Page 1 of 4

500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Thu Jun 11, 2015 6:22 pm
by henrygriffiths
Dagse,

ek en n maat van my droom net bietjie hardop, ons wil n geweer/ teleskoop aanskaf vir gong skiet tot op 500m die geweer sal ook gebruik word vir baanskiet(sa jagters ens) en bietjie jag, ons wil by standaard kal. bly. Die plan is nie vir n super lang afstand geweer nie maar iets lekker wat half bekostigebaar is,

ek dink n 308 win in een van die volgende,

Ruger varmint stainless

of howa met fluted bull barrel met boyds kolf

of Savage long range hunter,

Die gewere se pryse is naby mekaar give or take n duisend,

vir die Teleskoop dink ons,

Nightforce se 4-14x56

of vortex se 6-24x50 long range.

as ek so bietjie rond kyk lyk dit of dit moontlik is vir in die omgewing R35000 vir geweer, teleskoop , mounts en dies en doppe, wat sal julle aanbeveel? is ons heel van die pad af of kan die plan werk?
watter ander opsies is daar wat dalk beter kan werk vir so n geweer?

hoor graag wat dink julle, as ons skip in kom dan word ons droom dalk waar,

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Thu Jun 11, 2015 6:27 pm
by Fritz
.308win Howa sal die ding doen

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Thu Jun 11, 2015 6:34 pm
by Capt. Yoda
308 behoort te doen of wag vir die nuwe Howa in 6.5creedmoor maar ek sou groter as 14x op die scope gaan.

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Thu Jun 11, 2015 7:46 pm
by Carl
Ek stem met Cappie daai Howa lyk soos die wiel. Teleskoop kan jy seker na Rudolph of Nikon kyk ook. Of Zeiss x25 HD5?

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Thu Jun 11, 2015 7:53 pm
by nols
Koop Armant Steenkamp se 308 RSA ! Jy sal nie spuit wees nie! Armant gaan baie spuit wees!

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Thu Jun 11, 2015 7:56 pm
by Jaco v Zyl
Koop Armant Steenkamp se 308 RSA ! Jy sal nie spuit wees nie! Armant gaan baie spuit wees!

+1

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Thu Jun 11, 2015 8:37 pm
by Rasmus
Cz 308 laminate varminter. Die goed skiet blykbaar n barshou! Nie seker wat prys hulle nie.

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Thu Jun 11, 2015 10:11 pm
by Joe308
Model 700 SPS varmint in 308.

Met n Remington aksie kan jy maklik later die geweer opgradeer met n Jewell sneller en n Mcmillan of HS Precision tipe kolf. Meeste custom aksies (Defiance, Stiller, Surgeon) is Remington 700 clones en dus word die meeste custom parte gemaak vir daai tipe aksie.

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Fri Jun 12, 2015 6:48 am
by toelie
Rasmus wrote:Cz 308 laminate varminter. Die goed skiet blykbaar n barshou! Nie seker wat prys hulle nie.
Kan dit sekondeer. Myne skiet ek met gemak n 150mm x 150mm gong op 500m skoot vir skoot raak

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Fri Jun 12, 2015 7:13 am
by Farmer
CZ550!
Myne....308 en was R21200 alles in scope, silencer lynx mounts.
[image]http://i732.photobucket.com/albums/ww326/RaymondCloete/IMG_20150605_075641_zpsrzrckock.jpg[/image]

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Fri Jun 12, 2015 7:37 am
by Speelmansjagter
Ek ook het 'n CZ550 varmint met laminate stock in .308.
Wat is jou budget?

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Fri Jun 12, 2015 7:48 am
by Carl
speelmansjagter wrote:Wat is jou budget?
henrygriffiths wrote:as ek so bietjie rond kyk lyk dit of dit moontlik is vir in die omgewing R35000 vir geweer, teleskoop , mounts en dies en doppe, wat sal julle aanbeveel?
Lyk my dis R35,000 ;)

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Fri Jun 12, 2015 7:50 am
by Gerhardu

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Fri Jun 12, 2015 8:06 am
by henrygriffiths
dankie ek gaan bietjie na die cz kyk ek sien hy is bietjie duurder as die ander wat ek genoem het,

wat van die ruger varmint ek hou ook van hom want hy is stainless? hoekom nie die ruger nie?

