Re: My 7x57

Posted: Sat Oct 17, 2015 10:35 am
by Jake1
Dwight dit lyk of jy n baie bekostigbare mooi geweer gaan he. Hoe copy julle die kolf, met die vry hand of masjien?

Re: My 7x57

Posted: Wed Nov 04, 2015 1:59 pm
by Dwight375
Hello Jake1

Dit is met n masjien gedoen, shape is nie presies soos oom Steve se kolwe nie maar baie baie naby.

Ja dit is maar steeds n duur projek maar eendag as n mens na daai geweer kyk dan besef jy dit was die moeite werd.

Groete
Dwight