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Fri Jun 12, 2015 8:10 am
by Gerhardu
Los die Ruger idee man. CZ is mos die Toyota van gewere.lol!

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Fri Jun 12, 2015 8:53 am
by Fritz
Capt. Oblivious wrote:of wag vir die nuwe Howa in 6.5creedmoor
Say whaaaaaaat???? :o :o

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Fri Jun 12, 2015 8:59 am
by Capt. Yoda
Fritz Hagen wrote:
Capt. Oblivious wrote:of wag vir die nuwe Howa in 6.5creedmoor
Say whaaaaaaat???? :o :o

Ja net so.Ek sal more weet hoe lank mens wag vir hom ::)
Vir R35 000 koop ek Sako varminter of daai 260Trg Huntex special (as hy nou nog beskibaar was) en skiet hom ma sonder n scooe vir eers.

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Fri Jun 12, 2015 11:45 am
by Pinkes
gerhardu wrote:Los die Ruger idee man. CZ is mos die Toyota van gewere.lol!
Soos wat "choice" die beste kondoom van voorbehoed middel is...

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Fri Jun 12, 2015 11:55 am
by Baasvark
Pinkes wrote:
gerhardu wrote:Los die Ruger idee man. CZ is mos die Toyota van gewere.lol!
Soos wat "choice" die beste kondoom van voorbehoed middel is...
Manne rustig nou.... :laugh: :laugh: :laugh:

Ek het twee CZ's en hulle skiet 'n bars hou!

Sal 500m aanpak met hulle!

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Fri Jun 12, 2015 1:49 pm
by Hein22
Capt. Oblivious wrote:Howa in 6.5creedmoor
Netso! Vat dan die ekstra los geldjies en spandeer meer geld op 'n nice scope, gooi 'n ander kolf in die mix, verander die spring in die sneller en polish die sear so bietjie glad... en bob's your uncle!

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Fri Jun 12, 2015 2:09 pm
by Geno
Boyds se Pro Varmint kolf is selfs 'n beter opsie as die Euro Varmint kolf. Hy is nogal goedkoper ook...

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Fri Jun 12, 2015 2:30 pm
by cassie_calvinia
ek dink die meeste gewere skiet op 500m.
nie so baie snaakse goed wat beinvloed op daai afstand nie.
kies 'n geweer wat sommer 2 vliee met een klap doodslaan.
wat ek prober se is, dit hoef nie spesialis geweer te wees nie

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Fri Jun 12, 2015 2:31 pm
by Fritz
Neil Heynecke het met sy .243win Howa en 95gr Berger VLD koeëls die laaste Super Liga in Potch uiters goed gedoen tot 700yds. Die geweer is standaard met duimgat boyds kolf (nou nie my eerste keuse nie maar hy sal werk). Moet darem bysê, a.g.v. sy benchrest agtergrond is windlees vir hom tweede natuur.

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Fri Jun 12, 2015 3:40 pm
by cassie_calvinia
dit is waar, 500m is nie regtig so groot uitdaging.
baie mense sal verbaas wees hoe gou mens dit regkry as jy dail.
dan wil mens verder gaan.
maar, dan sal ek vir die 6.5'we gaan. 308 raak maar gou trans sonic

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Sun Jun 14, 2015 10:24 am
by henrygriffiths
Dankie baie vir die inligting,

dus om op te som,

Howa bull barrel met, euro varminter kolf of dan boyds se pro varmint kolf,

scope vortex se 4-16 of 6-24 x 50 LR

cal. 308win of 243win of 6.5 creedmoor

Hoe bekombaar is komponente vir die 6.5 creedmoor? wat gaan die wagtyd wees vir hom in die howa?

hoekom nie die ruger nie? :) wonder maar net niemand se iets oor hom nie?